Openbare geweld laat polisie bontstaan

Die polisie in Balfour in Mpumalanga is op hoë gereedheidsgrondslag geplaas nadat gewelddadige oproer vir ‘n derde agtereenvolgende dag in die Siyathemba-lokasie woed.

Inwoners dreig dat hulle na die munisipale kantore wil opruk om dit af te brand.

Oproeriges is glo al sedert vier uur vanoggend besig om in die strate van die lokasie te dreunsing en dans.

Die polisie is ook in Rooihoogte by Uitenhage in die Oos-Kaap ontplooi nadat ‘n vragmotor aan die brand gesteek is.

Die polisie ondersoek ook ‘n saak van openbare geweld nadat twee petrolbomme na die adjunk-hoof van die kollege se kantoor gegooi is. Tydens die oproer by die Oos-Kaapse Midlands-kollege op die dorp is voertuie met klippe bestook.

Paaie in die gebied is met brandende bande en ander versperrings onbegaanbaar gemaak.

In Gauteng word motoriste in Soweto gewaarsku om die Madlalose en Ndaba-strate in Protea Noord te vermy.

Oproeriges dreig met geweld teen Eskom se installering van elektrisiteitsmeters.

`n Woordvoerder van Johannesburg se metropolisie, Edna Mamonyane sê die metropolisie sowel as die polisie is ontplooi. Volgens haar, is die strate gesluit en is die protes steeds aan die gang.

21 thoughts on “Openbare geweld laat polisie bontstaan”

  1. common Barbie, lets go party, …… ek is seker as die kantore afgebrand word sal die probleem dadelik stop. Bleikbaar is daar probleme by die parliments gebou ook, al 20 jaar lank, miskien kan die volkie daar ook gaan dreunsing en dans met vuurhoutjies.

      1. Goedemorgen Kaylee. Hopelijk gaat alles naar omstandigheden wel.

        U weet, even terzijde, waarschijnlijk dat ‘een vuurhoutjie’ in het Nederlands een ‘lucifer’ wordt genoemd maar dat ‘vuurhoutjie’ een prachtig treffend woord bevonden wordt(door wie het kennen)

  2. wat een onredelijkheid om die mensen te laten betalen voor elektriciteit/stroom/krag en voor wonen, en voor eten en voor scholing en voor hun kinderen en hun veiligheid of te willen meten wat dat een ander kost.
    Vrijheid is toch immers in losbandigheid niks betalen en gewoon stelen, en moorden en verkrachten en doorfokken.

    Maar is de brandweer ook nog ontboden en hoe is het met de liquiditeit van verzekeraar van de (semi)overheidsinstellingen gesteld ?
    En dan komt de hilarische gekozen voorman zuma zeker straks, de heer Van Riebeeck en apartheid beschuldigend, vertellen dat in de oude zulu cultuur deze problemen er nooit waren omdat de zulu zin computer/rekenaar op zonne-energie had draaien ?

          1. Dankie Betzie, vat jy my sommer jare terug. Ek dink die gifappeltjies is die regte kleur ! Ek het eintlik verwag dat Koning Rosedoring my oor die vingers gaan tik.

            Groete, Liewe Heksie (met haar stemmetjie gese).

  3. Dis seker net ‘n kwessie van tyd voordat hierdie sabotasie so wyd verspreid sal wees dat die polisie nie meer oral kan keer nie. Dit kan ook gebeur dat hulle die wil om te keer verloor. Dán is ons almal baie diep in die moeilikheid.

      1. Juistement.

        Van waar ek sit staan dinge so: die krag is nog aan en daar is nog sport en ander nonsens op TV. Dis goed genoeg vir die meeste Afrikaners. Hulle besef skynbaar nie hoe diep in die moeilikheid ons is nie. Of hulle is te bang om die waarheid in die oë te kyk. Dit slaan my dronk.

        Eers wanneer dinge heeltemal uitmekaar val, sal hulle opstaan voor die TV. Dan sal hulle seker vra hoekom niemand hulle gewaarsku het om voor te berei nie. Van ons probeer al jare maar ons word stilgemaak en afgemaak as negatief. En rassisties. Gmf.

Maak 'n opvolg-bydrae