Mensbeendere in Tiger Brands se silo gevind

Forensiese toetste deur die polisie sal bepaal wat die oorsaak van vermoedelik ‘n man se dood is nadat menselike beendere verlede maand in ‘n silo in Potchefstroom gevind is.

Polisiewoordvoerder in Noordwes, Paul Ramaloko, sê die produksiebestuurder van King Foods in die stad het op 19 Junie op die beendere tussen mielies in ‘n silo afgekom.

Hy het die polisie en die provinsiale gesondheidsdepartement in kennis gestel. King Foods is ‘n divisie van Tiger Brands.

Ramaloko sê dit wil voorkom om die beendere al vir maande in die silo was.

Ramaloko vra mense met inligting om hul naaste polisiekantoor te skakel.

Tastic-produkte bevat skadelike kleurstof

Tiger Brands se Tastic Simply Delicious-rys-in-sous-produkte bevat ‘n verbode chemiese kleurstof wat DNS-skade en kanker kan veroorsaak.

Die maatskappy het die produkte inderhaas van winkelrakke verwyder nadat dit positief getoets is vir die karsinogeniese chemiese kleurstof Sudan Red.

Meer as 100 voedselprodukte wat in 2005 positief getoets is daarvoor is uit die handel verwyder, maar Tastic het aangehou om dié produkte te verkoop ten spyte van die gevaar wat dit inhou.

Volgens Naresh Singh, besturende hoof van Tiger Brands se rys-en-pasta-afdeling, is 17 000 sakkies onttrek.

Die Simply Delicious-reeks word in Indië vervaardig. Die produkte is ook positief getoets vir Methyl Yellow, ook ‘n verbode kleurstof.

Tiger Brands sal glo aanhou om hulle produkte te versprei as dit “veilig” is.