Nederlandse navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat die Maleisiese vlug MH17 afgeskiet is deur ‘n “Russies-vervaardigde Bukmissiel, afgevuur deur rebelle in Oos-Oekraïne”, het ‘n Nederlandse dagblad, die Volkskrant, Dinsdag berig. Die finale verslag is amptelik onthul by ‘n Nederlandse militêre basis by Gilze Rijen waar joernaliste verbied is om vrae te stel. Die Boeing
Skoppensboer: Obama en Mandela wen Nobelprys vir ‘n tweede keer
In ‘n verrassende skuif het die Nobelpryskomitee sy vorige besluit hersien en die 2015 Nobelprys vir Vrede gesamentlik aan die Amerikaanse president Obama en postuum aan Nelson Mandela toegeken. “Die besluit was nie ‘n maklike een nie,” het ‘n woordvoerder van die Noorse Nobelpryskomitee verduidelik. “Beide Obama en Mandela het bygedra tot globale vrede!” ‘n
Lees verder: Skoppensboer: Obama en Mandela wen Nobelprys vir ‘n tweede keer
Aartsbiskop voor vir albino-moord
Die Aartsbiskop van die Sioniste Kerk, Bhekukufa Sambonga Gumede en nog drie mense verskyn vandag in die Manguzi-landdroshof in KwaZulu-Natal vir die moord op ‘n 21-jarige albino meisie. Thandazile Mpunzi is verlede jaar vermoor en haar liggaam is geskend. Die biskop het glo drie mans gehelp om die liggaam te skuif en self sekere liggaamsdele
Nog ‘n trein ontspoor in die Noord-Kaap
Beamptes van Transnet se spoorvragafdeling is besig met opruimingswerk nadat ‘n goederetrein Sondag tussen Noupoort en Colesberg in die Noord-Kaap ontspoor het. Transnet-woordvoerder, Mike Asefovitz, sê die trein met 29 waens wat motors vervoer het, het kort voor 14:00 ontspoor. Volgens hom was die trein van Port Elizabeth onderweg na Kaalfontein naby Pretoria. Hy sê
Veldbrande woed in Vrystaat, Limpopo
Verskeie wegholveldbrande het die afgelope naweek in winderige toestande oor die Vrystaat en Limpopo heen gewoed, maar inligting oor die omvang van die skade en die gebiede wat geraak is, word nog ingesamel. Boere en plaaswerkers het by Working on Fire-personeel aangesluit in ‘n poging om die verwoestende veldbrande in die Waterberg-gebied buite Modimolle in
ANC stoom voort met verengelsingsplan vir skole
Voorstelle ter beperking van die magte van skoolbeheerliggame is glo deel van ‘n voorgestelde wysigingswetsontwerp van die departement van Basiese Onderwys. Die departement wil inmeng met die aanstelling van die bestuur en skoolhoofde, en wil skole dwing om Engels as die taal van onderrig te aanvaar. Dié maatreël is in die besonder gemik teen Afrikaanse
Lees verder: ANC stoom voort met verengelsingsplan vir skole
Boer wat swarte skiet kry borg
‘n Wit boer van Noordwes is borgtog toegestaan van R5000 nadat hy in hegtenis geneem is omdat hy na bewering ‘n swarte op ‘n fiets geskiet het. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het gesê die 48-jarige Cornelius Geldenhuys sal op 7 Desember weer in die Koster-landdroshof verskyn. Geldenhuys het na bewering die 41-jarige Salomo Quku, Saterdag om
AgriSA ‘verbaas’ oor 50-50-grondvoorstel
Die uitspraak oor die 50-50-voorstel, die naweek tydens die ANC-hoofraadsvergadering, maak nie sin nie. Dit, volgens AgriSA se Annelize Crosby, wat meen daar is in die verlede goeie vordering gemaak met die bespreking van dié kwessie, waarvolgens boere die helfte van hul plaas met werkers moet deel. Sy sê die minister van grondhervorming en landelike
Dan Roodt: NG Kerk: Gebruik homo-kwessie om APK en NGK te herenig
Die nuus dat die NG Kerk se Algemene Sinode onder druk van ‘n linkse faksie van kultuurmarxistiese akademici besluit het om homoseksualiteit vanuit die Bybel te regverdig, het skokgolwe deur die kerk gestuur en vrese vir skeuring word deur verskeie predikante geuiter. Dié stap van die NG Kerk verteenwoordig net nóg ‘n mislike stasie op
Lees verder: Dan Roodt: NG Kerk: Gebruik homo-kwessie om APK en NGK te herenig
Polisie ontplooi teen bendes op Oos-Rand
‘n Swaar polisieteenwoordigheid op Etwatwa en Daveyton aan die Oos-Rand sal na verwagting verseker dat onderrig sonder probleme kan voortgaan wanneer die skole vir die vierde kwartaal heropen, het RSG berig. Dit volg na voorvalle van boendoegeregtigheid deur woedende lede van die gemeenskap wat ‘n plaaslike bende aangeval het wat na bewering die gemeenskap van
