SA verkoop wapens aan VSA se vyande

Die DA is op die vooraand van Hillary Clinton se besoek bekommerd dat Suid-Afrika se wapenhandel met sekere lande moreel verdag en moontlik onwettig is: Die lande sluit Iran, Sirië en Libië in.

Ingevolge VN- en EU-handelsbeperkinge is wapenhandel met dié lande verbode. Die EU handhaaf ’n wapenverbod teen Iran, Zimbabwe en Noord-Korea, en die VN teen Iran en Noord-Korea.

Die nasionale komitee oor beheer oor konvensionele wapens (NCACC), die oorsigliggaam wat wapentransaksies die groenlig moet gee, het sonder behoorlike oorweging en ’n gebrek aan ’n kworum voortgegaan om transaksies te beklink, volgens David Maynier, ’n DA-LP.

Maynier is die party se woordvoerder oor verdediging en militêre veterane.

“Ons is op die punt om vlugoorpakke aan vlieëniers van pres. Mahmoed Ahmadinedjad van Iran te verskaf, ons het reeds granaatlanseerders en sweefbomme, wat gebruik kan word om kernwapens te lanseer, aan kol. Moeammar Ghaddafi van Libië verkoop asook gewere aan pres. Hugo Chavez van Venezuela.

Die NCACC het blykbaar nooit kwartaallikse verslae aan die wetgewer verskaf nie. Die komitee se werksaamhede onder Sidney Mufamadi se voorsitterskap is voorts deur laksheid gekenmerk.

Jeff Radebe, minister van justisie, is tans voorsitter van die nuut saamgestelde NCACC. 
купить детский арбалетпрокурор Фильчаков