praag.co.za

Wetsontwerp op Regspraktisyns is ANC-transformasieslenter

Written by

in

,

baliePogings van die ANC om debat rondom die omstrede Wetsontwerp op Regspraktisyns in die parlement te vermy, is ‘n bewys daarvan dat die wetsontwerp bloot ‘n rookskerm van die ANC is om die regsprofessie te transformeer tot ANC-beheer, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor justisie en grondwetlike ontwikkeling.

Die wetsontwerp het dit ten doel om ’n enkele landwye regsliggaam tot stand te bring om die bestaande prokureursordes en balierade te vervang.

Adv. Alberts sê benewens die feit dat dit prokureurs en advokate se grondwetlike regte van vryheid van assosiasie en die eiendomsregte van bestaande prokureursordes en balierade tot niet sal maak, is dit ‘n kwalik verbloemde poging van die ANC om groter beheer te verkry oor die regsberoep.

Hy sê die huidige stelsel van prokureursordes en balierade is oor eeue gevestig en dien die belange van die publiek goed, nieteenstaande die hoë kostes in hoër howe.

“Die VF Plus is gekant teen die wetsontwerp en beskou dit as deel van die ANC se oorhoofse transformasie-poging om beheer oor die regsprofessie te verkry.

“Indien die ANC ernstig was oor die verbetering van toegang tot regshulp, moes hy ‘n algemene regsfonds gestig het wat almal tot die vlak van middelklas kan finansier in ernstige sake soos kriminele sake en groot siviele eise.

“Indien die wetsontwerp deurgevoer word, sal dit sleg inwerk op die regbank van Suid-Afrika en sal dit tot nadeel wees van al die land se mense,” sê adv. Alberts.

Comments

8 responses to “Wetsontwerp op Regspraktisyns is ANC-transformasieslenter”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Hulle wou presies dieselfde met die Ingenieurs doen. Hulle wou ECSA en daarmee saam al die verskillende verskillend liggame wat raadgee aan die regering. Hulle wou ook ander liggame daarstel wat dan natuurlik getransformeer sou wees om eerder die rol oor te neem.

    Sover ek weet het hulle dat baklei en toe die regering oortuig om ECSA te behou.

    Hulle probeer sover moontlik blankes met die volk vervang en die volk is nie noodwendig opgewasse vir die taak nie maar dit pla die regering nie ‘n snars nie – hulle mag net nie WIT wees nie.

    1. Boerewitman1 Avatar
      Boerewitman1

      Wat my bloed baie duk maak en die are baie din, doelbewus so skryf, moet my nie kritiseer nie, is dat die Blankes steeds uitgekryt word as rassiste. Hulle die swart gepeupel bewys dan die teenoorgestelde. hulle is die rassiste, ons word afgedank, alles wat vir ons kosbaar en edel is wat van ons ontneem, self ons werk. Wees eerlik en kyk om u hoeveel Blankes het oor die afgelope jaar verarm. Jy sal verbaas staan as jy net om jou gaan kyk

      1. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Daar stem ek saam. Ons word as die rassiste uitgekryt – maar daar word nie besef dit is ‘n tweerigting pad nie. Hier in ons omgewing is baie straatbedelaars (almal blank) – ek sien hoe mense sukkel om kop bo water te hou. Kyk met watter salarisse begin die jong blankes teenoor die jong swartes.
        Wat my nog meer boos maak is dat daar blankes is wat hiermee saamgaan! Ek het nou juis ‘n oorhandiging van ‘n projek aan ‘n kliënt en deel daarvan is opleiding. Nou moet ek sy werker leer maar die een is so arrogant en weet van beter dat dit my teen die mure uitdryf.

        1. Boerewitman1 Avatar
          Boerewitman1

          Leer hom verkeerd. As hy droogmaak, fire hulle hom dan kan jy weer die werk doen op n kontrak basis . Dan klap jy hulle.

  2. Willy Avatar
    Willy

    As ‘n mens kyk na die lande om ons waar ‘n sogenaamde grondwet is sal gesien word dat die regsprofessie getransformeer word tot die regerende party, of liewer die diktatorskap. Hier probeer die regerende party dit lankal doen. Nou en dan kom hulle met ‘n nuwe idee. Tot op hede is hulle nie baie suksesvol want die regsprofessie is oorwegend blank. Zuma sal nie ophou probeer want sien hoeveel uitstaande sake is daar teen hom.

    1. Boerewitman1 Avatar
      Boerewitman1

      Willy, ek sal nogal daarvan hou om te sien watter sake en wat behels dit alles. Waar gaan ek daardie inligting kry. Kan jy help, asb

      1. Willy Avatar
        Willy

        Môresê Boerewitman. Ek hoor by ‘n familielid wat in die regsposisie is dat dit korrupsie sake is.
        Ek sal vir haar vra om die inligting deur te gee.

        1. Boerewitman1 Avatar
          Boerewitman1

          Goeiemore Willy, Dit sal gaaf wees. ‘n Ou moet dit sommer hier publiseer sodat die ouens kan sien wie en wat die karakter is.

Leave a Reply