‘Afriforum is rassistiese randeiergroepie’

Afriforum het ontdek dat beskuldigings van “rassisme” en “randeiergroepie” teen PRAAG nie juis gehelp het om hul eie saak te bevorder in die buiteland nie.

Dié organisasie was geheel en al uit hul diepte met hul verklarings na voorleggings oor die heropening van die grondeiseproses en plaasaanvalle in Suid-Afrika aan die VN se Menseregtekommissie-forum in Genève, Switserland.

‘n Suid-Afrikaanse amptenaar het Afriforum as ‘n randeiergroepie beskryf en die VN skerp gekritiseer omdat hulle nie akkreditering van deelnemers aan die Forum se aktiwiteite met sorg gedoen het nie.

Die amptenaar het verwys na AfriForum en TLU SA as “randeier-organisasies” en na die VF + as ‘n “oorblyfsel uit die apartheidsjare”.

Sy het gesê hulle hunker terug na wit oorheersing en probeer om die regering se programme te diskrediteer wat daarna streef om ‘n demokratiese samelewing te bou wat gebaseer is op ‘n enkele nasionale identiteit en die beginsel van Ubuntu.

Afriforum het in ‘n daaropvolgende verklaring beklemtoon dat geen beskuldiging gemaak is teen die regering van ‘n volksmoord nie, en alleen die staat se onwilligheid om plaasaanvalle te verklaar ‘n prioriteitsmisdaad, is deur hulle geopper.

Die Vryheidsfront Plus het voorleggings oor die heropening van die grondeiseproses en kommer oor plaasaanvalle in Suid-Afrika aan die VN se Menseregtekommissie-forum in Genève, Switserland voorgelê.

Die partyleier, Pieter Mulder, sê hulle het vier voorleggings aan die VN-forum oor plaasaanvalle, grondeise, regstellende aksie en wat hulle genoem het, die aftakeling van Afrikaans, gedoen.

Mulder het die forum gevra om aan te beveel dat die VN se Sekretaris-Generaal ‘n volledige ondersoek doen om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om doeltreffende maatreëls in te stel om ‘n einde aan die gruweldade te maak.

Mulder het ook aan die forum gesê die heropening van die grondeise bedreig voedselsekuriteit.

15 thoughts on “‘Afriforum is rassistiese randeiergroepie’”

  1. ja in deze racistische schurkenstaat is de toevoeging van ook maar 1 blanke aan een dubieuze anc sakp politiek getrouwe MRK, die nou weer het sleuren aan een politiek gevangen genaamd Clive Derby Lewis ‘gaat bekijken’, al teveel gevraagd.

    En ‘nasiebou’ mag onder de ogen van de VN zomaar miljoenen levens kosten en met Plaasmoord voorop een heel Christelijk volk onderdrukken, verjagen en uitroeien alsof het de industriële moordmachine destijds onder de ogen van Volkenbond en buitenlandse diensten van de Sovjet Unie betreft.

  2. Toevallig algar instellings wat in selfskending en besete ywer hulle tot rasloosheid probeer transformeer het wat in Switserland paradeer. Hulle is meegevoel onwaardig.
    ‘n Mens het maar altyd jou bedenkinge in oefeninge waarby die VN as skeidsregter optree, die VN wat nog nooit ‘n geheim gemaak het van sy wrewel teen die Afrikaner nie, hoekom sal dit nou skielik anders wees. Net deurdat die woordoorvloedige kommunikasiekundige Pieter Mulder deel het aan die poging, nee wat.
    Die beste wat ‘n mens kan skryf oor hul stramme buiginge daar, is dat hulle ‘n papierspoor en rekord van die aanslag op die Afrikanervolk daar laat. Die oefeninge herinner in vele opsigte aan die taamlik onlangse voorlegginge aan die SA Menseregtekommissie (dit was mos in Krugersdorp?), dieselfde skepsels en organisasies wat bevoorreg word om hul sê te sê.
    Nou ja. Dan was AfriForum, VF Plus en TLU SA behalwe vir Krugersdorp darem ook vanjaar in Switserland. Moet heerlik wees, die gestralejakkery. Seker darem op VN-onkoste.

  3. Ek veskil heeltemal met die VF+ wat – tog so polities korrek – verklaar dat grondeise voedselsekerheid bedreig; op dieselfde trant as sommige landbou-unies. Die ANC-regime se eng ideologiese bril het absoluut geen saak met voedselsekerheid en moontlike hongersnood nie! Jy beindruk hulle geensins deur gedurig “voedselsekerheid” te skreeu nie. Hulle wil jou Boeregrond vat en klaar! Kyk maar net Noord!!! Vir my as Boer gaan dit eerder daaroor dat ons historiese Boeregrond, waarop ons ‘n geldige eis het, deur die regime vervreem word – grond waarop die swart volke geen aanspraak het nie!

