ANC nie eerlik oor moedertaalonderrig nie

Statistiek toon Engels is al hoe meer besig om moedertaalonderrig in Afrikaans en ander tale uit die onderwysstelsel te druk. Uit antwoorde op parlementêre vrae oor die aangeleentheid deur ‘n opposisieparty blyk dit dat veral Afrikaans die grootste verloorder is. Net in Gauteng is sowat ʼn kwart van Afrikaanse skole sedert 2002 na Engels-medium verander.

Lees verder: ANC nie eerlik oor moedertaalonderrig nie

Vaal stofkleed trek oor groot dele van die land

Die nagliggies in Johannesburg was Donderdagaand in ‘n vaal stofkleed gehul. Die Suid-Afrikaanse weerdiens sê die sandstorm wat dele van die Vrystaat getref het, het Gauteng en Noordwes en die oostelike dele van die Noord-Kaap ook getref. Geringe skade is in Bloemfontein aangeteken toe ‘n plakkerhut en twee bome deur die storm weggewaai is. Skade

Lees verder: Vaal stofkleed trek oor groot dele van die land

SAOG weer deel van Veiligheidsraad

Met die verkiesing van Angola tot die Veiligheidsraad, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap SAOG, weer ‘n setel op die Raad bekom. Die algemene vergadering van die VN het Donderdag vyf nuwe nie-permanente lede verkies wat twee jaar op die Veiligheidsraad sal dien. Die ander vier lande wat verkies is, is Venezuela, Maleisië, Nieu-Seeland en Spanje. Die

Lees verder: SAOG weer deel van Veiligheidsraad

NUMSA betoog oor lokomotieftenders

Die metaalwerkersvakbond, NUMSA, sê hulle lede word afgedank omdat buitelandse maatskappye tenders ontvang het om lokomotiewe te bou. Dié tenders is aan Chinese en Noord-Amerikaanse maatskappye toegeken vir die bou van meer as ‘n duisend lokomotiewe. Dié buitelanders het SEB-vennote in Suid-Afrika. Die Guptas en Duduzane Zuma is die belanghebbendes in die strategiese lokomotiefsubkontrakteringsmaatskappy wat

Lees verder: NUMSA betoog oor lokomotieftenders

Stormwolke pak weer saam in Lesotho

Die bemiddelaar van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, adjunkpresident Cyril Ramaphosa, moet ‘n nuwe politieke storm in Lesotho ontlont voordat die parlement weer byeenkom. Ramaphosa woon vandag die heropening van die land se parlement by, het RSG berig. Lesotho se adjunk eerste minister, Mothetjoa Metsing sê sy party, die LCD, aanvaar nie die eerste minister, Tom Thabane

Lees verder: Stormwolke pak weer saam in Lesotho

Wit Amerikaners vrees dat swartes draers van ebola is

‘n Vliegtuig van Nigerië wat Donderdag op JFK lughawe in New York geland het met ‘n manlike passasier aan boord, se medepassasiers is onthuts nadat die swarte tydens die vlug gesterf het na ernstige braking. Die swarte het wel aan ernstige braking gely, maar CDC-amptenare sê dit was nie agv ebola nie. Die 63-jarige se

Lees verder: Wit Amerikaners vrees dat swartes draers van ebola is

Afrikasokkertoernooi skuif dalk na SA oor ebola-gevaar

Suid-Afrika en Ghana is deur die organiseerders van die Afrikabeker-toernooi versoek om dié sokkerskouspel in 2015 aan te bied as Marokko weens die ebola-gevaar as gasheerland onttrek. Die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) se sekretaris-generaal, Hicham El Amrani, het’n aantal Afrika-federasies skriftelik genader. ‘n Uittreksel uit die brief lui: “Indien Marokko as gasheerland onttrek, wil CAF

Lees verder: Afrikasokkertoernooi skuif dalk na SA oor ebola-gevaar

Tastic-produkte bevat skadelike kleurstof

Tiger Brands se Tastic Simply Delicious-rys-in-sous-produkte bevat ‘n verbode chemiese kleurstof wat DNS-skade en kanker kan veroorsaak. Die maatskappy het die produkte inderhaas van winkelrakke verwyder nadat dit positief getoets is vir die karsinogeniese chemiese kleurstof Sudan Red. Meer as 100 voedselprodukte wat in 2005 positief getoets is daarvoor is uit die handel verwyder, maar

Lees verder: Tastic-produkte bevat skadelike kleurstof

Zuma en SA Jode stem saam oor ‘twee-staatoplossing’ vir Israel

President Jacob Zuma en die SA Joodse raad van afgevaardigdes het ooreengekom om ‘sonder ophou’ te werk om die twee-staatoplossing vir die konflik tussen Israel en die Palestyne te ondersteun. Die raad se voorsitster, Mary Kluk, het gister gesê dat die raad met Zuma vergader het en hom ingelig het oor die vyandige omgewing en

Lees verder: Zuma en SA Jode stem saam oor ‘twee-staatoplossing’ vir Israel

Agri SA en Nkwinti is dit roerend eens oor grondhervorming

Agri SA en Gugile Nkwinti, die minister van landelike ontwikkeling en grondsake het mekaar gister gevind toe Agri SA grondhervorming heelhartig omhels het. Trouens, Nkwinti was selfs onkant gevang deur die mate waartoe die boere bereid is om die ANC se grondhervormingsplanne deur te voer. Volgens berigte het Nkwinti sy voorbereide toespraak “opsy geskuif” en

Lees verder: Agri SA en Nkwinti is dit roerend eens oor grondhervorming