Vaal stofkleed trek oor groot dele van die land

Die nagliggies in Johannesburg was Donderdagaand in ‘n vaal stofkleed gehul.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens sê die sandstorm wat dele van die Vrystaat getref het, het Gauteng en Noordwes en die oostelike dele van die Noord-Kaap ook getref.

Geringe skade is in Bloemfontein aangeteken toe ‘n plakkerhut en twee bome deur die storm weggewaai is. Skade is in Thaba Nchu aanmeld.

Die weerdiens sê die sandstorm word veroorsaak deur droë lug wat bo donderwolke was. Dit het tot gevolg dat reën wegbly en dat winde wat daarmee gepaard gaan al hoe sterker word.

3 thoughts on “Vaal stofkleed trek oor groot dele van die land”

    1. Gegroet Rooikop,
      as jong seun van so 10 , 12 het ek redelik gereeld van die sand/stofstorms beleef. Ons het op daardie stadium op Mispha (ek vermoed dit is nou Tosca) gewoon. Daar was n groot pan naby ons huis. Die boere het veral met grondboontjies en mielies geboer.
      Daar het ek gesien hoe vreesaanjaend so n storm kan wees, en beland jy in so n storm verloor heeltemal sin van rigting.
      Daar was soms ook baie statiese elektrisiteit, en was daar weerlig soos vauit donderwolke.

      1. So waar – daardie sin van rigting wat heeltemal verdwyn. Dit gebeur ook in sneeustorms en digte rookwolke van veldbrande – ek het die laasgenoemde ervaar en dit was nie snaaks nie. Dit is interessant dat jy noem van die weerlig – dit maak sin dat so iets sal voorkom. Ek wonder wat die aard van daardie weerlig sal wees (dis nou weer die ingenerd – meeste gewone weerligslae in donderstorms is van negatiewe polariteit grond na wolke – ander kom ook voor maar in ‘n mindere mate).
        Ek het al fotos gesien van weerlig by vulkaniese uitbarstings so ek reken hier is soortgelyke meganisemes aan die werk.

Maak 'n opvolg-bydrae