Twee sterf in vliegongeluk by Potch

Die name van die twee mans wat in ‘n vliegongeluk by Potchefstroom dood is, is nog nie bekendgemaak nie.

Die twee is dood nadat hul ligte vliegtuig Donderdag by die Potchefstroom-lughawe in Noordwes neergestort het.

Die polisie het ‘n geregtelike ondersoek nadat die dood van die twee mans, onderskeidelik 28 en 38 jaar oud, geloods.

Die vliegtuig het omstreeks 10:00 neergestort en aan die brand geslaan. Daar was geen ander mense aan boord nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die burgerlugvaartowerheid ondersoek.

Volgens Aviation Safety was die ligtevliegtuig ‘n Ravin 500 en wat onherstelbaar beskadig is.