Gifkomplot teen Zuma oopgevlek

Een van pres. Jacob Zuma se vroue, Nompumelelo Zuma, het glo erken dat sy bewus was van ‘n komplot om die president te vergiftig.

Die diagnose van vergiftiging is deur Russiese dokters bevestig.

Luidens City Press beweer bronne dat Zuma se vervreemde vrou, ook bekend as MaNtuli, eersdaags aangekla sal word van sameswering om moord te pleeg.

Haar beweerde medepligtiges sluit glo ‘n sakeman van KwaZulu-Natal in. Drie van die vier bronne bevestig ook dat ander plaaslike en oorsese individue dopgehou word.

Die Sunday Times het in Februarie berig dat MaNtuli uit die presidensiële huis in Nkandla geskop is omdat Zuma agterdogtig begin raak het oor haar betrokkenheid by ’n komplot om hom te vergiftig.

Wetstoepasser-bronne sê MaNtuli het ook ’n verklaring vir die ondersoekers afgelê waarin “ ’n paar baie interessante name” genoem word.

Hoewel twee onafhanklike bronne sê die NVG-base is ten volle bewus van die saak, wou Luvuyo Mfaku, NVG-woordvoerder nie kommentaar lewer nie.

Vermoedens oor ’n moontlike vergiftigingskomplot het in Junie verlede jaar begin toe Zuma ernstig siek geword het. MaNtuli is weens haar buite-egtelike verhouding met een van Zuma se lyfwagte, Phinda Thomo, verdink.

Hoewel die motief vir die komplot nog onbekend is, sê die bronne hulle glo MaNtuli is daarby ingetrek toe sy verlede jaar op ’n sakebesoek aan die VSA was.

Terwyl sy daar was, is sy deur die samesweerders baie geld belowe om haar man te vergiftig.

“Hulle het haar oorreed omdat sy direkte toegang tot die president gehad het. Geld het hande verwissel. Baie daarvan. Die ooreenkoms was om die president te vermoor,” het een bron aan City Press verklaar.

Die familie het meer agterdogtig geraak toe MaNtuli ‘n duur huis in die Pietermaritzburg-gebied gekoop het en haar vriende drie weke lank in ’n vyfsterhotel in Durban onthaal het.

MaNtuli vermy glo tans vliegtuie en word steeds deur BBP-beskerming opgepas.

Zuma het meer lyfwagte as grenspospersoneel

Die DA-leier Mmusi Maimane sê die aantal lyfwagte wat aangestel is om lede van president Jacob Zuma se kabinet te beskerm, oorskry die getal personeel wat aangestel is om Suid-Afrika se grensposte te beveilig.

Maimane het sowat 200 ondersteuners in Pietermaritzburg toegespreek.

Hy sê die land het ‘n noemenswaardige afname beleef sedert Zuma ses jaar gelede president geword het. Hy het onder meer oor werkloosheid gepraat en gesê die ANC het die jongmense van Suid-Afrika versaak.

Sy besoek aan Kwazulu-Natal vorm deel van die DA se Vision 2029-toer.

Sluipmoord ruk vakbondwese

Die Vervoerwerkersvakbond – Satawu – vermoed dat die skietdood van sy Gautengse sekretaris, Chris Nkosi, gisteraand, ‘n sluipmoordaanval was.

Nkosi, wat van die vakbond se kantore onderweg was huis toe, is by ‘n verkeerslig in Germiston aan die Oosrand doodgeskiet.

Die skote is afgevuur vanuit ‘n motor wat langs hom by ‘n verkeerslig stilgehou het. Paramedici het sy lewe probeer red, maar hom na sowat ‘n halfuur dood verklaar.

Satawu se woordvoerder, Vincent Masoga sê hulle glo dat die aanval polities-gemotiveerd is.

Die vakbond sê Nkosi het pas sy lyfwag afgedank. Hy is drie jaar gelede aangestel om hom te beskerm.

Satawu was die dryfveer om Numsa uit die vakbondfederasie Cosatu te skop, met die argument dat die Numsa sy lede tot “uitwissing” stroop.

Die vakbond sukkel om salarisse te betaal as gevolg van ‘n kontanttekort. Volgens ‘n klag deur personeellede, het Satawu mediese fonds- en pensioenbydraes afgetrek, maar nie die betalings aan die onderskeie skemas oorbetaal nie.

Groot ongelukkigheid heers oor miljoene rand wat egter glo aan investeringsinstansies oorbetaal is.

Satawu is in Februarie ingelig dat die vakbond nie meer by die SAL erken word nie. Hoewel dit nie sy grootste werkersunie was nie, was dit die sektor se mees strategiese unie.

Paramedici beweer dat minstens twee verdagtes gisteraand van die moordtoneel gevlug het waartydens Nkosi doodgeskiet is.

‘n Paramedikus van Emer-G-Med, Ray Ellis, was toevallig ook by dieselfde verkeerslig in Germiston aan die Oosrand en sê hy het gesien hoe ‘n vuurwapen afgevuur word. Hy het Nkosi te hulp gesnel.

Ellis sê die verdagtes het in ‘n silwer BMW gevlug nadat hulle eers teen ‘n ander voertuig gebots het.

Minister se dood dalk te wyte aan alkohol

Die polisie in Limpopo het bevestig dat die bestuurder van die vragmotor wat die dood van ‘n minister en sy lyfwagte veroorsaak het, positief vir alkohol getoets het.

Die vragmotorbestuurder, wat in ‘n ongeluk met die minister van Staatsdiens en Administrasie, Collins Chabane se motor betrokke was, was wel onder die invloed van alkohol.

‘n Polisiewoordvoerder, kol. Ronel Otto het gesê ‘n verklikkertoets op die toneel het aangedui dat die vragmotorbestuurder moontlik alkohol gebruik het, maar bloedmonsters moet dit eers bevestig.

