Venezuela se referendum afgestel

Wetgewers in Venezuela is woedend oor ‘n besluit deur die verkiesingsowerhede om voorbereidings vir ‘n referendum te staak en sê daar is ‘n “aftakeling van grondwetlike orde” aan die orde van die dag.

Die aankondiging is tydens ‘n noodsitting oor die ekonomiese en politieke krisis in die olieryke Suid-Amerikaanse land gemaak. Die sitting is vir ‘n wyle in chaos gedompel toe ‘n groep van Maduro se ondersteuners verby veiligheidswagte gebars en die Nasionale Vergadering binnegestorm het. Die sitting is na 45 minute hervat.

Die wetgewers het ‘n beroep op inwoners van Venezuela gedoen om die grondwet “aktief te verdedig”.

“Die voortslepende staatsgreep wat in Venezuela aan die gang is, het daartoe gelei dat ons die geleentheid vir ‘n herroepingsreferendum ontneem is,” het die meerderheidsleier, Julio Borges, van die sentraal-regse opposisiekoalisie gesê.

Wetgewers wat die land se president Nicolas Maduro steun, het op hul beurt die opposisie daarvan beskuldig dat hulle ‘n staatsgreep beplan met die VSA wat daaragter sit.

Die hooggeregshof het die wetgewende meerderheid van minagting van die hof beskuldig nadat hulle, ondanks ‘n ondersoek na verkiesingsbedrog, onlangs drie wetgewers ingehuldig het.

Die opposisie sê die aantygings is vals en die hof is “Maduro se skoothondjie”.

Die hof het sedert die opposisie in Januarie van jaar beheer oorgeneem het, elke wetsontwerp afgeskiet wat in die Nasionale Vergadering aanvaar is.

Intussen het die Pous die land besoek om die krisis te bespreek. Sedert die olieprys gedaal het, sukkel die land ekonomies.

VSA kondig sanksies teen Venezuela aan

Die Verenigde State van Amerika het Venezuela Maandag as ‘n “nasionale veiligheidsbedreiging” verklaar in die ergste bilaterale diplomatieke geskil nog.

Sanksies sal teen sewe amptenare van die olieryke land ingestel word. Die land se intelligensiehoof, Gustavo Gonzalez, is een van die sewe.

President Nicolas Maduro het die sewe as nasionale helde verklaar en gesê hy verwerp die VSA se imperialisme.

Die Amerikaanse president Barack Obama het reeds die uitvoerende bevel onderteken, maar senior administrasie-amptenare het ontken dat Venezuela se energie-sektor of breër ekonomie geteiken word.

Vroeër in Februarie het Maduro Amerika daarvan beskuldig dat hulle agter die mislukte staatsgreep in Venezuela sit.

“Die noordelike imperiale mag verkeer in ‘n gevaarlike fase van desperaatheid, en gaan onderhandel met die vasteland [Suid-Amerika] se regerings om die omverwerping van my regering aan te kondig. En ek beskuldig vise-president Joe Biden hiervan,” het Maduro gesê.

Venezuela se leier het intussen aangekondig dat die land ‘n Amerikaans-geleide staatsgreep suksesvol afgeweer het. Dit sou na bewering ‘n aanval op die presidensiële paleis of ‘n ander topteiken behels.

Enige land wat deur die Amerikaanse administrasie as ‘n “bedreiging vir nasionale veiligheid” beskryf word, kan Amerikaanse sanksies te wagte wees.

Dieselfde proses is gevolg met lande soos Iran en Sirië, het Amerikaanse amptenare gesê.

SAOG weer deel van Veiligheidsraad

Met die verkiesing van Angola tot die Veiligheidsraad, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap SAOG, weer ‘n setel op die Raad bekom.

Die algemene vergadering van die VN het Donderdag vyf nuwe nie-permanente lede verkies wat twee jaar op die Veiligheidsraad sal dien.

Die ander vier lande wat verkies is, is Venezuela, Maleisië, Nieu-Seeland en Spanje. Die vyf lande se termyn sal op 1 Januarie afskop.

Die VSA het dadelik begin om Venezuela aan te val.

In ‘n felle stryd het Turkye verloor teen Spanje en Nieu-Seeland om twee beskikbare setels vir ‘n stemblok wat Wes-Europese en ander groepe, sowel as die Verenigde State van Amerika insluit.

In die afgelope paar dae, volgens verskeie diplomatieke bronne, was daar ‘n intense veldtog, gelei deur Griekeland, Egipte en Saoedi-Arabië, teen Turkye se lidmaatskap in die raad.

Spanje het 132 stemme gekry, terwyl Turkye net 60 stemme kon inoes. Nieu-Seeland is in ‘n vroeër rondte verkies.

Turkye speel glo volgens waarnemers ‘n onverkwiklike rol in die ondersteuning van ISIS in Sirië en Irak.

Intussen het president Jacob Zuma Turkse sakelui verseker dat toekomstige beleggings in Suid-Afrika in ‘n sakevriendelike omgewing ontvang sal word.

