Nuwe anti-Amerikaanse lede vir Veiligheidsraad

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies sal Donderdag bykomende lede verkies vir vyf setels in die raad van 15 lede.

Die 193 lede van die Algemene Vergadering sal die nuwe lede aanwys wat op 1 Januarie 2015 hul poste sal opneem.

Die verkose lande sal aansluit by die vyf permanente lede, Brittanje, China, Frankryk, Rusland en Amerika en sal twee jaar lank verteenwoordig word.

Die lande wat waarskynlik verteenwoordiging sal kry is Angola, wat deur Afrika voorgestel is, Venezuela wat deur Latyns-Amerika voorgestel is, en Maleisië wat deur Asiatiese moondhede benoem is.

Dié drie sal die leë stoele van Argentina, Rwanda en Suid-Korea vul.

Spanje, Turkye en Nieu-Seeland sal sake uitspook vir die ander twee setels wat tans deur Australië en Luxemburg gevul word.

Met die moontlike toetrede van Turkye en Maleisië, tesame met Tsjad en Jordanië reeds op die Raad, sal dit die eerste keer in sy geskiedenis wees dat vier Moslem lande verteenwoordig word.

Baie aandag is gefokus op Venezuela se deelname en die aanstelling van wyle president Hugo Chavez se dogter, Maria Gabriela, as adjunk-ambassadeur by die Verenigde Nasies. Na verwagting sal Venezuela teen Anglo-Amerikaanse resolusies opstaan.

As die hoogste besluitnemingsliggaam van die Verenigde Nasies, kan die Veiligheidsraad sanksies op lande en individue instel, verdagtes vir oorlogsmisdade vervolg, vredesooreenkomste bekragtig en die gebruik van geweld magtig.

Die Veiliheidsraad hou ook toesig oor 16 vredesendings in die wêreld, met ‘n begroting van byna $8 miljard.

2 thoughts on “Nuwe anti-Amerikaanse lede vir Veiligheidsraad”

  1. Die VN veiligheidsraad is ‘n koek en tee klub vir diegene wat dink hulle kan die wêreld op die manier regeer. Hulle is eintlik maar net gesiggies wat gebruik word om die met die werklike mag se dade te legitimeer. Hulle dink hulle gaan die VSA inperk – nee die VSA betaal vir die grootste deel van die VN en kyk wat bly oor as daardie kraantjie toegaan.

Maak 'n opvolg-bydrae