‘n Aantal gekoördineerde bomontploffings in die Irakkese hoofstad, Bagdad, het die lewe van minstens 80 mense geëis en duisende mense beseer. Die ontploffings wat tydens spitsverkeer plaasgevind het, het glo Sjia-woonbuurte geteiken. In die noordelike omgewing van Kadhimiyah, die tuiste van ‘n prominente, goudkoepel Sjia–heiligdom, is die ergste getref. Twee bomme het afgegaan in ‘n parkeerterrein, gevolg
Kaapse koue eis een
Die snerpende koue in die Wes-Kaap het sy eerste lewe geëis. Paramedici van ER24 sê hulle het Dinsdag van ‘n ongeluk in Kuilsrivier teruggekeer toe die polisie die beamptes versoek het om stil te hou. Polisiebeamptes het op twee mans afgekom wat bewegingloos in ysige toestande onder kartonhouers gelê het. Een van hulle het reeds
Hof toe hy Mugabe-plakkaat vir toiletpapier gebruik
‘n Zimbabwiër is aangekla omdat hy ‘n verkiesingsplakkaat van pres. Robert Mugabe vir toiletpapier gebruik het, het die plaaslike media Woensdag berig. Takura Mufumisi (26) van die stad Masvingo het glo die plakkaat, met Mugabe se gesig daarop, saam met hom na ‘n toilet by ‘n kroeg geneem. ‘n “Informant” het Masvingo raakgesien en ‘n
Lees verder: Hof toe hy Mugabe-plakkaat vir toiletpapier gebruik
Obama vergelyk homself met Jesus
As president Barack Obama die trappe van die Lincoln Memorial dié week bestyg vir sy geskeduleerde toespraak aan duisende mense vir die 50ste herdenking van die swart protesoptog in Washington, sal dit nie die eerste keer wees dat hy in die skaduwee van Martin Luther King en Nelson Mandela staan nie. Trouens, in die skadu
Reuse vagina by Grondwethof tentoongestel
Johannesburgers het nou die geleentheid om deur ‘n groot vagina te loop, dit alles te danke aan ‘n kunsinstallasie wat opgerig is by die Grondwethof, op Konstitusieheuwel in Johannesburg. Die Grondwethof is die setel van die “wigte en teenwigte” van die nuwe regime. Konstitusieheuwel huisves onder meer die ou Vrouetronk wat in ‘n besienswaardigeid omskep
Grondwethofbeslissing oor mosie van wantroue leeg
‘n Grondwethofbeslissing het die weg gebaan vir ‘n debat oor president Jacob Zuma se geskiktheid om te regeer voor volgende jaar se algemene verkiesing. In ‘n meerderheidsuitspraak, het die hof Dinsdag die Nasionale Vergadering ses maande gegee om die reëls rondom ‘n mosie van wantroue in lyn met die Grondwet te bring. Sodra die nuwe
Lees verder: Grondwethofbeslissing oor mosie van wantroue leeg
Taxi-bestuurder vas vir moord
‘n Taxibestuurder is in hegtenis geneem nadat ‘n man tydens ‘n woordewisseling in Johannesburg-Sentraal doodgeskiet is, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê. Die 30-jarige slagoffer het Dinsdag buite ‘n taxi in Breestraat gestaan toe die skietery plaasgevind het, het ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, gesê. Dit is nie bekend waaroor die mans gestry het en
Neo-Cons gereed om Sirië aan te val
Amerika en Brittanje het Dinsdag intensiewe voorbereidings getref om weer ‘n soewereine staat aan te val, nadat hulle voorheen redes versin het om Irak sowel as Libië te teiken. Die rede sal oënskynlik wees om pres. Basjar al-Assad van Sirië te straf vir sy gebruik van gifgas teen burgerlikes verlede week. Die VSA en Brittanje
Afleggings, stakings by myne
Mynwerkers by Amplats in Rustenburg in Noordwes gaan die maatskappy se aflegging van seweduisend werkers teenstaan. Werkers se toekoms is steeds onseker omdat werkers nog moet besluit of hulle skeidingspakkette gaan aanvaar of verplaas wil word. ‘n Massavergadering is gister gehou deur ‘n taakspan by Khuseleka 2 en die Khomanani 1 en 2 skagte. Amplats
Walter Sisulu-universiteit sluit weens onrus
Die besluit deur die Walter Sisulu-universiteit om sy deure onbepaald te sluit, is deur talle organisasies veroordeel. Die administrateur, Lourens van Staden het studente aangeraai om die universiteit in Mthatha in die Oos-Kaap dadelik te verlaat. Dit sluit alle koshuise en ander akkomodasie in. ‘n Woordvoerder vir die universiteit sê die besluit is geneem omdat
