Steve het ‘perke van sy uithouvermoë bereik’

Steve Hofmeyr het die “perke van sy uithouvermoë” bereik en het “net sy reg tot waardigheid oor”.

So lui deel van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag) se verklaring wat deel is van die stukke wat vandag by die landdroshof in Randburg ingedien sal word wanneer Hofmeyr Conrad Koch in die hof pak oor sy ononderbroke veldtog om Hofmeyr skade te berokken en te belaster.

Luidens die verklaring moet die actio iniuriarum, waarvolgens iemand geregtig is op die beskerming van sy goeie naam en van sy persoonlike integriteit, wat sy private lewe insluit, ook deur die hof oorweeg word.

“Die klaer sou nie die hof genader het vir die beskermingsbevel as hy (Hofmeyr) nie reeds die perke van sy uithouvermoë bereik het wat betref die aanstootlike gedrag van die respondent nie,” lui die verklaring.

Hofmeyr het reeds ’n tussentydse beskermingsbevel teen Koch verkry. Die bevel verbied Koch om Hofmeyr te dreig, te teister of te belaster. Hy word ook verbied om Hofmeyr, sy borge of sakevennote op enige manier te kontak.

Koch het glo dié bevel bowendien verontagsaam.

Luidens die hofstukke het Hofmeyr finansiële skade gely omdat Koch uitlatings gemaak het teenoor Hofmeyr se sakevennote en borge. Koch het die borge van die Afrikaans is Groot-konserte (AIG) op Twitter gekontak om hulle te dwing om hul ondersteuning te onttrek.

Volgens Hofmeyr se eie verklaring het Pick n Pay en Land Rover hulle aan volgende jaar se AIG-konsertreeks onttrek. Hy meen dit is regstreeks te wyte aan die onbillike en kwaadwillige wanvoorstelling van (sy) menings oor apartheid deur Koch.

“Die borgskap van Pick n Pay aan AIG bedra R4 miljoen en dié van Land Rover R1 miljoen, dus R5 miljoen,” het Hofmeyr in die hofstukke verklaar.

Hofmeyr verwys ook na ’n twiet van Koch op Twitter wat lees: “Hey @woolworths_sa, @flysaa, @etvsa is it true that you are sponsoring this racist apartheid denialist. @steve_hofmeyr says you are.”

“Hier kontak die respondent direk drie van my borge, nieteenstaande die bestaan van ’n hofbevel,” sê Hofmeyr.

In die hofstukke word verder aangevoer dat Hofmeyr ook die steun van Life-gesondheidsdiens, Tsogo Sun en Williams Hunt verloor het.

“My konsert by Kirkwood-wildsfees is gekanselleer vanweë besware deur Absa en SA Brouerye (SAB), wat dieselfde soort behandeling as Pick n Pay en Land Rover vrees,” sê Hofmeyr.

Die Kirkwood-wildsfees in die Oos-Kaap vind in Junie 2015 plaas.

“Tot dusver is ek nie deur die KKNK of Innibos vir hul kunstefeeste aanstaande jaar genooi nie, wat ’n aanduiding is dat hulle dieselfde optrede deur die respondent en sy netwerk (van) medepligtiges vrees.”

Pick n Pay het Woensdag teruggekrabbel en gesê “geen besluit is geneem oor die borgskap vir die konsert in 2015 nie.”

Volgens Janico Dannhauser, handelsmerkbestuurder van Land Rover, is nog geen aankondigings oor hul borgskap van AIG gemaak nie.

Koch het Hofmeyr van “apartheidsontkenning” beskuldig asof dit een of ander misdryf sou verteenwoordig.

Daar bestaan nie in Suid-Afrika só ‘n oortreding nie, dus is dit onverklaarbaar hoe Koch dit as sy “grondwetlike plig” kan beskou om Hofmeyr “aan die kaak te stel”.

Koch is vroeër vanjaar skerp gekritiseer vir sy eie rassisme deur swartes wat sy vertoning as “blackface” getipeer het omdat hy homself voordoen as “gekleurd” met sy pop maar eintlik wit is.

21 thoughts on “Steve het ‘perke van sy uithouvermoë bereik’”

  1. ‘apartheidsontkenning’ gebaseerd op een eigen totalitaire propagandistische lezing is met name een onderdeel van het probleem in deze huidige gefaalde gewelddadige racistische staat die er misdaad omarmend standaard op los liegt en verzwijgt aan de hand van een bende egoïstische corrupte over het paard getilde quasi ‘verzetshelden’ breed uitgesmeerd over de politiek en met name de anc sakp.

    De leugen regeert en voor ‘s lands bestwil is tegengeluid als dat van Steve gebaseerd op feiten onontbeerlijk. Het alhier gebruikelijk wegstoppen en intimiderend overschreeuwen ervan is onderdrukking.

  2. Iewers word genoem dat buikspreker Koch in sy hofstukke aanvoer dat Steve Hofmeyr en Dr Roodt ‘n “marginale groepie” uitmaak, dat hulle die steun van 1% Afrikaners het en dat ‘n “Hoofstroomorganisasie soos Afriforrum hom van hulle distansieëer”.
    Die saak gaan basies om die kwessie van lasterlike bewerings wat teen Steve Hofmeyr gemaak is en waardeur hy skade berokken is. Die aard of omvang van Dr Roodt en Steve Hofmeyr se openbare steun is dus net totaal irrelevant. In ‘n aangeleentheid soos hierdie kan sefls ‘n enkele indiwidu, d.w.s. iemand wat 0% openbare steun het, in sy eie naam in geding tree. Dit lyk asof die pop na strooi gryp om homself op te stop.