“Die verdagte is in hegtenis geneem op aanklagte van strafbare manslag, asook roekelose en nalatige bestuur, en ‘n verklikkertoets het aangedui dat hy onder die invloed van alkohol kon gewees het, dus is hy ná sy arrestasie na die hospitaal geneem vir bloedtoetse wat nou na Pretoria gestuur word vir ontleding deur ons forensiese departement,” het Otto gesê.

Chabane en sy twee lyfwagte, Lesiba Sekele en Lawrence Lentsoane is op slag in die ongeluk Sondagoggend dood.

Netwerk24 het Maandag berig dat die bestuurder van Chabane se wit VW Touareg in die vroeë ure van Sondagoggend byna 200km/h gejaag het toe hy teen die vragmotor gebots het.

Otto kon nie sê hoe lank dit gaan neem voor die uitslag bekend is nie.

Die ongeluk het op die N-1 naby Polokwane plaasgevind, toe die vragmotor na bewering ‘n u-draai gemaak het. Die vragmotorbestuurder sal Dinsdag in die landdroshof in Polokwane verskyn.

Intussen ondersoek die minister van Vervoer, Dipuo Peters, in samewerking met die Padverkeersbestuurskorporasie en die polisie, die oorsaak van die ongeluk.

Die minister se woordvoerder, Ishmael Mnisi sê Peters het ook haar meegevoel betuig met Chabane en die lyfwagte se families.

Die minister in die Presidensie, Jeff Radebe het vroeër gesê Chabane sal ‘n spesiale amptelike begrafnis kry.

Owerhede het die pad gesluit en motoriste langs die R101 herlei vir byna vyftien ure lank terwyl die polisie, ‘n toneelondersoeker en verkeersbeamptes die gebied gefynkam het.

Verskeie politici het ook die ongelukstoneel besoek.

Werkers by vulstasies langs die besige N1-roete het gesê daar was die hele dag lank geen motoriste sedert hulle vir diens aangemeld in die oggend nie.

Chabane was op pad terug na Pretoria van ‘n begrafnis van ‘n stamhoof in Malamulele waar etniese konflik die gebied reeds weke lank teister. Chabane was een van die sprekers by die begrafnis.

Een van die ondersoekers het aan Netwerk24 gesê dat hy 30 minute ná die ongeluk op die toneel aangekom het.

Hy die sleepmerke van beide voertuie gemeet en het gesê dit is duidelik dat die Touareg die vragmotor teen ‘n baie hoë spoed getref het. Die boonste helfte van die Touareg is afgeskil deur die onderkant van die vragmotor.

Die Touareg tot stilstand gekom teen die staalversperring ongeveer 100 meter van die botsing. Die impak het die versperring met ‘n meter verplaas.

Nóg ‘n forensiese ondersoeker het gesê die aard van die skade by die ongeluk dui op ‘n spoed na aan 150 km/h waarteen die minister en sy lyfwagte gereis het.

Die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa is as waarnemende minister vir die staatsdiens en administrasie aangestel na die afsterwe van Chabane.

Julius kry amptelike beskerming

Julius Malema se lewe is in gevaar, en lyfwagte is nou aangestel om hom dag en nag te beskerm, het die polisie se ministerie Saterdag aangekondig.

Zweli Mnisi, ministeriële woordvoerder het gesê ‘n analise, gedoen deur die misdaad-intelligensie-eenheid het onthul dat die ANC Jeugleier dreigemente ontvang, en dus beskerm moet word.

“Hy het ‘n brief aan ons geskryf waarin hy gesê het sy lewe is in gevaar. Ons eenheid het ondersoek ingestel, en voorstelle aan die polisiekommisaris deurgestuur.”

“Gebasseer op ons bevindinge, was daar besluit op lyfwagte,” het Mnisi gesê.

Hy kon egter nie meer oor die bevindinge van die ondersoek uitbrei nie, en het koerant gerugte ontken dat Malema doodsdreigemente ontvang het.

“Ek kan nie die aard van die dreigemente bekend maak nie, en ek ontken dat ek glo gesê het Malema kry doodsdreigemente,” het hy gesê.

Floyd Shivambu, ANC woorvoerder wou ook nie oor die aangeleentheid praat nie, en het gesê hy dra nie kennis van die situasie nie.

“Al het ons geweet, gaan ons nie kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie.”

Die ANC het Saterdag in ‘n verklaring gesê hulle is bekommerd oor die dreigemente, en dat Malema geregtig is om deur lyfwagte beskerm te word, ten spyte daarvan dat opposisie partye gesê het dit is onnodige vermorsing van belastingbetalers se geld.

“Prominente leiers van politieke partye is geregtig om lyfwagte te gebruik, wanneer hul persoonlike lewe in gevaar is,” het Jackson Mthembu, nasionale ANC-woordvoerder gesê.

Volgens hom was die reaksie van die Demokratiese Alliansie (DA) en Onafhanklike Demokrate (OD) ‘verregaande en onsensitief’.

Maar Dianne Kohler-Barnard, woordvoerder van die DA het volgehou dat Malema nie geregtig is op die gebruik van lyfwagte nie.

“Van wanneer af betaal die staat vir lede van politieke partye om beskerming te kry. Hierdie man is nie ‘n politikus nie, hy is maar net ‘n hoof van een van die eenhede binne die ANC. Watter regte het hulle om belastingbetalers se geld op hom te spandeer.”

“Ek dink dis verregaande dat hulle belastingbetalers se geld op Malema gebruik, wanneer hy die een is wat dreig om mense dood te maak. Hy het dit oor homself gebring,” het sy gesê.

 

форма 086уФильчаков