Skietery jaag studente uit koshuis

Chaos het uitgebreek by die Walter Sisulu Universiteit in die Oos-Kaap toe die polisie studente met rubberkoeëls uit hulle koshuise gejaag het. Honderde swartes het van die polisie gevlug tot by die N2.

Een student is deur ‘n motor omgery en na die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal gehaas. Sommige studente het die hele nag buite deurgebring.

Die polisie het die studente uit die koshuis gedwing nadat gewelddadige studenteoptrede gelei het tot ‘n brand by ‘n studentekroeg.

Studenteleiers is woedend oor die situasie by die Walter Sisulu Universiteit in Mthatha in die Oos-Kaap.

Twee studenteleiers, Sinelizwi Mgotshongo en Khanya Nkeqa sê hulle gaan vandag verdere stappe doen en weet nie waarom daar op hulle geskiet is nie.

Studente het die hele nag in ‘n nabye berg geskuil uit vrees vir die polisie.

Drie verdagtes vas na moorde op paartjie

Die polisie het drie verdagtes vasgetrek ivm die moorde op twee jongmense in die Oos-Kaap. Die twee is vermoedelik ontvoer, vermoor en toe in die dam gegooi, het eNCA berig.

Drie swart vermeende aanvallers sal vandag in die landdroshof op Mthatha in verband met die moord op ‘n jong paartjie die naweek.

Die liggame van die 19-jarige Jacqueline Miller en die 20-jarige Carl George is Sondagmiddag by die Mthatha-dam gevind, nadat hulle Saterdag laas gesien is.

Die verdagtes, een van 19 en ‘n ander van 22, is in die KwaLink-woongebied in hegtenis geneem. Hulle het van die slagoffers se besittings in hul besit gehad.

Oos-Kaap sonder krag na storms

EskomDie kragvoorsiener, Eskom werk onverpoosd om elektrisiteitstoevoer aan sowat 30.000 kliënte aan kusgebiede van die Oos-Kaap te herstel nadat dit gistermiddag deur ‘n storm getref is.

Verskeie dorpe langs die R72-pad is sedertdien sonder krag. Dit sluit in Peddie, Hamburg, Wesley en Mpekweni.

‘n Woordvoerder vir Eskom, Ntombekhaya Mafumbatha sê die krag is reeds by sowat 17.000 kliënte weer aangeskakel, en dat die oorblywende mense vanoggend weer elektrisiteit behoort te hê.

Sy sê in sommige dele sal kragpale wat deur weerlig geslaan is, vervang moet word, wat langer kan duur.

Die groter dorpe, Queenstown en Mthatha is ook deur storms getref.

Walter Sisulu-universiteit sluit weens onrus

WalterSisuluUniversityDie besluit deur die Walter Sisulu-universiteit om sy deure onbepaald te sluit, is deur talle organisasies veroordeel.

Die administrateur, Lourens van Staden het studente aangeraai om die universiteit in Mthatha in die Oos-Kaap dadelik te verlaat. Dit sluit alle koshuise en ander akkomodasie in.

‘n Woordvoerder vir die universiteit sê die besluit is geneem omdat studente en die omliggende gemeenskap se veiligheid weens die voortslepende onrus nie deur die instelling gewaarborg kan word nie.

Daar is die afgelope vyf weke nie klas gegee nie weens ‘n staking deur die universiteit se personeel. Hulle is ontevrede oor die voorgestelde salarisverhoging van 4,24%.

Die universiteit is sedert 2011 onder administrasie. Die polisie het gistermiddag rubberkoeëls afgevuur op studente wat betoog het teen die sluiting.

Die PAC sê dit is belaglik dat die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande nie ingegryp het nie. – Sapa

Rowers getakel, een dood

Inwoners van Mthatha het twee gewapende mans doodgeslaan wat na bewering besig was om ‘n rooftog in Mandelapark uit te voer, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

“Lede van die gemeenskap het gedurende die rooftog die rowers met stokke, strykysters en pangas genader en hulle daarmee begin slaan,” het Sup. Mzukisi Fatyela gesê.

Vier mans het die spazawinkel omstreeks 06:30 Maandagoggend in Mandelapark binnegegaan.

Hulle het die eienaar en sy vrou met wapens aangehou en sowat R4500, ’n DVD-speler en ‘n selfoon gevat.

“Die vrou het begin skree. Net voordat hulle haar probeer verkrag het, het lede van die gemeenskap die winkel binnegestorm en die rowers gekonfronteer en hulle begin slaan.”

“Een rower het op die toneel gesterf en die ander een in die hospitaal. Die oorblywende twee rowers is in ‘n kritieke toestand en onder polisietoesig.”

Die polisie het kort na die voorval drie inwoners betrokke by die aanval in hegtenis geneem.

free mobile onlineАлександр Фильчаков прокурор