praag.co.za

Tag: newcastle

  • Afrikasokkertoernooi skuif dalk na SA oor ebola-gevaar

    Suid-Afrika en Ghana is deur die organiseerders van die Afrikabeker-toernooi versoek om dié sokkerskouspel in 2015 aan te bied as Marokko weens die ebola-gevaar as gasheerland onttrek.

    Die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) se sekretaris-generaal, Hicham El Amrani, het’n aantal Afrika-federasies skriftelik genader.

    ‘n Uittreksel uit die brief lui: “Indien Marokko as gasheerland onttrek, wil CAF vasstel of u federasie bereid sal wees om die 2015 Afrikabeker-toernooi aan te bied. “Let asseblief daarop dat hierdie skrywe aan onderskeie federasies uitgestuur is.

    Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging sal môre ontmoet om “die haalbaarheid” te ondersoek het woordvoerder Dominic Chimhavi telefonies aan Bloomberg gesê.

    Marokko het vir uitstel gevra nadat ebola meer as 4000 mense in Wes-Afrika se dood veroorsaak het, het Chimhavi gesê.

    Suid-Afrika het die toernooi in 2013 aangebied en Ghana is ook gevra om op ‘n gereedheidsgrondslag te wees om die toernooi aan te bied, het Citi FM berig.

    Guinee, Liberië en Sierra Leone word die hardste getref deur ebola wat in Desember uitgebreek het. Gevalle van die siekte kan aansienlik ondergerapporteer wees in Afrika, volgens die Amerikaanse Centre for Disease Control.

    Verskeie swart spelers leef in Europa, en afrigters daar kla oor die verlies van spelers in die middel van die Europese seisoen.

    Die Engelse Premierliga-span Newcastle het gesê hulle het ‘n strategie in plek om die gesondheid van sy Afrikaspelers en hul families te monitor.

    “Hulle is noodsaaklik vir ons en ons dokter het gekyk na die probleme wat mag ontstaan, na ​​beskerming ook vir hulle gesinne, en om seker te maak ons doen ons heel beste om hulle te help,” het Newcastle se bestuurder Alan Pardew gesê.

  • Drie plaasaanvallers vas

    Drie plaasaanvallers vas

    newcastleDrie mans wat van die moord op ’n boer van Newcastle beskuldig word, is Dinsdagoggend in hegtenis geneem, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

    Kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, het gesê die mans sal Woensdag in die Newcastle-landdroshof verskyn.

    Die drie staan tereg op aanklagte van moord, huisbraak, diefstal en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

    Die 44-jarige Timothy Green is Sondagaand op sy plaas doodgeskiet. – Sapa

  • Rugbyspelers vas na verkragting

    Ses spelers van die Huddersfield Giants-rugbyklub in Engeland is na ‘n beweerde voorval van verkragting in hegtenis geneem.

    Dié rugbyspelers is deur die polisie in Newcastle ondervra nadat ‘n 22-jarige vrou beweer het dat sy Dinsdag verkrag is.

    Richard Thewlis, die besturende direkteur van die Huddersfield Giants, het gesê dat ‘n interne ondersoek na die beweerde voorval geloods is.

     

    освещение лестницы в деревянном доме фотоАлександр Фильчаков