President Jacob Zuma het tydens ‘n informele middagetesessie met die media oor Nkandla gesê: “Dis die staat se plig om sy president en adjunkpresident te beskerm.”
Die president is onder druk om uit sy eie sak vir die opknappings by sy privaatwoning te betaal nadat die Openbare Beskermer bevind het dat hy en sy familie onregmatig daardeur bevoordeel is
Hy het gesê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het aangedui wie verantwoordelikheid moet aanvaar vir die aanbouings, maar die media ignoreer dit.
Hy het aan Media24 gesê dit lyk asof die media meen Nkandla is nie veronderstel om ’n president op te lewer nie, terwyl George voordeel getrek het uit die feit dat PW Botha in die Wildernes gewoon het.
Zuma het gesê die lughawe op George is nie weens ekonomiese oorwegings opgerig nie, maar omdat die voormalige staatshoof daar gewoon het.
Zuma het tydens die netwerksessie gesê hy word vervolg weens sensasiesoekery en die opposisiepartye gebruik Nkandla om die ANC by te kom.
Die Demokratiese Alliansie het vroeër ‘n beroep op President Zuma gedoen om die aanbod deur ‘n KwaZulu-Natalse sakeman om namens hom vir Nkandla te betaal, van die hand te wys.
Philani Mavundla het glo reeds fondse insamel om ‘n gedeelte van die geld wat aan die president se privaatwoning op Nkandla bestee is, terug te betaal.
Die DA sê hulle “verwerp” die derde party wat vir die skuld kan kan instaan.
Luidens berigte sal die president vandeesweek weier om verdere vrae in die Parlement te beantwoord oor die kwessie.
Volgens ‘n naweekkoerant het die ANC bevestig dat Zuma regstreekse vrae sal vermy as gevolg van sommige parlementslede wat dit as ‘n verskoning gebruik om chaos te saai.
Die leier van die EFF, Julius Malema en ander EFF-lede is in Augustus gevra om die Nasionale Vergadering te verlaat nadat hulle die president getart het en die parlementêre kodes oortree het.
Die ANC het bewerings ontken dat hy Zuma probeer beskerm en sê die artikel is misleidend.
Die woordvoerder van die party, Zizi Kodwa het egter gesê hulle kan nie toelaat dat die president na die parlement gaan nie, wat aldus hom, in ‘n sirkus ontaard het.
President Jacob Zuma het intussen die totstandkoming van ‘n presidensiële kommunikasie- en media-werkgroep aangekondig om skakeling tussen die regering en die media te bevorder.
Die president het by die 37ste herdenking van “Swart Woensdag” in Pretoria gepraat.
Verskeie koerante wat terreur teen Afrikaners ondersteun het, is op 19 Oktober 1977 verbied en buitelandse agente, waaronder joernaliste is op dié dag in hegtenis geneem.
Zuma sê dit is deel van die regering se pogings om te verseker dat vryheid van spraak voorrang in die land geniet.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het die besluit verwelkom
Die voorsitter van die forum, Mpumi Mkhabela sê dit sal ‘n platform aan die media gee om sy kommer uit te druk oor sekere kwessies, soos die Wet op Beskerming van Inligting.

Wat gebeur in enige Marxis Sosialistiese en Afrosentriese bestel wanneer die bewyse oorweldigend raak en die hoernaliste bloed in die water ruik? Ontplooide kaders in die “lame stream media” word aangese om die “nuwe” propganada masjien te aanvaar en deur dit misbruik te word. Tog so voorspelbaar maar dan weer, die kaders het nog nooit ‘n oorsponklike idee gehad wat rondrol in die leumtes tussen hulle ore nie.
aaag siestog!, aaag foeitog, aaag arme stortkop, aaag shampies….. PW het meer vir die land gedoen in een jaar as wat die ayencee ooit sal doen. George lughawe is tot voordeel van almal, kan ek kom vakansie hou op Nkandla?…. ek sal al wat n handoek is, steel voor die stort
Wat n kinderlike/ kinderagtige naiwiteit. Die enigste een wat hierdie snert glo is hyself.
Genugtig om te dink hy is die leier, toonaangewer, voorbeeld van Vaderlands liefde. Ek is seker hy weet nie daar bestaan so iets nie.
Ons kan hom regtig net jammer kry. Ek dink onwillekeurig aan ;
“Hy het geval, en sy val was groot”.
Respek moet verdien word. n Leier se primere taak is om te dien en om n voorbeeld te stel aan die bevolking. n Leier sonder n visie is nie n leier nie. Zuma is korrup . Streng gesproke moet hy in die tronk wees. Maar in Afrika geld ander reels.
Bly maar steeds verstom oor die gehardheid van Swart heersers suid van die Zambesi. Of by watter rivier moet jy nou die streep trek? Die Kongo?
Selfs om van die NP-pop in Angola, Jonas Savimbi, ontslae te raak het ‘n uitwissingspan van Wit soldate (raai van watter land), geverg, sy rol was uitgedien, veral uit die oogpunt van die Amerikaanse oliemaatskappye wat ‘n lisensie gekry het om Cabinda se oliebronne te plunder. Om van die legendariese oorlewingsvermoë van Robert Mugabe nie te praat nie, Mugabe met sy uitdrywingsprogram van Wit boere in Zim volgens ‘n bron, in diens van groot maatskappye, een nogal ‘n “Suid-Afrikaanse versekeringsreus” met ‘n vinger in die mynboupaai van Mugabe-land.
