Hillary weer by trappe gevang dat sy sukkel

Die Demokratiese Party se presidensiële kandidaat Hillary Clinton is die naweek weer gevang dat sy met trappe sukkel in New York Stad se Flatiron-distrik Sondagmiddag.

Die video is op Twitter deur ABC News se Liz Kreutz beskikbaar gestel wat toon hoe Clinton, geklee in ‘n swaar groen jas in warm weer, die sewe trappe na die sypaadjie afsukkel.

Clinton gryp daarna ‘n handvatsel van die voertuig om haarself regop te hou. Sy sukkel om in die voertuig in te klim.

Clinton neem klaarblyklik nou ekstra sorg om te verseker dat sy nie weer in die openbaar val of inmekaarsak nie.

Intussen word daar met Hillary se persoonlike dokter Lisa Bardack, die gek geskeer op sosiale media oor haar onbekwaamheid.

Bardack se verduidelikings van Clinton se siektetoestand en haar medikasie stem nie ooreen nie. En nie die medikasie òf die diagnose stem ooreen met wat die publiek al met hule eie oë gesien het nie en wat deur die hoofstroom media versin word.

Medici sê Bardack lieg nou al so vlot soos haar pasiënt en dit kan haar loopbaan skade berokken.

Bardack is die dogter van Lester Bardack en Judith Frankle. Haar ma was ‘n rabbi. Bardack se suster Amy, is ook ‘n rabbi, en is onlangs aangestel as Direkteur van Onderwys vir die Joodse Federasie van Groter Pittsburgh. Beide susters getroud met dokters.

Hillary het intussen die Israelse premier Benjamin Netanyahu ontmoet en verseker van volgehoue Amerikaanse steun.

Hillary Clinton en Donald Trump sal Maandag by Hofstra Universiteit in New York mekaar in lewende lywe pak in die eerste van drie presidensiële debatte.

Toe Juanita Broaddrick hoor Bill Clinton se minnares Gennifer Flowers sal dalk teenwoordig wees in die voorste ry van die eerste presidensiële debat as Donald Trump se gas, het sy gesê sy sal so ‘n geleentheid verwelkom.

En toe die American Mirror haar vra wat sy vir Clinton sal sê, het Broaddrick gereageer: “Onthou jy my? Ek is die een wat jou man verkrag het en jy daarna afgedreig het. Ek is nog steeds hier om die waarheid te praat en jy is ‘n leuenaar.”

SA maak weer mediese geskiedenis met penisoorplanting

Dokters staan gereed om penisoorplantings te doen in al Suid-Afrika se hospitale. Hulle wag net vir gewillig skenkers, het City Press berig.

Suid-Afrika het weereens wêreldwyd mediese geskiedenis gemaak toe ‘n 21-jarige onlangs ‘n nuwe penis ontvang het.

Die eerste mediese deurbraak was Dr Christiaan Barnard se suksesvolle hartoorplanting in 1967.

Professor Frank Graewe, een van die dokters wat die prosedure uitgevoer het en die hoof van die afdeling van plastiese en rekonstruktiewe chirurgie aan die Universiteit Stellenbosch, het gesê die ontvanger van die penisoorplanting was een van verskeie mans op die waglys.

Sy penis moes drie jaar gelede ná ‘n mislukte besnydenis by ‘n tradisionele inlywingseremonie afgesit word.

“Dit is nou drie maande later en die pasiënt herstel baie goed. Hy het seks gehad vyf weke ná die operasie.

Die nege-uur-lange operasie is in Desember verlede jaar in Kaapstad se Tygerberghospitaal gedoen en het die internasionale media aan die gons.

Die skenkerorgaan is in ‘n twee-uur prosedure van ‘n skenker verwyder wat breindood verklaar is. Die hele deel is versigtig verwyder om die bloedvate en senuwees nie te beskadig nie.

Graewe sê die “velkleur” van die skenkerdeel stem ooreen met dié van die pasiënt.

“Dit sal nooit 100% dieselfde wees nie, want selfs wanneer die individue dieselfde velkleur het, sal gelaatskleur verskil.”

Hy sê hulle sal hierdie rasaspek in ag neem in die toekoms.

Professor André van der Merwe, hoof van die afdeling urologie by Stellenbosch wat die operasie gelei het, werk sedert 2010 aan navorsing op dié gebied.

Hy het op kadawers geoefen om die senuwees, bloedvate en ander elemente te ontleed wat ‘n normale funksionering kan verseker.

Die pasiënt is tans op medikasie wat sy immuunreaksie onderdruk om sy liggaam te verhoed om die deel te verwerp.

Graewe het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy het gesê hulle het ‘n paar pasiënte wat gereed is vir die volgende oorplanting.