      1. Weet jy ek is verstom dat Dr Dan kalm gebly het van sulke blatante intimiderende “gekochel”. Wat ‘n onsmaaklike flippen karakter is hy nie.
        Baie geluk Dr Dan.
        As dit Eugene Terblanche was sou daardie pop lankal in flarde gewees het. he, he.

        NS. Dankie Kaylee dat jy dit met ons deel. mooi naweek.

      2. Dankie vir die plasing, Kaylee … ek wonder oor die absurditeit daarvan – om met iemand te moet argumenteer wat op die grond sit, en ‘n pop in jou gesig druk – en die kameras is op jou en jou respons tot die pop (nie die man wat op die grond sit … en die pop beheer en sy woorde sê nie). Aaklige situasie …

        Ek besef dat “Hindsight is 20/20” http://www.urbandictionary.com/define.php?term=Hindsight%20is%2020%2F20 Phrase used to describe the fact that it is easy for one to be knowledgable about an event after it has happened.”

          1. “sou dit totaal verloor het” … ek heel moontlik ook…

            “Dr Roodt het die situasie redelik goed hanteer” … ek dink hy het dit PUIK HANTEER!

            As Koch (voor my) op die vloer gesit het, en met sy pop my probeer koggel … was hy vanaand nog in sy joodse tandarts se stoel – hul probeer my staalpunt-myners-skoen tussen sy voortande verwyder sonder om almal te breek

          2. Steve Hofmeyr moet vanuit hierdie konteks verstaan word. Soos
            waarskynlik geen ander figuur onder Afrikaners nie versinnebeeld hy die
            wete dat ons as volk, kultuur-gemeenskap of groep deur die liberale orde
            met sy dwang tot standaardisering uitgesluit word; dat ons geen
            sinvolle inspraak in sake het wat vir ons van belang is nie; dat ons
            deur die bestaande ordes tot ’n posisie van radikale onmag gereduseer
            word;

            En soos in die nuwe populistiese bewegings wêreldwyd besef Hofmeyr
            dat indien die eie gemeenskap nie by wyse van protes van homself laat
            hoor nie, die staatlike orde eenvoudig sy wil tot standaardisering
            roekeloos sal deurvoer. Teenoor die abstrakte wêreld van staat en
            ekonomie word daarom ook die partikuliere gemeenskap, die spesifieke
            plek, die besonder instelling geplaas. Deur hierdie dinge op te eis, kan
            die tirannieke abstraksie wat die ordes is, weggedruk en weer ruimtes
            vir kollektiewe vryhede oopgemaak word.

            Kortom, ten grondslag van die populistiese Hofmeyr lê die gedagte dat
            gemeenskappe ruimtes sal moet oopmaak tussen die staat en die individu
            waar gemeenskappe ’n gemeenskaplike lewe kan voer; waar hulle
            selfstandig oor hulself kan besluit, en vanwaar hulle op ’n sinvolle
            wyse kontinuïteit aan hulself sal kan gee.

            Geen wonder dat Hofmeyr met soveel agterdog deur die media bejeën
            word (of die aandag dikwels weg van die openbare sake na sy persoonlike
            lewe verplaas word) nie. In die populistiese kragte wat hy beliggaam, lê
            ’n enorme uitdaging vir die bestaande kontrak opgesluit.

            In die hart van die argument teen die populisme staan die gedagte dat
            dit “onverdraagsaam” is (hoor wie praat!). In der waarheid word die
            populisme gevoed deur die gedagte van ’n plurale demokrasie waarin die
            veelheid erken en nie aan die verstikkende dwang tot eenvormigheid
            onderwerp word nie.

            Laasgenoemde is ook van Hofmeyr waar. In weerwil van die dikwels
            moedswillige indruk wat van hom geskep word asof hy ’n soort
            onverdraagsame politiek voorstaan, word die “Hofmeyr-populisme” deur
            radikale demokratiese – of pluraal-demokratiese – impulse gemotiveer. In
            hierdie sin verteenwoordig hy ’n alternatief op sowel die era van
            apartheid as die bestaande liberale hegemonie.

            Enigeen wat soek na alternatiewe op die liberale bedeling van vandag,
            moet in die populisme bemoedigende tekens van ’n alternatief raaksien.
            Dit is ook waar van Steve Hofmeyr en die populistiese kragte wat hy
            beliggaam.

            Uittreksel van vroeëre artikel deur Danie Goosen, FAK

          3. As julle so oor Koch voel, hoe dink julle voel Chester Missing. Hy gaan deur hel. Daai klonkie lyk vir my hoeka soos ‘n onderbetaalde AMCU-skaggrawer in ‘n Joodse platinummyn kort voor hy by Marikana afgemaai is. Doen vir koggel-Joodjie ‘n guns en stuur vir hom ‘n nuwe pop sodat ou Chester kan aftree. Wat van Miss Piggy?

          4. Stel ook ‘n nuwe naam vir Miss Piggy voor. Iets soos Wonderkop. Of Wonderpop? Of wat van Piggy Wonder?

Maak 'n opvolg-bydrae