Die ANC in Gauteng kom vandag aan die beurt om sy standpunt te stel oor die omstrede etol-stelsel op die provinsie se hoofweë, het RSG berig.
Die party sal voor die hersieningspaneel verskyn wat deur die Gautengse premier, David Makhura aangestel is.
Die paneel ondersoek die sosio-ekonomiese impak van die stelsel op inwoners.
Die ANC se voorlegging volg op ‘n resolusie by die party se onlangse provinsiale konferensie, wat die implementering van die e-tolstelsel in sy huidige formaat verwerp.
Die nuwe provinsiale sekretaris, Hope Papo sê hulle verkies dat ‘n brandstofheffing die e-tolstelsel finansier.
Papo en die provinsiale voorsitter, Paul Mashatile sal na verwagting die afvaardiging na die wetgewer in Johannesburg lei.

Nou eweskielik spring die klomp om en besluit om dit met die brandstofheffing te doen – hoekom het hulle dan in die eerste plek die geld op hierdie goed gemors? – Dis maklik, daar is genoeg uitbetaal na die “consortium” van die ANC sodat hulle hul deel van die projek sou kry.
Verder wil hulle nou nie die hekke verwyder nie. Nou ruik ek nogsteeds iets visserig. Ek sê van die begin af dat die doel van die trolhekke was nooit werklik om tol te hef nie maar eerder om die bewegings van die man op straat te monitor en hulle wou hê dat die man op straat daarvoor moet betaal! Verder laat die e-skyfies jou toe om elders ook elektronies nagespoor te word (dit word in elk geval met selfone gedoen en hulle kan selfs met stemherkkenning weet wie praat – so dit help nie om iemand anders se toestel te gebruik nie). Hier in PTA is hulle nou besig met een of ander kamera installasie wat op die ander paaie ook veronderstel is om die mense te monitor (die installasie is verskriklik slordig) – kwansuis vir “google maps”.
Waaroor gaan hierdie monitoring? Hoekom is hulle soooo bang vir gewone wetsgehoorsame burgers? Beplan hulle iets sodat hulle verwag dat die gewone burgers nie meer so wetsgehoorsaam gaan wees nie? Is hulle bang vir terrorisme? Indien wel uit watter oord verwag hulle dit? As dit ons paar Afrikaners is, dan wys dit net hoe verskriklik parnoiës die spul is. Is ons weer ‘n voorloper/toetsgeval vir monitering soos die NSA hulle eie burgers monitor?
So ‘n tyd gelede was daar juis ‘n gekerm van die ander provinsies teen die brandstofheffing kwansuis omdat hulle ons paaie sal subsidieer. Ek lees nou juis dat hulle die teendeel beplan dat ons meer sal moet opdok en dat dit dan na die ander arm provinsies sal moet vloei. – Malligheid op sy beste,.
Ai Rooikop,
wat n klomp gekonkel en getsjommel is dit nie onder die klomp natuur kinders nie.
Ek wonder waar het die woord “NATUREL” sy ontstaan. Dit klink soms vir my so in die kol.
Hoe is dit moontlik dat mens so n klomp geld kan “blaas” en dan ewe kalmpies kom sê nee ons stem nie daarvoor nie.
Gestel dit word alles goedgekeur en die E-Tol stelsel word geskrap,
wat word nou van al die geboue en toerusting en sodanige poste (werk) wat geskep is.
GENUGTIG dit kan mos nou nie sommer net so van die tafel gevee word nie,———of kan dit.