Dit alles hang blykbar af van wie jy agter jou het. Kyk maar daardie feitlik ononderbroke lyn van pedofiele wat Amerika regeer het. En bedink ook al die gerugte en berigte oor Ted Heath en nou ook Cameron van Brittanje. Maar hulle is in diens van die regte maatskappy. Op die ou einde was dit net Nixon (Watergate-skandaal), wat uit ‘n soort van vrye wil sy goedjies gevat en geloop het. Kennedy is in Dallas uitgehaal, blykbaar omdat hy nie vir Castro uit Kuba wou verjaag sodat Die Geldmag weer hul dobbel-hemel in Kuba kon oopmaak nie – niks met Amerika se beweerde stryd teen kommunisme te doen gehad nie.
In Suid-Afrika hou Jacob dit nog uit. Omdat hy vir die regte maatskappy werk?
Sal daar dan nou maar van Zuma se geprivatiseerde presidentskap gepraat moet word? Privaat in vele opsigte, ook privaat en weg van hinderlike vrae en tussenwerpsels in die praathuis in die Kaap?
Ek raai die land wat Savimbi laat doodmaak het is die VSA.
kwade krachten binnen landsgrenzen conserveren Rutger, wil zelden de gehele lading dekken in een ‘globaliserende wereld’.
Er bestaan buiten de voetballerij nog meer èèn tweetjes. (tikkie takkie) 😉
Het hyena achtig gedraai rond een sterk groeiend SA van voor 1994 kwam ook uit Oost en West.
Seker maar die land wat die hoofopdraggewer was. Dis mos waar Gulf-Oil se hoofkantoor in daardie stadium was. Leef Aida Parker nog? Sy het heelwat in haar nuusbriewe oor die Gulf-Oil-konneksie uitgewei.
O, ja. Daar is inetessante nuwe gegewens oor Kissinger se betrokkenheid by die Angolese Oorlog. Vrygestelde gespreksopnames tussen hom en Gerald Ford. Daarvolgens was die Angolese Oorlog net om Castro by te kom. Het Castro in die pad gestaan van die herbesetting deur Die Geldmag van Kuba se gemotbalde dobbelhemel? En toe gaan veg ons Afrikanerbloedjies vir volk en vaderland teen die Kubane in Angola. Dit stink mos, man.
J.F. Kennedy was terecht tegenstander van een Israelisch kernwapen……..
Wat is de naam van die SA verzekeringsreus ?
Helaas. Dis nie so ‘n “versekeringsreus” nie. Hierdie een vind u onder die puriteinse sakegemeenskap.
Die suidelike grens van die Sahara is waar dit begin verander in my opinie
Jy vergeet van die belangrikste – die archtipe / prototipe verraad deur vooraanstaande Wittes naamlik die dolk van Tsafendas..
Daarna was die hele wêreld nie meer dieselfde nie.- wat jy saai sal jy maai
Savimbi se 12 generaals is in ‘n lokval gelei deur onse Pik in Luanda en is almal doodgeskiet
Zuma weet dit baie goed en het iets gebou om homself te beskerm
PW het die magtigste weermag gehad maar hy is nogtans vergiftig.
Vorster het Boss gehad en Eersterivier.
FW het Vlok se Vlakplaas [“Turbo-Boss”] se vrygelate veroordeelde kriminele wat op die grens swartes gejag het en nou akademiese aansien geniet.
Zuma sal voortgaan om homself te beskerm
En sopas is sy ANC woordvoerder geskiet……..
Is dit die begin van die slottoneel van Tsafendastan se teater van die Absurde?
Sjym, kyk nou net hoe bloai my hart hier oor die vloer.
Kyk hierdie mooi voorbeeld vir Zuma:
Japan’s economy minister has resigned after she was accused of misusing political funds, lavishly doled out on cosmetics, accessories and theater trips which she gave to her supporters.
Women are rare in Japanese politics, which is mostly dominated by older men.
Yuko Obuchi, Japan’s Minister of Economy, Trade and Industry under Prime Minister Shinzo Abe, said at a press conference that government business had been hampered due to questions over her use of money.
“It is not permissible for me as Minister of Economy, Trade and Industry to have economy and energy policies stalled because of my own problems,” said the 40-year-old mother of two, and the daughter of former Prime Minister Keizo Obuchi.
Obuchi allegedly misused political funds on make-up, accessories and theater trips as gifts for her supporters for several years, according to reports released in the media. Cosmetics and trips cost tens of millions of yen (hundreds of thousands of dollars). Her opponents termed the misuse “vote-buying”.
Obuchi, however, hasn’t admitted that government funds were frittered away on cosmetics and theater trips.
“I will resign and focus on probing what has been called into question,” added Obuchi, who was tipped as a future first female prime minister for Japan.
“Hy het gesê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het aangedui wie verantwoordelikheid moet aanvaar vir die aanbouings, maar die media ignoreer dit.” Die media glo nie meer die wolhaarstories wat jy kwytraak nie. Die lughawe op George bedien darem meer as net PW en sy direkte mense. Ja ou FW het ook lekker gemors en is naweek vir naweek kaap toe gevlieg in ‘n weermaghelikopter – lekker op my en jou rekening.
Jy wil nou weer een of ander “werkgroep” (lees “spin doctor”) daarstel om jou beeldjie te poets – jammer maar dit is te laat. Julle kla ook oor die parlement wat ‘n sirkus geword het – dis JOU eie skuld
Zoempie – jy kon die werk by jou kaia laat minder maak het. Nou moet jy hoes en jy weet nie waar die geldjies vandaan gaan kom nie. Jou sondes haal jou uiteindelik in. Wees nou maar ‘n man (jy wil mos so graag een wees) en vat die pakslae wat na jou kant toe kom.