‘Afriforum is rassistiese randeiergroepie’

Afriforum het ontdek dat beskuldigings van “rassisme” en “randeiergroepie” teen PRAAG nie juis gehelp het om hul eie saak te bevorder in die buiteland nie. Dié organisasie was geheel en al uit hul diepte met hul verklarings na voorleggings oor die heropening van die grondeiseproses en plaasaanvalle in Suid-Afrika aan die VN se Menseregtekommissie-forum in

Lees verder: ‘Afriforum is rassistiese randeiergroepie’

Steve het ‘perke van sy uithouvermoë bereik’

Steve Hofmeyr het die “perke van sy uithouvermoë” bereik en het “net sy reg tot waardigheid oor”. So lui deel van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag) se verklaring wat deel is van die stukke wat vandag by die landdroshof in Randburg ingedien sal word wanneer Hofmeyr Conrad Koch in die hof pak oor sy ononderbroke veldtog om

Lees verder: Steve het ‘perke van sy uithouvermoë bereik’

Diere vrek van honger op Mandela-plaas

Karkasse van beeste wat al weke gelede weens honger en verwaarlosing gevrek het, het inspekteurs van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) op Nelson Mandela se plaas naby Qunu in die Oos-Kaap begroet. Die plaas is reeds van alle natuurlike weiding gestroop en die diere moes aanvullende voer kry, het die NDBV se inspekteurs aan Media24 gesê. Mandela was ironies genoeg ‘n ere-beskermheer van

Lees verder: Diere vrek van honger op Mandela-plaas

Zuma verwelkom Palestynse leier in ‘bevryde sone’

Pres. Jacob Zuma het Woensdag pres. Mahmoed Abbas van Palestina op sy eerste staatsbesoek in Pretoria verwelkom. Die president het Nelson Mandela aangehaal waar hy die Palestyne se vryheidstrewe met dié van Suid-Afrika verbind. Zuma het Suid-Afrika se steun aan die Palestyne se onafhanklikheidstrewe toegesê: “Ons sal julle met elke tree bystaan, wat dit ookal verg. “Julle het aangedui watter soort

Lees verder: Zuma verwelkom Palestynse leier in ‘bevryde sone’

Steve Hofmeyr-teisteringsaak môre in Randburgse Landdroshof

Die teisteringsaak wat dr. Dan Roodt as belanghebbende namens Steve Hofmeyr behartig, begin môre (Donderdag 27 November) om 9:00 in hof 21 by die Randburgse Landdroshof. Teenoor hom is die buikspreker Conrad Koch wat op Twitter as die pop Chester Missing allerlei beledigings teenoor Hofmeyr kwytgeraak het en ook ‘n veldtog teen die borge van

Lees verder: Steve Hofmeyr-teisteringsaak môre in Randburgse Landdroshof

Merkel woedend oor NAVO-referendum

Duitse kanselier Angela Merkel se regering is woedend oor President Petro Poroshenko se plan om ‘n referendum te hou oor die Oekraïne se aansluiting by NAVO. Duitsland beskou dit as ‘n doodloopstraat wat onnodige spanning aanblaas met Rusland. Volgens Duitse amptenare is só ‘n plan om die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie oos uit te brei eenvoudig nie op die tafel vir Merkel nie.

Lees verder: Merkel woedend oor NAVO-referendum

Rasse-oorlog oorspoel Ferguson

‘n Rasse-oorlog wat dreig om oor te spoel na die res van die land, het in die Amerikaanse dorp Ferguson in die deelstaat Missouri uitgebreek. Betogings is ook in stede regoor die land gehou en verkeer in Oakland, Chicago en New York is ontwrig. Lede van die veiligheidsmagte is in Ferguson ontplooi en moes reeds van

Lees verder: Rasse-oorlog oorspoel Ferguson

Merkbare toename in kredietkaartbedrog

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-Inligtingssentrum, of SABRIC, is onthuts oor die onlangse merkbare toename in kredietkaartbedrog. SABRIC sê die bankbedryf se verliese weens kredietkaartbedrog het van 366 miljoen rand in 2013 tot 455 miljoen rand vanjaar toegeneem. Volgens die maatskappy moet die misbruik van aanlyn-toepassings deur misdadigers wat uiteindelik ‘n bankkaart bekom, die grootste skuld kry vir die toename.

Lees verder: Merkbare toename in kredietkaartbedrog

Geen name by matriekuitslae 2014

Matriekuitslae wat in koerante gepubliseer word, gaan slegs die identiteitsnommer en eksamennommer van leerlinge bevat, het die departement van basiese onderwys Dinsdag gesê. Dié stap sal groepe waartoe uitblinkers en mislukkings behoort verdoesel. Die besluit is geneem na taakspan se aanbeveling dat die huidige konvensie om individuele leerlinge se name te publiseer, hersien moet word, het Elijah

Lees verder: Geen name by matriekuitslae 2014

Ordelys vir Nasionale Vergadering bespreek

Die Nasionale Vergadering se Programkomitee vergader vandag om die program vir môre se sitting te finaliseer wat deur die Speaker, Baleka Mbete, byeengeroep is om onopgeloste kwessies af te handel. Die komitee is die Parlementêre struktuur wat die finale besluit neem oor wat tydens ‘n sitting op die ordelys behoort te wees, het RSG berig.

Lees verder: Ordelys vir Nasionale Vergadering bespreek