SA maak weer mediese geskiedenis met penisoorplanting

Dokters staan gereed om penisoorplantings te doen in al Suid-Afrika se hospitale. Hulle wag net vir gewillig skenkers, het City Press berig. Suid-Afrika het weereens wêreldwyd mediese geskiedenis gemaak toe ‘n 21-jarige onlangs ‘n nuwe penis ontvang het. Die eerste mediese deurbraak was Dr Christiaan Barnard se suksesvolle hartoorplanting in 1967. Professor Frank Graewe, een

Lees verder: SA maak weer mediese geskiedenis met penisoorplanting

Minister se dood dalk te wyte aan alkohol

Die polisie in Limpopo het bevestig dat die bestuurder van die vragmotor wat die dood van ‘n minister en sy lyfwagte veroorsaak het, positief vir alkohol getoets het. Die vragmotorbestuurder, wat in ‘n ongeluk met die minister van Staatsdiens en Administrasie, Collins Chabane se motor betrokke was, was wel onder die invloed van alkohol. ‘n

Lees verder: Minister se dood dalk te wyte aan alkohol

PRAAG wil vanjaar 17 boeke uitgee

Goeie nuus vir Afrikaans en lesers in die algemeen, is dat PRAAG vanjaar gaan probeer om nie minder nie as sewentien boeke uit te gee. Sommige titels is nog nie heeltemal gefinaliseer nie, maar hier onder volg ons publikasieprogram met voorlopige publikasiedatums. Sommige titels mag dalk vroeër verskyn en ander weer later, want veral die

Lees verder: PRAAG wil vanjaar 17 boeke uitgee

Carstens-Landman-debat belig denkfoute oor Afrikaans

Die briewewisseling tussen proff. Wannie Carstens en Kas Landman vandeesweek in Beeld rondom die handhawing van Afrikaans is interessant. Oënskynlik gaan dit oor die kwessie of “Afrikaans in die verlede foute gemaak het” en of “sprekers van Afrikaans foute gemaak het”. Ek het ook ‘n stuiwer in die armbeurs gewerp en wonder bo wonder het

Lees verder: Carstens-Landman-debat belig denkfoute oor Afrikaans

Die ontaarding van die Universiteit Stellenbosch

In sy boek, Maties en Afrikaans (Pretoria: Protea Boekhuis, 2013), vertel Pieter Kapp hoe die Engelse Victoria College die Afrikaanse Universiteit Stellenbosch (US) geword het. Oor die tyd voordat die US in 1918 sy beslag gekry het, skryf Kapp: “Dit [is] nodig om daarop te let dat hoewel soveel studente-aktiwiteite en veral publikasies in Engels

Lees verder: Die ontaarding van die Universiteit Stellenbosch

Openbare geweld laat polisie bontstaan

Die polisie in Balfour in Mpumalanga is op hoë gereedheidsgrondslag geplaas nadat gewelddadige oproer vir ‘n derde agtereenvolgende dag in die Siyathemba-lokasie woed. Inwoners dreig dat hulle na die munisipale kantore wil opruk om dit af te brand. Oproeriges is glo al sedert vier uur vanoggend besig om in die strate van die lokasie te

Lees verder: Openbare geweld laat polisie bontstaan

Twee sterf in vliegongeluk by Potch

Die name van die twee mans wat in ‘n vliegongeluk by Potchefstroom dood is, is nog nie bekendgemaak nie. Die twee is dood nadat hul ligte vliegtuig Donderdag by die Potchefstroom-lughawe in Noordwes neergestort het. Die polisie het ‘n geregtelike ondersoek nadat die dood van die twee mans, onderskeidelik 28 en 38 jaar oud, geloods.

Lees verder: Twee sterf in vliegongeluk by Potch

Eskom-skorsings veroorsaak skokgolwe

In reaksie op die skorsing deur die voorsitter van die Eskomraad, het graderingsagentskappe hul “kommer” oor die gebrek aan bestendigheid van kragvoorsiening te kenne gegee. Die voorsitter van die Eskomraad, Zola Tsotsi het aangekondig dat die kragverskaffer se uitvoerende hoof, Tsediso Matona, en nog drie uitvoerende hoofde Donderdag geskors is. Suid-Afrika gaan tans onder ‘n

Lees verder: Eskom-skorsings veroorsaak skokgolwe

Munisipaliteit woedend dat EFF grondbesetting stook

Die Mantsopa-plaaslike munisipaliteit in die ooste van die Vrystaat het uitgevaar teen die Ekonomiese Vryheidsvegters, nadat hulle inwoners aangemoedig het om grond onwettig te beset. Dit volg nadat sowat 300 onwettige grondbesetters Dinsdag in die Marikana-informele woonbuurt by Ladybrand verwyder is, het RSG berig. Die grondbesetters, wat pensioentrekkers en gestremdes ingesluit het, se hutte is

Lees verder: Munisipaliteit woedend dat EFF grondbesetting stook

Swartes wat bejaarde egpaar skiet gevonnis

Die swartes wat ‘n wit bejaarde egpaar wreed vermoor het, is gevonnis. Hulle is skuldig bevind aan die moord op Chris en Katrien Jooste in Desember 2014. Die drie van Winterveld het drie jaar gelede die twee wittes in Soshanguve tydens ‘n gewapende roof doodgeskiet. Hulle is in die Pretoriase Hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Lees verder: Swartes wat bejaarde egpaar skiet gevonnis