Die Britse regering is besig om naarstiglik instromingsbeheer teen nie-blanke immigrante toe te pas terwyl kritici hom van “rassisme” beskuldig. Die eerste minister, David Cameron, het reeds verskeie kere neerhalend na voornemende immigrante wat die Mou by Calais probeer oorsteek as “swerms” verwys. Die Verenigde Koninkryk se hoofdiplomaat, die minister van buitelandse sake Philip Hammond, het die “plunderede swerwers” wat die land wil binnekom daarvan beskuldig dat hulle Brittanje en Europa se “lewenstandaard bedreig”.
In ‘n onderhoud met die BBC het Hammond gesê:
“Europa kan hom nie beskerm en sy lewenstandaard en maatskaplike struktuur handhaaf indien dit miljoene instromers uit Afrika moet opneem nie.”
Volgens die Guardian-koerant, die Britse Vlugtelingeraad (Refugee Council) een van die eerstes om mnr. David Cameron op Twitter te kritiseer:
Awful, dehumanising language from a world leader. https://t.co/PDc8ft179K
— Refugee Council (@refugeecouncil) July 30, 2015
Dié organisasie se woordvoerder, Dr Lisa Doyle, sê:
“Dis besonder teleurstellend om te hoor hoe die eerste minister sulke onverantwoordelike, verontmenslikende taal te gebruik om die desperate mans, vroue en kinders te beskryf wat vir hul lewens oor die Middellandse See vlug.
“Dié soort retoriek is uiters plofbaar en kom op ‘n tydstip waartydens die regering daarop behoort te fokus om saam met sy Europese eweknieë te werk om kalm en simpatiek op dié aaklike humanitêre krisis te reageer.”

Linkse en liberale webblaaie het sowel die Britse eerste minister as sy buitelandse minister van “rassisme” beskuldig en dat hulle die Britse Wet op rassebetrekking van 1976 oortree.

