Spioenasie-herrie oor SA se verhouding met Israel, Iran

‘n Spioenasieherrie het losgebars nadat Al Jazeera inligting uitgelek het oor Suid-Afrika se verhouding met Israel en Iran. In ‘n intelligensieverslag van 128 bladsye, getiteld “Operasionele Doelanalise,” wat deur Suid-Afrikaanse spioene opgestel is, is die profiele van beweerde Iranse netwerke gelys, sowel as die van tuiniers en huiswerkers by die Iranse ambassade. Dié onthullings kom

Lees verder: Spioenasie-herrie oor SA se verhouding met Israel, Iran

Minister ontken dat hy Shaik-paroolaansoek ontvang het

Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, sê hy het nie persoonlik ‘n aansoek ontvang van die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik om sy mediese parool te verander na gewone parool nie. Die Ministerie het egter bevestig dat die aansoek is deur die mediese parool adviesraad aan die departement gestuur is. Shaik is in Maart 2009

Lees verder: Minister ontken dat hy Shaik-paroolaansoek ontvang het

Namibiese NG sinode sê nee vir Belhar

Die sinode van die NG Kerk in Namibië het Saterdag ’n buitengewone­ vergadering gereël om die wysiging van artikel 1 van die Kerkorde te bespreek én om daaroor te stem. Dié wysiging is egter nie deur die sinode aanvaar nie, het die Republikein berig. Die voorgestelde wysiging van artikel 1 is daarop gemik om die

Lees verder: Namibiese NG sinode sê nee vir Belhar

Poetin vra dat internasionale gemeenskap Krim erken

Die leiers van Frankryk en Duitsland is werklik op soek na ‘n skikking wat sal help om ‘n einde aan die konflik in die ooste van die Oekraïne te bring, het die Russiese president Wladimir Poetin gesê in sy jongste onderhoud. Tydens ‘n onderhoud met Rossiya 1 TV-kanaal oor die deurbraak van die Minsk-ooreenkoms waarvan

Lees verder: Poetin vra dat internasionale gemeenskap Krim erken

TUT gee R60 miljoen aan oproerige studente

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie het 60 miljoen rand bewillig vir studentehulp om sodoende om ‘n einde te bring aan betogings by al sy kampusse, het RSG berig. Studente het verlede maand met gewelddadige betogings begin toe daar aangekondig is dat staatsubsidies uitgeput is. Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema het vanjaar 463-miljoen rand aan die

Lees verder: TUT gee R60 miljoen aan oproerige studente

Balju lê beslag op 30 munisipale voertuie

Daar is op 30 munisipale voertuie van die Ngaka Modiri Molema distriksmunisipaliteit in Mafikeng beslag gelê deur die balju van die Noordwes hooggeregshof. Die munisipaliteit skuld diensverskaffers miljoene rand. Die beslaglegging volg nadat twee kontrakteurs regstappe gedoen het teen die munisipaliteit weens sy versuim om te betaal vir dienste wat gelewer is. Die munisipaliteit is

Lees verder: Balju lê beslag op 30 munisipale voertuie

Motors: klasbestes 2015 (deel 3): viertrekdubbelkajuitbakkies

Vandag is die dubbelkajuitbakkie amper meer van ‘n status simbool as ‘n Mercedes-Benz. Ons het na al die handrat- viertrekdubbelkajuitbakkies in die plaaslike mark gaan kyk. Van die vervaardigers se produkte is nou al lank in die tand terwyl ander baie onlangs plaaslik bekend gestel is. Daar is 11 verskillende bakkies om van te kies

Lees verder: Motors: klasbestes 2015 (deel 3): viertrekdubbelkajuitbakkies

Plan om selfoonseine in tronke te versper

Planne deur die Departement van Justisie om selfoonversperrings in Suid-Afrikaanse tronke te installeer, is, na wat berig word, in ‘n gevorderde stadium. Dit SABC berig dit sal gevangenes verhinder om selfone wat ingesmokkel word, in die gevangenis te gebruik. Die Departement het die aankondiging gedoen tydens die besoek van die Minister van Justisie, Michael Masutha,

Lees verder: Plan om selfoonseine in tronke te versper

Wie het Zuma probeer vergiftig?

President Jacob Zuma se kantoor het ‘n Sunday Times-berig dat sy vrou Nompumelelo Ntuli-Zuma hom vergiftig het, as skinderpraatjies afgemaak. Mac Maharaj, die presidensiële woordvoerder, sê die berig is gebaseer op totale spekulasie en skinderpraatjies en hy sal nie kommentaar lewer daarop nie.   Die Sunday Times het berig dat drie “anonieme bronne” bevestig het

Lees verder: Wie het Zuma probeer vergiftig?

Spinnekopsy of klipmosseltande?

Spinnekopsy mag dalk sy aanspraak verloor dat dit die sterkste natuurlike materiaal bekend aan die mensdom is, nadat wetenskaplikes bevind het dat die tande van klipmossels nóg sterker is, het Reuters berig. Spinnekopsy word hoog geag deur wetenskaplikes op grond van sy krag en struktuur, maar wetenskaplikes in Brittanje het vasgestel dat klipmossels se tande

Lees verder: Spinnekopsy of klipmosseltande?