Die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu sal nie die gedenkdiens vir Mandela bywoon nie.
Sy kantoor sê dit is te duur om na Suid-Afrika te reis.
Netanyahu het aanvanklik die Suid-Afrikaanse owerhede laat weet dat hy die diens sou bywoon, maar het sy planne gekanselleer weens die hoë kostes.
Sy vervoer- en veiligheidkostes sou na raming sowat twintig miljoen rand beloop het omdat dit op kort kennisgewing sou plaasvind.
Die minister van Internasionale Betrekkinge, Maite Nkoana-Mashanbane sê die regering het bevestiging ontvang dat 53 staatshoofde en oudpresidente die staatsbegrafnis Sondag sal bywoon.
Volgens die minister in die presidensie, Collins Chabane, is die hoë lui besig om voorbereidings te tref om na Suid-Afrika te kom.
Dertien staatshoofde uit Afrika het bevestig dat hulle die diens sal bywoon. Senior leiers van die Verenigde Nasies, die Europese Kommissie en die Afrika Unie word ook verwag.
Brasilië se president, Dilma Rousseff, sal ook die begrafnis bywoon.
President Barack Obama van die VSA en sy vrou Michelle, saam met drie voormalige presidente sal binnekort in Suid-Afrika aanland vir die geleentheid.
President Barack Obama het aan die Verenigde Nasies gesê ”die wêreld is ‘n meer stabiele plek as vyf jaar gelede, maar die aanval in Kenia wys hoe ernstig die gevaar van terreur steeds is.”
Obama sê al-Kaida het in streeksnetwerke versplinter en hou ‘n “ernstige bedreiging in vir regerings, diplomate, sakeondernemings en burgerlikes regoor die wêreld.”
Die Afrika-Unie is steeds daartoe verbind om aan te hou veg teen al-Shabab militante in Somalië na die aanval op ‘n winkelsentrum in Kenia wat nou reeds vir ‘n vierde agtereenvolgende dag woed. Die AU-mag van sowat 17 000 soldate veg al sedert 2007 teen die militante.
Al-Shabab het bande met al-Kaida en het aanspreeklikheid aanvaar vir die aanval op die Westgate-winkelsentrum. Twee-en-sestig mense is dood en sowat 200 is beseer in die aanval.
Al-Shabab het Kenia gewaarsku om sy soldate uit Somalië te onttrek. – Sapa/AFP
Die Britse stem teen ‘n militêre aanval in Sirië is ‘n taai klap vir premier David Cameron se binnelandse politieke lotgevalle.
Sedert hy die amp in 2010 opgeneem het, is hy by verskeie geleenthede ondermyn nie net deur opposisiepartye nie, maar ook deur elemente in beide sy eie Konserwatiewe Party en die liberales, die junior lid van die Verenigde Koninkryk se regerende koalisie .
Dit was die kombinasie wat Cameron laat Donderdag gepootjie het. Die regering het verloor, met 285 teen 272, om in beginsel militêre ingryping in Sirië goed te keur. Lede van al die groot partye – insluitende sy eie Tories – was gekant teen die maatreël.
Cameron het gesê dit is duidelik dat die Britse Parlement nie wil sien dat die Verenigde Koninkryk betrokke raak in militêre aksie nie en “die regering sal dienooreenkomstig optree”.
Die uitslag is ‘n belangrike oomblik in die Britse politiek. Dit is hoogs ongewoon vir ‘n eerste minister om bes te gee oor sy buitelandse beleid en stel die vraag oor die Verenigde Koninkryk se rol op die internasionale toneel vorentoe .
Dit is ook ‘n terugslag vir Anglo-Amerikaanse verhoudinge wat vrae oor die sogenaamde “spesiale verhouding” tussen die twee lande laat ontstaan. In onlangse dekades het die Verenigde Koninkryk selde indien ooit verskil van die VSA oor so ‘n belangrike strategiese kwessie.
Terwyl die regering nie parlementêre goedkeuring vereis om militêre aksie te neem nie, sal dit nou polities moeilik wees om dit te doen. ‘n Woordvoerder van die premier het bevestig dat die Verenigde Koninkryk nou nie sal deelneem aan die Siriese aksie nie.
Die uitkoms van die Verenigde Koninkryk se houding kan dit moeiliker maak vir president Barack Obama en ander oorlogsvoos Westerse bondgenote om hul eie publiek van die behoefte aan ingryping in Sirië te oortuig.
