Taxi-bestuurder vas vir moord

taxi‘n Taxibestuurder is in hegtenis geneem nadat ‘n man tydens ‘n woordewisseling in Johannesburg-Sentraal doodgeskiet is, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê.

Die 30-jarige slagoffer het Dinsdag buite ‘n taxi in Breestraat gestaan toe die skietery plaasgevind het, het ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, gesê.
Dit is nie bekend waaroor die mans gestry het en of hy (die slagoffer)  ‘n passasier was nie.
“Hy [die verdagte] het sy vuurwapen uitgehaal en die slagoffer een keer in die bolyf geskiet,” het Mbele gesê.
Paramedici is ontbied en die man is op die toneel dood verklaar.
Die taxibestuurder is in hegtenis geneem en polisiebeamptes het beslag gelê op sy vuurwapen. Hy sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn. – Sapa

5 thoughts on “Taxi-bestuurder vas vir moord”

  1. Hy het sy vuurwapen uitgehaal. Hulle het vuurwapens, maar die wittes moes hul vuurwapens inhandig om ‘n vuurwapen vrye S A te bewerkstellig. Nou wonder ‘n ou maar net, as dit ek was wat geskiet het, wat sou van my geword het. Aangerand, mishandel en reeds voor ‘n hofsaak dalk reeds dood gewees het.??

Maak 'n opvolg-bydrae