In verkiesingsverwante onrus is twee polisielede en verskeie betogers beseer nadat honderde oproeriges met die polisie slaags geraak het naby Bloemhof. Die situasie is steeds gespanne en lede van die SAPD se openbare orde-eenheid poog om die situasie te kalmeer. Paaie in Boitumelong buite Bloemhof in Noordwes is met klippe, beskadigde yskaste en brandende buitebande versper.
Lees verder: Twee polisie beseer in verkiesingsonrus by Bloemhof