Zuma was die eregas by die tweede Sake-toekennings van die Suid-Afrikaanse-Turkse Sakevereniging in Sandton. ‘

Die Turkse afgevaardigdes het onderneem om te help met werkskepping en die ophef van gemeenskappe deur middel van die ontwikkeling van klein sake-ondernemings.

Verskeie maatskappye van die grootste sake-federasie in Turkye, Tuscon, doen sake in Suid-Afrika.

Nuwe anti-Amerikaanse lede vir Veiligheidsraad

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies sal Donderdag bykomende lede verkies vir vyf setels in die raad van 15 lede.

Die 193 lede van die Algemene Vergadering sal die nuwe lede aanwys wat op 1 Januarie 2015 hul poste sal opneem.

Die verkose lande sal aansluit by die vyf permanente lede, Brittanje, China, Frankryk, Rusland en Amerika en sal twee jaar lank verteenwoordig word.

Die lande wat waarskynlik verteenwoordiging sal kry is Angola, wat deur Afrika voorgestel is, Venezuela wat deur Latyns-Amerika voorgestel is, en Maleisië wat deur Asiatiese moondhede benoem is.

Dié drie sal die leë stoele van Argentina, Rwanda en Suid-Korea vul.

Spanje, Turkye en Nieu-Seeland sal sake uitspook vir die ander twee setels wat tans deur Australië en Luxemburg gevul word.

Met die moontlike toetrede van Turkye en Maleisië, tesame met Tsjad en Jordanië reeds op die Raad, sal dit die eerste keer in sy geskiedenis wees dat vier Moslem lande verteenwoordig word.

Baie aandag is gefokus op Venezuela se deelname en die aanstelling van wyle president Hugo Chavez se dogter, Maria Gabriela, as adjunk-ambassadeur by die Verenigde Nasies. Na verwagting sal Venezuela teen Anglo-Amerikaanse resolusies opstaan.

As die hoogste besluitnemingsliggaam van die Verenigde Nasies, kan die Veiligheidsraad sanksies op lande en individue instel, verdagtes vir oorlogsmisdade vervolg, vredesooreenkomste bekragtig en die gebruik van geweld magtig.

Die Veiliheidsraad hou ook toesig oor 16 vredesendings in die wêreld, met ‘n begroting van byna $8 miljard.

Vyande moet uitmekaar gehou word

Maduro en Castro, vyande van die VSA
Maduro en Castro, vyande van die VSA

Daar was ‘n baie kritieke oomblik tussen lede van die VSA se veiligheidspan en Libiese sekuriteit by Mandela se inhuldiging in 1994. Dit was nog voordat kol Ghadaffi van Libië deur die VSA vermoor is tydens ‘n inval in sy land.

Daar sal vandag weer meer as een geleentheid wees vir vyandige staatshoofde om mekaar raak te loop, sê veiligheidskenners.

Zuma sal nie vir president Obama naby Fidel Castro van Kuba kan bring nie.

Met die Derde Wêreldoorlog wat dreig, sal Nelson Mandela se roudiens en begrafnis baie fyn bestuur moet word om diplomatieke verleentheid wat mag voortspruit uit kans-ontmoetings van strydende staatshoofde te vermy.

Een oplossing is om by ‘n alfabetiese rangorde te hou om te verhoed dat die Zimbabwiese President, Robert Mugabe langs die Britse Eerste Minister David Cameron beland.

Die Kubaanse president, Raul Castro Ruz moet liefs nie neffens Barack Obama geplaas word nie.

Diplomatieke betrekkinge tussen dié onderskeie lande is baie broos. Die Verenigde Koninkryk en die VSA het sanksies teen Mugabe se regering ingestel, en Mugabe hou hoogs opruiende uitsprake teen hulle.

Die situasie word nie aangehelp deur opmerkings deur die voormalige president Thabo Mbeki wat onlangs gesê het dat die voormalige Britse premier Tony Blair Zimbabwe wou binneval nie.

Blair gaan ook opdaag vir Mandela se roudiens. Hy het die Mbeki se stelling intussen heftig ontken.

Die VSA se verhoudings met beide Kuba en Venezuela is baie sensitief na Venezuela se president Nicolas Maduro verskeie Amerikaanse diplomate uitgejaag het weens die aanhitsing van sabotasie.

Venezuela glo ook Amerika was verantwoordelik vir die dood van hul vorige president, Hugo Chavez.

Volgens die alfabetiese gastelys sal die Verenigde Koninkryk en Zimbabwe net geskei word deur Venezuela.

Koninklikes en senior wêreldleiers van lande wat op die Veiligheidsraad dien sal dus voorkeur geniet om tussen die kwaaivriende geplaas te word.

Ander lande wat dalk ‘n rede tot kommer is, is Pakistan en Indië, en Japan en China.

Spanning tussen Japan en China is so hoog dat daar dreigemente is dat die situasie kan ontwikkel in ‘n volskaalse oorlog.

Bob na Kopenhagen

Die eerste minister van Iran, Mahmoud Ahmadinejad, president Hugo Chavez van Venezuela en president Robert Mugabe van Zimbabwe gaan die onderhandelaars by die internasionale klimaatsgesprek in Kopenhagen volgende week toespreek.

