Zuma en SA Jode stem saam oor ‘twee-staatoplossing’ vir Israel

President Jacob Zuma en die SA Joodse raad van afgevaardigdes het ooreengekom om ‘sonder ophou’ te werk om die twee-staatoplossing vir die konflik tussen Israel en die Palestyne te ondersteun.

Die raad se voorsitster, Mary Kluk, het gister gesê dat die raad met Zuma vergader het en hom ingelig het oor die vyandige omgewing en intimidasie waarmee die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika te kampe het.

Mary Kluk by die wêreld- Joodse kongres
Mary Kluk by die wêreld- Joodse kongres

“Zuma het alle vorme van anti-Semitisme en onverdraagsaamheid verwerp… (hy) en die raad het hul steun vir die twee-staatoplossing uitgespreek waarmee Israel en Palestina naas mekaar in vrede kan bestaan en het Suid-Afrika se bereidwillligheid herhaal om alle kante te ondersteun om ‘n oplossing te vind,” sê sy.

Volgens Kluk het Zuma die Joodse raad verseker dat sy regering nie anti-Semitiese vooroordeel en intimidasie sal aanvaar nie.

Op haar beurt sê sy dat die raad die regering se nasionale ontwikkelingsplan ten volle goedkeur en dat die Joodse gemeenskap met die toepassing daarvan sal saamwerk.

Die vergadering is in Pretoria gehou. Zuma is vergesel van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, die minister in die presidensie, Jeff Radebe, die minister van vroue in die presidensie, Susan Shabangu, asook die direkteur-generaal in die presidensie, dr Casius Lubisi.

Cosatu, die ANC se alliansievennoot, en ander drukgroepe het reeds hul onomwonde steun aan die Palestyne toegesê en betoog gereeld teen die Palestynse besetting.

Israel word ook ‘n “rassistiese apartheidsbewind” genoem wat duisende mense vermoor het wat teen sy “koloniale” besetting van Palestina gekant is.

Die Amerikaanse taalkundige en skrywer Noam Chomsky, het ook gesê dat die beleid van Israel teenoor die Palestyne “veel erger as Suid-Afrikaanse apartheid is”.

11 thoughts on “Zuma en SA Jode stem saam oor ‘twee-staatoplossing’ vir Israel”

      1. Ek verbeel my Rabin was vermoor nadat hy vrede met Arafat gemaak het soos per Clinton? Maar jy is reg, Rabin was nie onafhanklik vanaf die Palestyne nie, maw die jode maak bv nie vir Netanyahu dood nie. Met so ‘n voorbeeld moet ons eintlik vir FW aanvat. Dit laat my dink hoe die Jode hulle interne weerstandiges altyd op die voorste linies geplaas het as daar oorlog was. Ons het dit nie gedoen nie, ook nie die swartes uitgeroei soos die Australiers nie, kan ‘n volk(ie) wat homself nie vasvat nie, ooit iemand anders vas vat? Kan ‘n ouer wat nie homself kan disiplineer nie, ooit sy kinders dissiplineer? Ek wonder deesdae baie oor volhoubaarheid…

        1. Dit is so waar wat jy daar sê…

          Ek het in die weermag begin rook – simpel, maar lekker gewees… In kort, jare daarna ten spyte van berou, het ek gevoel ek kan nie ophou daarmee nie!

          Raai hou het ek opgehou? Deur presies die beginsel wat jy noem toe te pas!

          Nadat ek (letterlik) eenkant met myself die volgende gesprek gehad het: “Wanneer jou kinders iets doen wat hulle nie mag nie, praat jy een, dalk twee keer daaroor – en verwag dat hulle dit nie weer sal doen nie. Moet nie van hulle verwag, wat jy nie as ‘n volgroeide man as uiters moeilik beskou nie. Staak jou rokery onmiddellik!” Ek het die sigarette en aansteker in my hempsak gehou – maar dit nie gerook nie.

          So absurd as wat dit mag klink vir jou het dit werklik plaasgevind. Met die Heer se genade kan ek eerlik aan jou sê dat ek daardie dag en daarna nog nooit weer gerook nie. Dit het so vyf jaar terug gebeur.

          1. Naand Dolk,
            ek het die voorreg gehad om deel te wees van die Jesus Passie “So moes die liefde ly” wat 1995 die laaste keer in die Kango grotte uitgebeeld was.
            8 April 1995 toe die bus met ons vertrek na Oudtshoorn, het ek vir my Skepper gesê, nooit weer rook ek nie.
            Ek koop nie, en ek bedel nie n sigaret by enigiemand nie, KLAAR.
            Ek het nooit weer gerook nie. Dit is selfdissipliene wat gepaard gaan met n wilsbesluit.
            Geluk, ons trek saam die wederkoms tegemoed.
            Seëngroete.

    1. Ek glo dat afskeiding van Israel as voorbeeld kan dien vir die Afrikaner. Maar die Afrikaner het nie ‘n Afrikaner Raad nie. Ek weet nie eintlik wat ons meer het nie. Want die verligtes omarm alles on die swart angs te akkommodeer. Is swart angs werklik die hoofdrywer nogsteeds?

    2. Die verskil is dat dit hier gaan oor die heil van die jode – enige iets wat hulle heil bevorder is goed in die wêreld se oë. As daar egter iets gedoen moet word om die Afrikaner se heil te bevorder staan die wêreld dit teë.

      Verder het ons te veel wat as deel van ons gesien (Hulle is en was nog nooit) word wat pro integrasie is wat ook nog teen ons skree.

      Maar soos jy tereg sê die deur is op ‘n skrefie oop.

  1. “Die Amerikaanse taalkundige en skrywer Noam Chomsky, het ook gesê dat die beleid van Israel teenoor die Palestyne “veel erger as Suid-Afrikaanse apartheid is”.

    Wat niet.

    “Israel word ook ‘n “rassistiese apartheidsbewind” genoem wat duisende mense vermoor het wat teen sy “koloniale” besetting van Palestina gekant is.”

    Het racistische anc sakp schrikbewind heeft in deze moorddadige verkrachtende schurkenstaat al duizenden Boere vermoord en laten vermoorden.

  2. Die vraag is natuurlik, of hy die tweestaa-tgedagte vir Suid-Afrika ook sou aanvaar. Miskien sou hy, as die Afrikaners dit netso naarstiglik wou hê as die Palestyne. ‘n Vrotsige vryer en papbroek bakleier kom nêrens nie.

Maak 'n opvolg-bydrae