Statistiek toon Engels is al hoe meer besig om moedertaalonderrig in Afrikaans en ander tale uit die onderwysstelsel te druk.
Uit antwoorde op parlementêre vrae oor die aangeleentheid deur ‘n opposisieparty blyk dit dat veral Afrikaans die grootste verloorder is. Net in Gauteng is sowat ʼn kwart van Afrikaanse skole sedert 2002 na Engels-medium verander.
Wat die Vrystaat aanbetref het 26 uit 113 skole van enkelmedium-Afrikaans na ander mediums verander, in Gauteng 103 uit 266 en in KwaZulu-Natal 27 uit 44.
In Gauteng is tans net 168 Afrikaanse skole teenoor 1 539 Engels en in die Vrystaat 75 teen 303. In KwaZulu-Natal is daar nog net 12 Afrikaanse skole teen 2 153 Engels. Net in die Wes-Kaap is Afrikaanse skole nog in die meerderheid met 648 teen 461 Engelse skole.
Die navorsingsinstelling Ipsos-Markinor het verlede maand die uitslag van ʼn meningspeiling bekend gemaak wat aantoon dat meer as twee derdes van Suid-Afrikaners van alle rasse van mening is dat kinders die reg het om in hul moedertaal onderrig te ontvang.
Volgens Ipsos-Markinor is daar ooreenstemmigheid hieroor van regoor die onderskeie taalgroepe in die land, maar veral onder Engels- en Afrikaanssprekendes, met ander Afrika-tale wat kort hierop volg.
Die minister se antwoord druis lynreg teen hierdie navorsing in aangesien sy sê Engels het nou die ‘voorkeur-taal van onderrig’ vir ouers geword.
Hieroor lui die minister se antwoord: “Weens die groeiende aanvraag van leerders wat Engels as onderrigtaal verkies, is skole besig om Engels as tweede medium vir onderrig in te stel. Die krimpende aantal Afrikaanssprekende leerders is ʼn verdere rede waarom skole wegbeweeg van Afrikaans-enkelmedium.
“Sommige ouers verkies ook Engels-onderrig aangesien hulle dit beskou as ʼn noodsaaklike taal om in die internasionale sakewêreld sukses te behaal,” lui die antwoord.
Die afname in Afrikaanse skole en die bevindings van die marknavorsing wys dat die ANC-regering nie eerlik is oor die aangeleentheid nie, en besig is om eensydig Engels op sprekers van ander tale af te dwing.
“Soos sake nou staan boer moedertaalonderrig agteruit en Engels gedy. Dis ‘n skande. Engels moet hoogstens ‘n brugtaal wees behalwe vir eerstetaal-Engelssprekendes. Die minister sal saam met die provinsies meer moet doen om skole vir moedertaalonderrig te skep.
“Wittes moet ook verplig word om ten minste een Afrikataal te leer anders as Afrikaans sodat kommunikasie-brûe gebou kan word sonder Engels as enigste platform daarvoor. Ons moet inheems, lokaal en globaal dink, praat en droom,” het adv. Alberts van die VF+ gesê.

Die groot raaisel is natuurlik wie is die mense wat Engels in die skole doseer? Is dit verloopte Afrikaners, Engelse kruipers of die swartes self? As dit die swartes is, kan ‘n mens mos maar net raai hoe die Engels lyk wat die kinders daar leer. Kom ons hoop maar dit is hulle want dit sou die beste waarborg wees dat ENGELS sal verdwyn en nie Afrikaans nie.
Moedertaal onderrig
Sy het my geleer om WERK WAT GOED GEDOEN IS TE WAARDEER:
“As julle mekaar wil doodmaak, gaan doen dit buite – ek het nou net klaar hier skoongemaak”
Sy het my van GODSDIENS geleer:
“Jy beter begin bid dat die kol uit die mat uitkom”
Sy het my geleer OM IN TYD TE REIS – in die toekoms in:
“As jy nie nou opruim nie, foeter ek jou tot in volgende week”
Sy het my vroue LOGIKA geleer:
“Want ék sê so, dis hoekom”
Sy het my geleer om VOORBEREID TE WEES:
“Maak seker jy trek skoon onderklere aan vir ingeval jy in ‘n ongeluk kom”
Sy het my IRONIE geleer:
“Hou aan lag en ek gee jou nou iets om oor te huil”
Sy het my oor die WETENSKAP VAN OSMOSE geleer:
“Maak toe jou mond en eet jou kos”
Sy het my van UITHOUVERMOË geleer:
“Jy sal net daar bly sit tot al jou spinasie op is”
Sy het my van die WEER geleer:
“Daar was al weer ‘n tornado deur jou kamer”
Sy het my SKYNHEILIGHEID geleer:
“Het ek jou nie al ‘n duisend maal gesê nie, moenie oordryf nie!”