Die drie is ingesluit by die meer as 180 regeringsamptenare wat op die lys van die VN se sprekers verskyn vir die geleentheid. Elke staatshoof sal nagenoeg drie minute hê om die 700 afgevaardigdes, verslaggewers, waarnemers en burgerregtegroepe toe te spreek.

Die assistent-president van Soedan, Nafie Ali Nafie, sal Woensdag 12-uur die verrigtinge afskop.

Nafie is voorsitter van die G-77, ‘n groep van ontwikkelnde lande wat hard baklei vr meer geld van en strenger uitlaatbeperkings teen ryk lande.

Moestapha Zaher, direkteur-generaal van Afghanistan se Omgewingsbeskermingsagentskap (Environmental Protection Agency), sal die laaste spreker wees wat Vrydagmiddag sal praat.

Ander leiers wat die konfernesie sal toespreek sluit Saad Hariri, die eerste minister van Lebanon asook Franse president Nicolas Sarkozy in.

Ongeveer 110 wêreldleiers beplan om die geleentheid by te woon, ‘n ongekende aantal vir ‘n klimaatskonferensie.

Net ‘n klein aantal belangrike leiers sal egter hul verskyning maak. Pres. Barack Obama sal die byeenkoms Vrydag bywoon.

 

стенд сход развал купитьФильчаков

Venezuela se Chavez nasionaliseer twee banke

Venezuela se linksgesinde president, Hugo Chavez, het gister gesê dat hy die nasionalisering van nog twee banke, wat deur sy regering gesluit is om beweerde rekeningkundige onreëlmatighede te ondersoek, genasionaliseer.

Nuus dat die twee banke in privaatbesit, Confederado en Bolivar, die nuutste teikens van Chavez se pogings is om die ekonomie te herskep, het Venezuela se geldeenheid en aandele in ope verhandeling laat tuimel.

“Sodra hulle gerehabiliteer is, sal die Bolivar en Confederado banke deel word van die openbare finansiële stelsel,” het Chavez aan ‘n gebeeldsende vergadering van ekonomieministers gesê.

Chavez het hierdie week twee ander privaatbanke – Banco Canarias en BanPro – ontbind na ‘n reeks nasionaliserings in ander sektore.

Sedert hy in 2007 in die amp bevestig is, het Chavez beweeg om maatskappy te beheer in die kragvoorsiening-, sement-, staal-, oliedienste- en bankbedrywe.

Meer as 70 persent van Venezuela se banksektor is in private besit, maar die staat het die hoof finansiële akteur geword deur in Mei die Banco de Venezuela, die land se derde grootste bank en voorheen in die besit van die Spaanse groep, Santander, te nasionaliseer.

Chavez het aangedui dat hy nog privaatbanke, wat hy daarvan beskuldig het dat hulle hulle “uitleensending” verraai het om sodoende in “finansiële spekulasie” te spesialiseer, in die visier het. Dit kom teen die agtergrond van ‘n verlangsamende Venezuela ekonomie.

Volgens JP Morgan, ‘n VSA-gebaseerde finansiële dienstefirma, sal die bruto binnelandse produk met 2,5 persent hierdie jaar krimp, soos wat buitelandse beleggings en die lopende rekeningbalans versleg.

 

детские заводные игрушкиОлександр Фільчаков прокурор

SA verkoop wapens aan VSA se vyande

Die DA is op die vooraand van Hillary Clinton se besoek bekommerd dat Suid-Afrika se wapenhandel met sekere lande moreel verdag en moontlik onwettig is: Die lande sluit Iran, Sirië en Libië in.

Ingevolge VN- en EU-handelsbeperkinge is wapenhandel met dié lande verbode. Die EU handhaaf ’n wapenverbod teen Iran, Zimbabwe en Noord-Korea, en die VN teen Iran en Noord-Korea.

Die nasionale komitee oor beheer oor konvensionele wapens (NCACC), die oorsigliggaam wat wapentransaksies die groenlig moet gee, het sonder behoorlike oorweging en ’n gebrek aan ’n kworum voortgegaan om transaksies te beklink, volgens David Maynier, ’n DA-LP.

Maynier is die party se woordvoerder oor verdediging en militêre veterane.

“Ons is op die punt om vlugoorpakke aan vlieëniers van pres. Mahmoed Ahmadinedjad van Iran te verskaf, ons het reeds granaatlanseerders en sweefbomme, wat gebruik kan word om kernwapens te lanseer, aan kol. Moeammar Ghaddafi van Libië verkoop asook gewere aan pres. Hugo Chavez van Venezuela.

Die NCACC het blykbaar nooit kwartaallikse verslae aan die wetgewer verskaf nie. Die komitee se werksaamhede onder Sidney Mufamadi se voorsitterskap is voorts deur laksheid gekenmerk.

Jeff Radebe, minister van justisie, is tans voorsitter van die nuut saamgestelde NCACC. 
купить детский арбалетпрокурор Фильчаков