Minder as die helfte van kiesers jonger as 30 jaar is geregistreer vir die 2014- nasionale verkiesings.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het Woensdag gesê boonop is slegs 8,7Minder as die helfte van kiesers jonger as 30 jaar is geregistreer vir die 2014- nasionale verkiesings.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het Woensdag gesê boonop is slegs 8,7% van diegene tussen 18 en 19 geregistreer, in vergelyking met registrasie van meer as 90% vir die ouer ouderdomsgroepe.
Die kommissie se voorsitter, Pansy Tlakula, het aan die media gesê : “Op 31 Oktober was daar 23 139 142 geregistreerde kiesers, wat 73,6% van die stemgeregtigdes verteenwoordig.”
Tlakula het die media ingelig oor die kommissie se registrasienaweeek.
“Al 22 263 stemlokale landwyd sal Saterdag en Sondag vanaf 8:00 tot 17:00 oop wees sodat mense kan registreer.”
% van diegene tussen 18 en 19 geregistreer, in vergelyking met registrasie van meer as 90% vir die ouer ouderdomsgroepe.
Die kommissie se voorsitter, Pansy Tlakula, het aan die media gesê : “Op 31 Oktober was daar 23 139 142 geregistreerde kiesers, wat 73,6% van die stemgeregtigdes verteenwoordig.”
Tlakula het die media ingelig oor die kommissie se registrasienaweeek.
“Al 22 263 stemlokale landwyd sal Saterdag en Sondag vanaf 8:00 tot 17:00 oop wees sodat mense kan registreer.” – Sapa

Ek neem hulle nie kwalik nie want daar kan vir niemand gestem word. Die een is net so “useless” soos die ander volgens my. Die statistiek sal min of meer dieselfde lyk vir dié bo dertig.
Dis waar direkte demokrasie beter werk as party politiek. Ek hou van die jeug wat nie in die politiek belangstel nie dis minder steun vir die ANC regime.
Dis net hoe jy daar sê Dieannerou.
Soms wonder ek of ek nie maar moet gaan stem vir die ANC of EFF nie. Want wraggies ek wil nie onder ‘n DA regering staan nie. Maar dan wil ek nie my handtekening plaas op hierdie onheilige minderheids-dominerende bestel van ons nie. Netnou dink iemand ek glo daarin.
min jong kiesers kan “politiek” spel…