President Jacob Zuma het tydens ‘n informele middagetesessie met die media oor Nkandla gesê: “Dis die staat se plig om sy president en adjunkpresident te beskerm.” Die president is onder druk om uit sy eie sak vir die opknappings by sy privaatwoning te betaal nadat die Openbare Beskermer bevind het dat hy en sy familie
Dosyn swart verdagtes soek na vangwa oorval word
Inligting oor 12 swart verdagtes wat ontsnap het kan aan die naaste polisiekantoor of Crime Line SMS by 32211.12 gekommunikeer word, vra die polisie. Die 12 verdagtes het Vrydag noord van Pretoria uit aanhouding ontsnap, kort nadat van hulle in die hof in Ga-Rankuwa op aanklag van huisroof verskyn het. As deel van die ondersoek
Lees verder: Dosyn swart verdagtes soek na vangwa oorval word
Tugkomitee hoor getuienis oor EFF-chaos
Die vyf lede wat wou ingryp om die chaos wat EFF-lede in die parlement veroorsaak het, is geroep om voor ‘n parlementêre Komitee oor Bevoegdhede en Voorregte te getuig. Die komitee sal vandag tugstappe voortsit teen 20 EFF-parlementslede. Dit sluit Julius Malema in. Ses getuies altesaam is geroep om Maandag voor die komitee te verskyn.
Afkophoenderbeskawing
Soos met ander begrippe, (Calvinisme byvoorbeeld), word die begrip « feodaal » en » feodalisme » nogal los en vas rondgegooi. Dit word veral problematies wanneer die lewenswyse en sosiale patroon van die Afrika mens as « feodaal » beskryf word, want raakpunte tussen die Afrika patroon en die Europese feodalisme is daar werklik net nie. Maar vir diegene wat steeds
‘n Kortbegrip van ons jong demokrasie
Soos sy mede-Dakar-ganger Theuns Eloff is die historikus Hermann Giliomee sy vroeëre oorverligtheid kwyt. Dit is nie bloot die verloop van die jare sedert 1988 wat albei wyser gemaak het nie, maar veral die lesse geleer uit dure ondervinding sedert ons “bevryding” twintig jaar gelede. Ek het egter groot waardering vir die wyse waarop Giliomee
ANC nie eerlik oor moedertaalonderrig nie
Statistiek toon Engels is al hoe meer besig om moedertaalonderrig in Afrikaans en ander tale uit die onderwysstelsel te druk. Uit antwoorde op parlementêre vrae oor die aangeleentheid deur ‘n opposisieparty blyk dit dat veral Afrikaans die grootste verloorder is. Net in Gauteng is sowat ʼn kwart van Afrikaanse skole sedert 2002 na Engels-medium verander.
Vaal stofkleed trek oor groot dele van die land
Die nagliggies in Johannesburg was Donderdagaand in ‘n vaal stofkleed gehul. Die Suid-Afrikaanse weerdiens sê die sandstorm wat dele van die Vrystaat getref het, het Gauteng en Noordwes en die oostelike dele van die Noord-Kaap ook getref. Geringe skade is in Bloemfontein aangeteken toe ‘n plakkerhut en twee bome deur die storm weggewaai is. Skade
Lees verder: Vaal stofkleed trek oor groot dele van die land
SAOG weer deel van Veiligheidsraad
Met die verkiesing van Angola tot die Veiligheidsraad, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap SAOG, weer ‘n setel op die Raad bekom. Die algemene vergadering van die VN het Donderdag vyf nuwe nie-permanente lede verkies wat twee jaar op die Veiligheidsraad sal dien. Die ander vier lande wat verkies is, is Venezuela, Maleisië, Nieu-Seeland en Spanje. Die
NUMSA betoog oor lokomotieftenders
Die metaalwerkersvakbond, NUMSA, sê hulle lede word afgedank omdat buitelandse maatskappye tenders ontvang het om lokomotiewe te bou. Dié tenders is aan Chinese en Noord-Amerikaanse maatskappye toegeken vir die bou van meer as ‘n duisend lokomotiewe. Dié buitelanders het SEB-vennote in Suid-Afrika. Die Guptas en Duduzane Zuma is die belanghebbendes in die strategiese lokomotiefsubkontrakteringsmaatskappy wat
Stormwolke pak weer saam in Lesotho
Die bemiddelaar van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, adjunkpresident Cyril Ramaphosa, moet ‘n nuwe politieke storm in Lesotho ontlont voordat die parlement weer byeenkom. Ramaphosa woon vandag die heropening van die land se parlement by, het RSG berig. Lesotho se adjunk eerste minister, Mothetjoa Metsing sê sy party, die LCD, aanvaar nie die eerste minister, Tom Thabane
