praag.co.za

Mensbeendere in Tiger Brands se silo gevind

Written by

in

,

Forensiese toetste deur die polisie sal bepaal wat die oorsaak van vermoedelik ‘n man se dood is nadat menselike beendere verlede maand in ‘n silo in Potchefstroom gevind is.

Polisiewoordvoerder in Noordwes, Paul Ramaloko, sê die produksiebestuurder van King Foods in die stad het op 19 Junie op die beendere tussen mielies in ‘n silo afgekom.

Hy het die polisie en die provinsiale gesondheidsdepartement in kennis gestel. King Foods is ‘n divisie van Tiger Brands.

Ramaloko sê dit wil voorkom om die beendere al vir maande in die silo was.

Ramaloko vra mense met inligting om hul naaste polisiekantoor te skakel.

Comments

4 responses to “Mensbeendere in Tiger Brands se silo gevind”

  1. Liefdeskind Avatar
    Liefdeskind

    Silo = Graan = Albany, Fattis & Moni, Golden Cloud = Brood-pasta-koeklose jaar vir my!

  2. eduard Avatar
    eduard

    Net soos wat hulle ‘n makatees se lyk in een van die woonstel geboue in Sunnyside se watertenk gekry het nadat iemand gekla het oor die slegte water.

  3. Statetheobvious Avatar
    Statetheobvious

    Stik ek nou aan my Post Toasties

  4. Andy van Vuuren Avatar

    Dit was, of ‘n mielie dief, of ‘n personeellid.
    So, was daar nie dalk ‘n personeel lid vermis aangemeld nie?
    Met dit op die tafel en met DNA toetse sal daar mos bepaal kan word wie die rot in die silo was.
    Siedaar, saak opgelos.
    Hy’t geglip en verstik.
    Terloops vermoedellik word daardie mielies uitgevoer Zimbabwe toe. (:-(

Leave a Reply