Geen demokrasie vir Somalië nie

Somalië sal op 30 Oktober na die stembus gaan vir presidentverkiesings. Parlementêre verkiesings sal volgende maand begin. Maar dit sal nie gewone verkiesings wees nie.

Internasionale ondersteuners van die Somaliese regering hoop dit sal ’n lankverwagte terugkeer van stabiliteit in die land bring.

Die Verenigde Nasies geborgde federale span vir die implementering van verkiesings het met die land se streekleiers en die president vergader om die verkiesingskalender op te stel.

Verkiesings vir die lede van die parlement sal vanaf 24 September tot 10 Oktober gehou word.

Westerse hulporganisasies het die land aangemoedig om so gou moontlik te stem.

Somaliese owerhede en internasionale borge moes ‘n plan bedink om demokrasie af te skaf grootliks te wyte aan “sekuriteitsuitdagings” vir die Westers-gesteunde regering wat met ‘n Islamitiese opstand te kampe het.

Lede van die nuwe parlement van Somalië wat verkies word vanjaar moet aansluit by ‘n politieke party binne twee jaar of bedank as deel van pogings om stampolitiek te keer, het ‘n forum van die plaaslike en nasionale leiers besluit.

In plaas daarvan, sal sowat 14.000 uitgesoekte mense van federale state die 275 lede van die laerhuis van die parlement aanwys.

Hoewel dit ‘n fraksie van Somalië se 11 miljoen mense verteenwoordig, is dit klaarblyklik al manier waarop die Weste die Moslems uit die regering kan hou.

Daar sal dus geen kieserregistrasie plaasvind nie.

Kieserregistrasie sluit vandag

Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK
Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK

Stemgeregtigde kiesers het nog tot vanmiddag tyd om te registreer om in die algemene verkiesing op 7 Mei te stem.

President Jacob Zuma het Vrydag aangekondig dat hy en die nege provinsiale premiers die nasionale en provinsiale verkiesing vandag sal proklameer.

Die hoofverkiesingsbeampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die OVK sal bykomende personeel by plaaslike kantore ontplooi.

Hulle sal toesien dat alle stemgeregtigde kiesers wat vanmiddag om vyfuur in die tou is, kans kry om te registreer.

Min jong kiesers stel in politiek belang

iecMinder as die helfte van kiesers jonger as 30 jaar is geregistreer vir die 2014- nasionale verkiesings.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het Woensdag gesê boonop is slegs 8,7Minder as die helfte van kiesers jonger as 30 jaar is geregistreer vir die 2014- nasionale verkiesings.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het Woensdag gesê boonop is slegs 8,7% van diegene tussen 18 en 19 geregistreer, in vergelyking met registrasie van meer as 90% vir die ouer ouderdomsgroepe.

Die kommissie se voorsitter, Pansy Tlakula, het aan die media gesê : “Op 31 Oktober was daar 23 139 142 geregistreerde kiesers, wat 73,6% van die stemgeregtigdes verteenwoordig.”

Tlakula het die media ingelig oor die kommissie se registrasienaweeek.

“Al 22 263 stemlokale landwyd sal Saterdag en Sondag vanaf 8:00 tot 17:00 oop wees sodat mense kan registreer.”

% van diegene tussen 18 en 19 geregistreer, in vergelyking met registrasie van meer as 90% vir die ouer ouderdomsgroepe.

Die kommissie se voorsitter, Pansy Tlakula, het aan die media gesê : “Op 31 Oktober was daar 23 139 142 geregistreerde kiesers, wat 73,6% van die stemgeregtigdes verteenwoordig.”

Tlakula het die media ingelig oor die kommissie se registrasienaweeek.

“Al 22 263 stemlokale landwyd sal Saterdag en Sondag vanaf 8:00 tot 17:00 oop wees sodat mense kan registreer.” – Sapa

ANC sê DA-saak teen buitelandse kiesers maak nie sin

Vuvuzille blaas teen buitelandse kiesers
Vuvuzille blaas buitelandse stemme aan

Die ANC sê die DA het oorreageer deur hom tot die Hooggeregshof te wend oor ‘n wetsontwerp wat mense wat in die buiteland woon kan verhoed om vir die provinsiale verkiesings te registreer.

Die ANC se hoofsweep, Stone Sizani, sê die DA se besluit om hom tot die hof te wend oor ‘n wetsontwerp wat nog deur die parlement oorweeg word, maak nie sin nie.

Die DA en nog nege applikante het hofstukke oor die saak by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien. Die DA se uitvoerende voorsitter, James Selfe sê hulle wil hê dat Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, stemgeregtig is vir sowel die nasionale as die provinsiale verkiesings.

Hulle glo dat die wet ongrondwetlik mag wees omdat dit die reg tot ‘n provinsiale stem uitsluit. Die DA wil sodoende verhoed dat kiesers in die buiteland net in 2014 hul stemme uitbring.

Die Vryheidsfront Plus het aan Suid-Afrikaners die reg om te registreer en te stem in aanstaande jaar se algemene verkiesing besorg. Dr. Corné Mulder, VF Plus-woordvoerder oor binnelandse sake, sê dit is belangrik dat voornemende kiesers in die buiteland opnuut bewus gemaak word van hul regte.

In hierdie verband sal die VF Plus van sosiale media soos Facebook en Twitter gebruik maak om die bepalings en implikasies van die nuwe opsie om wel in die buiteland te registreer en te stem, sterk uit te dra.

Dr. Corné Mulder sê hierdie vergunning is bereik nadat die party tot in die Grondwethof daarvoor geveg het.

Met die vorige verkiesing het die VF Plus ‘n groot aksie gedryf om Suid-Afrikaners in die buiteland bewus te maak van die feit dat hulle mag stem en die party was ook aktief betrokke om voornemende kiesers behulpsaam te wees met administratiewe prosesse om hul stem uit te bring.

“Die VF Plus het vir hierdie reg van alle Suid-Afrikaners tot in die Grondwethof gestry.  Ons sal hierdie nuwe werklikheid onder die aandag van Suid-Afrikaanse burgers wêreldwyd bring omdat die 2014-verkiesing baie belangrik gaan wees.

Voor die VF Plus se oorwinning was net Suid-Afrikaanse regeringspersoneel, toeriste, studente en sportlui wat aan internasionale wedstryde in die buiteland deelgeneem het, toegelaat om te stem.