Sy het my van die LEWENSKRINGLOOP geleer:
“Ek het jou in hierdie wêreld ingebring, ek kan jou weer daaruit haal”
Sy het my van GEDRAGSVERANDERING geleer:
“Hou op om soos jou pa op te tree” en “Maak soos ek sê en nie soos ek maak nie!”
Sy het my van JALOESIE geleer:
“Daar is duisende minder bevoorregte kinders op aarde wat wát sou gee om ouers soos jy te hê”.
En ANATOMIE:
“Jou mond sal maak dat jou agterent brand.”
en PERSPEKTIEF:
“Jou oë is te vêr gefokus.”
en PUBERTEIT:
“Sit-gat-rus-bene-tyd.”
Dr.Richard van Gend, Kanada. 14 Aug 2004
Pragtig! Mag ek iets byvoeg?
Sy het vir my geleer om vir myself te DINK:
“Jy moet nou gaan slaap, anders bring die tandemuis nie geld vir jou tand nie…”
Jou bron “Dr.Richard van Gend, Kanada. 14 Aug 2004”?
Ek kon dié teks in Engels op heelwat webblaaie vind – nie een gee die krediet aan Dr.Richard van Gend nie.
Dié vertaling jou eie werk, jan?
Eina!
http://www.corsinet.com/braincandy/hgender6.html
http://bertc.com/subfour/truth/mothertaughtme.htm
http://bibleforums.org/archive/index.php/t-167075.html
http://www.ahajokes.com/fp047.html
Eina?
Jy verstaan my heel verkeerd.
NS Ek moet maar my vore afsteek…
Skrywer is ‘n persoonlike vriend van my – kom van Somerset-Oos af.
Sy pa Dr Fordie v Gend het my suster in die lewe gebring. Fordie is vroeg dood en sy moeder moes die onhebbelike stout kinders alleen grootsukkel.
Hy het dit aan my persoonlik geskryf – in 198o ? en ek het dit in 2010 op Litnet gepubliseer saam met klomp ander opstelle.[+ jaarprys gewen]
Maar ek wou baie graag die eer wat hom toekom laat geskied.
Sout van die aarde Afrikaners en ek verlang vreeslik na hulle.
Die Wes-Kaap mag nou wel die meeste Afrikaanse skole hê, maar dit word op feitlik alle terrreine as n oorgangstaal aangewend en nie n toekomstaal nie. Die Wes-Kaap het bv nie meer n volledig Afrikaanse universiteit of opleidingskollege vir Afrikaanse onderwysers nie. Al die staats- en semi-staatsinstellings is reeds volledig Engels. In Brackenfell, die mees Afrikaanse voorstad van Kaapstad, sal jy oplet dat Afrikaans geen kommersiële waarde meer het nie. By toerisme bakens word Afrikaans geheel en al geïgnoreer, want dit is nie die “internasionale” taal nie (Gaan vertel dit nou vir die gemiddelde Europeër!) In die Karoo (ja, die Karoo!) maak Afrikaners nou Amerikaanse privaatskole oop – met geld wat hulle van Amerikaanse Christen-organisasies ontvang.
Die prentjie vir Afrikaans se langtermyn oorlewing lyk nie goed nie. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat Afrikaners nie veel van n taalbewustheid het nie, en dit wil voorkom of ons kultureel maar net so naïef, dom en oningelig is soos die res. Slegs n politieke oplossing, en/of grootskaalse privatisering, sal ons uit hierdie doolhof van onkundigheid kan red.
Richard se vrou het my vertel dat haar pa ‘n onderwyser was en dat dit glad nie goed gegaan het met die ingels in die swart skole nie; Die kinders moes oor enige onderwerp – hul eie keuse – opstelle skryf vir matriek eindeksamen.. Toe kry hy die volgende juweel:
” My Girlfriend
I got a girlfriend
We are very much in love with each-other
We meet skelm in the library
She hold my hands and we talk of love
One day I kissed her between the racks….”