Spinnekopsy of klipmosseltande?

Spinnekopsy mag dalk sy aanspraak verloor dat dit die sterkste natuurlike materiaal bekend aan die mensdom is, nadat wetenskaplikes bevind het dat die tande van klipmossels nóg sterker is, het Reuters berig.

Spinnekopsy word hoog geag deur wetenskaplikes op grond van sy krag en struktuur, maar wetenskaplikes in Brittanje het vasgestel dat klipmossels se tande se struktuur só sterk is dat dit met groot welslae nageboots kan word.

Dié soort struktuur kan gebruik word om F1-renvoertuie, bote en vliegtuie te vervaardig.

Die span het die gedetailleerde meganiese gedrag van die tande uit klipmossels met atoomdrukmikroskopie ondersoek, ‘n metode wat gebruik word om materiaal tot op die vlak van die atoom uit te pluis.

Hulle het gevind dat die tande ‘n harde mineraal bekend as goethiet bevat.

Die navorsing is Woensdag in die wetenskaplike joernaal, Interface gepubliseer.

Klipmossels se supertande moet oor rotsoppervlaktes rasper en alge vir voeding afskraap wanneer die gety in is.

Navorsers het ontdek dat die vesel van goethiet net die regte grootte is om ‘n sterk saamgestelde struktuur te bou.

4 thoughts on “Spinnekopsy of klipmosseltande?”

  1. As ek reg onthou:

    Die knopiespinnekopsy word vervaardig deur bio-ingeneurswese van ‘n gistingsproses. Weet nie hoe nie – [sal moet oplees] E-Coli [die kiem in ons drukkies] word aangewend en geneties ‘geprogrammeer’ om die sysous in ‘n brousel te vervaardig.

    Met sentrifuge oa word die gom van die goggos geskei en die taaaaai sy draadjies uitgerek tot verstommende lengtes uit ‘n spuitjie uit, .bv.

    Die knopiespinnekopsy breek nie en is onmiddellik droog en ligter en sterker as Kevlar.

    Ontsaglik sterk wanneer geweef. Gebruike van pantserklere koeelvaste baadjies tot brugkabels!!

    Verstommende bio-ingeneurswese.

    Ek verstaan die Chinese is voor in die koor met hierdie moderne antieke tegnologie waarmee Noag begin het.- naamlik die gistingsproses vir menslike gebruik.

    http://www.jove.com/about/press-releases/39/the-future-biomaterial-manufacturing-spider-silk-production-from

Maak 'n opvolg-bydrae