Appèluitspraak oor Kaapstad-asielkantoor voorbehou

Uitspraak is in die Appèlhof in Bloemfontein voorbehou in die saak oor die sluiting van die vlugtelingontvangskantoor in Kaapstad. Die departement van Binnelandse Sake appèlleer teen ‘n uitspraak van die Wes-Kaapse hooggeregshof wat bevind het dat die departement se sluiting van die kantoor onregmatig was. Die departement hou vol dat die besluit regmatig was en

Lees verder: Appèluitspraak oor Kaapstad-asielkantoor voorbehou

ANC sê DA-saak teen buitelandse kiesers maak nie sin

Die ANC sê die DA het oorreageer deur hom tot die Hooggeregshof te wend oor ‘n wetsontwerp wat mense wat in die buiteland woon kan verhoed om vir die provinsiale verkiesings te registreer. Die ANC se hoofsweep, Stone Sizani, sê die DA se besluit om hom tot die hof te wend oor ‘n wetsontwerp wat

Lees verder: ANC sê DA-saak teen buitelandse kiesers maak nie sin

Polisielid en SAID-werknemer vas vir dwelmsmokkel

‘n Polisielid en ‘n amptenaar van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verskyn vanoggend in die landdroshof op Komatipoort op aanklagte van dwelmsmokkelary. Hulle is by die Lebombogrenspos in Mpumalanga in hegtenis geneem omdat hulle blykbaar ‘n taxibestuurder van Mosambiek gehelp het om dwelmmiddels na Suid-Afrika te smokkel. “Die polisieman het ‘n taxi wat van Mosambiek op pad

Lees verder: Polisielid en SAID-werknemer vas vir dwelmsmokkel

Amerikaanse aanval op Sirië: Eerste hindernis oorgesteek

‘n Amerikaanse Senaatskomitee oor buitelandse betrekkinge het ‘n resolusie aanvaar ten gunste van militêre ingryping in Sirië, in weerwil van groot teenkanting wat onder gewone kiesers heers. Tien senatore het ten gunste van die resolusie gestem, sewe daarteen en een het aangedui dat hy “teenwoordig” is. Die Senaat, wat deur die Demokrate beheer word, sal

Lees verder: Amerikaanse aanval op Sirië: Eerste hindernis oorgesteek

Groot dele van Johannesburg sonder krag

Groot dele van Johannesburg is sedert Woensdag sonder elektrisiteit. Dit sluit die SAUK in wat reeds meer as 18 uur op noodkrag loop. Duisende betalende inwoners is verontrief weens die kragonderbreking wat talle woonbuurte lamlê. Die woonbuurte wat geraak word sluit Houghton in waar oudpresident Nelson Mandela tans glo tuis aansterk, asook Alexandra. Privaatkontrakteurs is

Lees verder: Groot dele van Johannesburg sonder krag

Stand van die Praagse lente/kultuuroorlog

deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Met die boikot teen Naspers in volle swang, soek die magtige mediagroep nou raad by die Engelse, want hulle weet nie meer hoe om ons te hanteer nie. Die pas aangestelde redakteur van Beeld, Adriaan Basson, voorheen van City Press, is slegs

Lees verder: Stand van die Praagse lente/kultuuroorlog

Wetsontwerp op Regspraktisyns is ANC-transformasieslenter

Pogings van die ANC om debat rondom die omstrede Wetsontwerp op Regspraktisyns in die parlement te vermy, is ‘n bewys daarvan dat die wetsontwerp bloot ‘n rookskerm van die ANC is om die regsprofessie te transformeer tot ANC-beheer, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor justisie en grondwetlike ontwikkeling. Die wetsontwerp

Lees verder: Wetsontwerp op Regspraktisyns is ANC-transformasieslenter

‘n Afrikanerkalkoen se eiertjie oor die demockracy

deur Manfred Delport [followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Volg Manfred op Facebook. Ek het dit geniet om prof Danie Goosen se rubriek oor die demokrasie te lees. Alhoewel ek seker is Dan sal hom ook beantwoord, sal ek ook my eiertjie lê, al is ek ‘n selferkende leek in die politieke wetenskap. Eerstens sou ek reageer

Lees verder: ‘n Afrikanerkalkoen se eiertjie oor die demockracy

Goudstaking skop af

Werksaamhede word vanoggend ingekort by die Goldfields South Deepmyn op Westonaria suidwes van Johannesburg. Sowat 80 000 werkers wat tot die NUM behoort het die Kamer van Mynwese se verhoogde salarisaanbod van 6,5 persent verwerp en begin staak. Slegs kontrakwerkers het vandag vir diens aangemeld. Daar is onbevestigde berigte dat hulle met die opsegging van

Lees verder: Goudstaking skop af

Libië staar oor die afgrond

‘n Bietjie minder as twee jaar gelede het Philip Hammond, die Verdedigingsekretaris, Britse sakemanne uitgenooi om te deel in die heropbou van Libië en die verwagte aanvraag in natuurlike hulpbronne te ontgin . Libië het egter intussen feitlik heeltemal die produksie van olie laat vaar omdat die regering beheer verloor het oor groot dele van

Lees verder: Libië staar oor die afgrond