Die Britse verdedigingsekretaris, Philip Hammond, het gesê Amerika “sal teleurgesteld wees dat Brittanje nie betrokke sal wees nie.”
Die terugslag laat ook vrae oor Cameron se gesag.
Amerikaanse amptenare het gesê dat Obama bereid is om op te tree in die komende dae sonder Brittanje. Hulle het bygevoeg dat in teenstelling met die VSA se betrokkenheid in militêre operasies in Libië in 2011, die opsies wat oorweeg word in Sirië op ‘n kleiner skaal sal wees en nie ‘n koalisie vereis om doeltreffend te wees nie.
Brittanje se ommekeer laat Frankryk as die laaste Europese land nog steeds lugaanvalle op die Assad-regime oorweeg. Franse amptenare het gesê dat die land militêre planne vir moontlike optrede in Sirië voorberei het, maar Donderdag herhaal dat geen finale besluit nog geneem is nie .
Die Franse regering kan sonder Parlementêre goedkeuring besluit om aan te val.
As president Barack Obama die trappe van die Lincoln Memorial dié week bestyg vir sy geskeduleerde toespraak aan duisende mense vir die 50ste herdenking van die swart protesoptog in Washington, sal dit nie die eerste keer wees dat hy in die skaduwee van Martin Luther King en Nelson Mandela staan nie. Trouens, in die skadu van die ANC wat glo gaan regeer tot Jesus kom.
Want, moenie ‘n fout maak nie, dit was die euforie oor die aanbreek van ‘n swart regering in Suid-Afrika wat aan Obama uiteindelik presidentskap van die magtigste land op aarde besorg het. In die federale deelstate van Amerika was daar tot in die laat sewentigerjare segregasie, dit terwyl drukgroepe uitsluitlik op Suid-Afrika gekonsentreer het.
Vier jaar gelede is Obama na Oslo, Noorweë om die Nobelprys vir Vrede te aanvaar, ‘n eer wat King 45 jaar vroeër te beurt geval het en Mandela 20 jaar gelede. Mandela soos King het ‘n veldtog van gewelddadige weerstand teen rasse-onreg gelei tot die wêreld se mees gesogte vredesprys aan hom oorhandig is.
Obama, wat die verkiesing as die land se eerste swart president 13 maande vroeër gewen het, het sy prys “vir sy buitengewone pogings om internasionale diplomasie en samewerking tussen mense te versterk,” ontvang, dit terwyl die VSA in die middel van die twee oorloë was.
Obama het tydens ‘n onlangse onderhoud op die Tom Joyner Morning Show gesê King se toespraak was een van net vyf historiese toesprake in Amerika se hele geskiedenis: “En die woorde wat hy op daardie oomblik gebruik het, met so baie op die spel, en die wyse waarop hy die hoop en drome van ‘n hele geslag weergegee het, dink ek, is ongeëwenaard.”
Maar dit beteken nie dat Obama onthou sal word vir sy verbintenis met King of Mandela nie. Dit was duidelik vir die president eerder ‘n groter kwessie, naamlik of hy Jesus sal kan ewenaar.
Nadat hy ‘n paar formele opmerkings tydens ‘n Withuis-ontvangs vir ‘n breë deursnit van burgerregte-leiers, kunstenaars, politici en sosiale aktiviste gemaak het, het hy aan iemand gesê: “Man, kan jy glo hulle gaan my laat praat môre, 50 jaar na die dag van die grootste toespraak ooit! Dit is soos om in Jesus se voetspore te volg. “
Obama, altyd gereed om homself met die hoofstroommedia-gesalfdes te vergelyk, was oorbewus van King toe hy sy eie Nobelprys gaan haal het. King het in sy Nobelprys-rede gesê dat “geweld nooit permanente vrede waarborg nie.”
Obama se toespraak het egter heelwat daarvan afgewyk: “Ek kyk na die wêreld soos dit is, en kan nie ledig staan in die aangesig van die bedreigings teen die Amerikaanse mense nie.” Hy het natuurlik na al-Kaida verwys.
Tans staan Obama gereed om saam met diegene wat hy in Oslo as terroriste getipeer het, teen Sirië op te tree. Kennelik ly die president aan een of ander Messias-kompleks, en dit sonder die steun wat die ANC kan monster.