    1. Vrystater – Geen swarte steur hulle aan voedsel sekerheid
      nie – hulle is gewoond daaraan dat hulle regering almal dikgevreet lê en slaap
      in die parlement terwyl hulle stemvee hulle hele lewe lank hongger ly. Stemvee
      weet nie wat voedsel sekerheid beteken nie – dit beteken vir hulle in elkgeval net
      wat hulle ken en dit is honger ly. Mulder het nie sy vinger op die pols nie en
      sal dit ook nooit hê nie – hy is te besig om die ANC se goeie wil vir eie gewin
      te poleer.

      1. Vir die gemiddelde ANC-ondersteumer is “food security” iets soos die Fidelity Guards. En wat maak hulle met so iets as hulle klaar Oemkontoe, die SANW én die SAPD het. En as die kos die dag regtig opraak? Dan daag die VN se vragvliegtuie op, land sommer op die naaste sokkerveld en laai sakke meel, sojaboontjies en ‘n paar kratte Switserse sjokolade af. How’s that for food security, Moena!

    1. Eerste reël van oorlog: Moenie op jou vriende oorlog maak nie.

      Toe ‘n Duitse generaal gevra is waar hulle die Tweede Wêreldoorlog verloor het – Stalingrad? – het hy geantwoord: “Nee, veel vroeër, toe ons die Duitse vlag oor Kiëf gehys het.”

      Die Oekraiene was dus nie Duitsland se vyand nie, hulle het eerder die Russe gehaat, maar die Duitsers het nietemin teen ‘n potensiële bondgenoot oorlog verklaar.

      1. Manfred ek stem wel saam met jou…..maar soos nou was daar ook baie Russies gesinde Oekrainer wat partisanselle gevorm het en anvalle op Duitse troepe uitgevoer het. Dit was n ‘moelike situasie as jy (net so in ons geval!) nie weet wie is friend en wie is vyand nie

  4. Uit watter perspektief ookal ‘n mens hierdie siuasie beskou, bly dit ‘n tragedie dat Afrikaners, in die haglike situasie waarin hulle is, mekaar kan afkraak, ondermyn, beswadder en beledig. Wat ‘n tragedie
    wat ‘n tragedie.

  5. Ek wonder as ek vir Afriforum, TLU SA, en VF+ vra om bietjie vir my navraag by die VN se Sekretaris-generaal te doen oor onderstaande brief wat ek nou al drie keer van hom ontvang het en my besonderhede aangestuur het, maar nog die oorbetaling ontvang het nie.

    UNITED NATIONS ORGANIZATION

    PALAIS DES NATIONS, 1211 GENEVA 10,

    SWITZERLAND.

    Dear Email Owner/Fund Beneficiary,

    IRREVOCABLE PAYMENT ORDER VIA ATM CARD

    We have actually been authorized by the newly appointed United Nation secretary general, and the governing body of the UNITED NATIONS Monetary Unit, to investigate the unnecessary delay on your payment, recommended and approved in your favor. During the course of our investigation, we discovered with dismay that your payment has been unnecessarily Delayed by corrupt officials of the Bank who are Trying to divert your funds into their private accounts.

    To forestall this, security for your funds was organized in the form of your personal Identification number (PIN) ATM CARD and this will enable only you to have direct Control over your funds in the ATM CARD. We will monitor this payment ourselves to avoid the hopeless situation created by the Officials of the bank.

    An irrevocable payment guarantee has been issued by the World Bank Group and the International Monetary Fund (IMF) on your Payment. However, we are happy to inform you that based on our recommendation/Instructions; your complete Inheritance funds have been credited in your favor through ATM VISA CARD.

    You are therefore advice to contact:

    Dr.Brian Robertson

    Director ATM Payment Department

    (HSBC Bank Plc United Kingdom)

    Email Address: online.atmdept@yahoo.com.hk

    Direct Office lines: +44-741-847-8591

    Fax Number: +44-844-774-4980

    Contact him now for the delivery of your ATM Card. As soon as you establish a contact with him, an ATM card will be issued to you immediately which you can use to withdraw your funds in any Bank ATM Machine in your Country, but the maximum is $5000 per day. So if you like to receive your funds through this means you’re advised to contact (Dr.Brian Robertson) with the following information as stated below:

    1. Your Full Name:

    2. Address Where You Want the Courier Company to Send Your ATM Card

    To or (P.O Box)

    3. Your Age:

    4. Occupation:

    5. Telephone Numbers:

    6. Country:

    NOTE: You are advised to furnish Dr. Brian Robertson with your correct and valid details. Also be informed that the amount to be paid to you is £1,000,000,00GBP. We expect your urgent response to this email to enable us monitor this payment effectively thereby making contact with DR .BRIAN ROBERTSON as directed to avoid further delay.

    Congratulations.

    MR. KASSYM-JOMART TOKAYEV

    DIRECTOR-GENERAL

    UNITED NATIONS ORGANIZATION

Maak 'n opvolg-bydrae