Polisielid en SAID-werknemer vas vir dwelmsmokkel

Komati
Komati

‘n Polisielid en ‘n amptenaar van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verskyn vanoggend in die landdroshof op Komatipoort op aanklagte van dwelmsmokkelary.

Hulle is by die Lebombogrenspos in Mpumalanga in hegtenis geneem omdat hulle blykbaar ‘n taxibestuurder van Mosambiek gehelp het om dwelmmiddels na Suid-Afrika te smokkel.

“Die polisieman het ‘n taxi wat van Mosambiek op pad was, deursoek terwyl die bestuurder sy paspoort laat stempel het. Kokaïen met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R3 miljoen is in ‘n plastiekhouer gevind,” sê kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga.

Die konstabel het na bewering die SAID-werknemer, wat nie aan diens was nie, gebel om die dwelms na sy huis te neem.

‘n Polisie-operasie was reeds aan die gang nadat beamptes ‘n wenk ontvang het oor die taxi wat die land binnekom. Die polisiebeampte is in hegtenis geneem.

“Nadat die konstabel aangekeer is, het hy ons na die ander verdagte se huis geneem, waar hy die dwelms oorhandig het en in hegtenis geneem is.”

Die drie verskyn Donderdag in die Komatipoort-landdroshof.

10 thoughts on “Polisielid en SAID-werknemer vas vir dwelmsmokkel”

      1. Ons moet soms werk ook! 🙂
        My raad vir dwelms is as volg: As jy met dwelms gevang word dan moet jy alles in jou besit binne ‘n kort tydjie – sê ‘n uur – gebruik. As jy oorleef is jy vry om te gaan want dan is jy heelwaarskynlik een van die arme mense wat in die kloue van dwelms vasgevang is. As jy meer het dan gaan jy heelwaarskynlik omkom en dan is jy ‘n verspreider en verdien die lot van die dood vir al die lewens wat jy verwoes.

Maak 'n opvolg-bydrae