Veldbrande woed in Vrystaat, Limpopo

Verskeie wegholveldbrande het die afgelope naweek in winderige toestande oor die Vrystaat en Limpopo heen gewoed, maar inligting oor die omvang van die skade en die gebiede wat geraak is, word nog ingesamel.

Boere en plaaswerkers het by Working on Fire-personeel aangesluit in ‘n poging om die verwoestende veldbrande in die Waterberg-gebied buite Modimolle in Limpopo te blus.

Die gebiede by Alma en Vaalwater word ook geraak. Vyftien brandbestrydingspanne van Limpopo, Mpumalanga en Gauteng is in die gebied ontplooi.

Die brand het Vrydag in droë veld ontstaan te midde van die hittegolf oor die gebied.

Die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Malcolm Proctor sê dit is nog te vroeg om te sê hoeveel hektaar die naweek in brande verwoes is, maar sowat 62 000 hektaar veld is al sedert die begin van die jaar in die Vrystaat vernietig.

Dit teenoor die meer as 350 000 hektaar, dieselfde tyd verlede jaar. Hy skryf die afname toe aan ‘n brandsiklus.

Proctor sê in die afgelope twee weke is sowat 25 000 hektaar veld in hoofsaaklik die Vrystaat se hoof reënvalgebiede, wat die oostelike deel van die provinsie insluit, vernietig.

Dit is gebiede langs die Lesotho-grens en gebiede soos Harrismith wat aangrensend aan KwaZulu-Natal is.

Hy waarsku die brandgevaarindeks is steeds baie hoog.

Intussen is ‘n brandbestryder volgens die SABC doodgebrand terwyl hy gehelp het om die veldbrande buite Vaalwater in Limpopo te bestry.

Vliegongeluk by Meksikaanse grens eis vier

Vier mense is in ‘n vliegtuigongeluk Sondag dood toe twee klein vliegtuie in suidelike Kalifornië in Amerika naby die Meksikaanse grens gebots het.

Een van die vliegtuie is ‘n twee-motorige Sabreliner en die ander een ‘n enkel-motorige Cessna 172, het AFP berig.

Die ongeluk het naby die Brown Field-lughawe in San Diego gebeur, het die Los Angeles Times berig. Dit het die lewe van vier mense geëis en klein veldbrande veroorsaak, luidens die San Diego Union-Tribune.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, aangesien die lugvaartowerhede se ondersoek nog voortduur.

Vier veldbrande woed in Krugerwildtuin

Die Nasionale Krugerwildtuin het sy kommer oor veldbrande in die park uitgespreek.

Die park se woordvoerder, William Mbasa, sê vier veldbrande woed tans en personeel moet bontstaan om die brande onder beheer te bring. Warm toestande die afgelope week maak dit nog moeiliker, het hy gesê.

Hy het ‘n dringende beroep op mense in die omgewing gedoen om nie veldbrande te stig nie.

Volgens Mabasa, het ‘n veldbrand Vrydag in Mosambiek uitgebreek en daarna oor die grens binne die Park beweeg.

Die veldbrand het intussen weiding suid van die Olifantsrivier, by Houtboschrand, Nwanetsi en Tshokwane vernietig.

Mbasa sê alles moontlik word intussen gedoen om die brande te blus.

Brande teister Vrystaat

veldbrandBrandspanne het hul hande vol in die Vrystaat waar veldbrande woed. ‘n Sterk wind blaas die vlamme aan en die droë toestande vererger die situasie.

‘n Groot brand woed tussen Rosendal en Fouriesburg. Daar is ook brande op Rouxville, Zastron, Wepener, Hobhouse en Paul Roux.

Twee plaashuise het afgebrand en duisende hektaar weiveld is reeds vernietig.

Spanne van Working on Fire, boere en plaaswerkers bestry die brande. – RSG

Zimbabwe se ‘nuwe boere’ stig veldbrande

Toenemende veldbrande ondermyn voedselproduksie in Zimbabwe. Die veldbrande word begin deur Mugabe se “nuwe boere”, op die onteiende plase van blankes.

Mugabe se “nuwe boere” het reeds die afgelope maand sowat 46 000 hektaar landbougrond verwoes, omdat hulle veldbrande aansteek, wat dan handuit ruk.

Zimbabwe het ook geen vermoë om veldbrande te blus nie. Verder word die onteiende plase tussen ‘n klomp mense opgedeel wat geen moeite doen om voorbrande te maak nie. Dit maak die verspreiding van veldbrande vanaf een lappie grond na ‘n ander veel makliker.

в бассейнtopcargo отзывы сотрудников