praag.co.za

Goudstaking skop af

Written by

in

,

goldfieldsWerksaamhede word vanoggend ingekort by die Goldfields South Deepmyn op Westonaria suidwes van Johannesburg. Sowat 80 000 werkers wat tot die NUM behoort het die Kamer van Mynwese se verhoogde salarisaanbod van 6,5 persent verwerp en begin staak. Slegs kontrakwerkers het vandag vir diens aangemeld. Daar is onbevestigde berigte dat hulle met die opsegging van hul kontrakte gedreig is indien hulle sou wegbly. Om twaalf-uur vanmiddag gaan daar ‘n massabyeenkoms en betoging by die suidelike skag wees, waar die mynbestuur, die SAKP, Cosatu en die burgerlike organisasie, SANCO die werkers sal toespreek. Sekuriteit is by die myn verskerp.

Die Suid-Afrikaanse kamer van koophandel en nywerheid sê intussen goudprodusente se salarisaanbod moet in die regte perspektief gesien word. Goudprodusente sê die huidige ekonomiese toestande in Suid-Afrika het bygedra tot die finale salarisaanbod. ‘n Woordvoerder van die kamer, Peggy Drosky sê beide werkgewers en vakbonde moet bereid wees om opofferings te maak. Drosky sê werkers het dalk werklike behoeftes, maar maatskappye moet ook winsgewend wees om te kan voortgaan om mense in diens te neem. Volgens Drosky moet daar ‘n duideliker definisie wees van wat ‘n ordentlike lewenspeil in Suid-Afrika is.

In ‘n afsonderlike voorval, het betogers myngereedskap by ‘n skag van Anglo-Platinum se Twickenhammyn buite Burgersfort in Limpopo aan die brand gesteek en verskeie voertuie beskadig. ‘n Plaaslike munisipale raadslid, Vincent Mpofela sê ‘n elektriese transformator is ook afgebrand. Inwoners verkwalik die myn omdat plaaslike werkers afgelê word, terwyl werkers uit ander provinsies aangestel word. Die myn-bestuur was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Die vakbond die NUM gaan nie afsien van sy eis vir ‘n 15 persent verhoging vir sy lede in die konstruksiebedryf nie. Dit volg nadat die vakbond BCAWU vroeër ‘n aanbod van ‘n 10 persent verhoging deur die Suid-Afrikaanse federasie van kontrakteurs in siviele ingenieurswese aanvaar het. BCAWU verteenwoordig 40 000 konstruksiewerkers. Die NUM, wat die meerderheidsvakbond is, eis ook ‘n minimumloon van R5 500, bonusse en ‘n mediese fonds pakket. Die vakbond se sekretaris in KwaZulu-Natal, Bongani Manyoni sê vakbondleiers gaan na verwagting môre byeenkom om te bespreek hoe die staking uitgebrei kan word. Manyoni sê hulle wil hê werkgewers moet besef dat hulle ernstig is oor hulle eise.

Werknemers by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg kla dat hulle toegang tot die SAL-kantore sowel as die tegniese perseel geweier word. Dit wil voorkom asof dit deur stakende tegniese personeel veroorsaak word. Werkers wat aan die vakbond, Satawu verbonde is, staak reeds twee weke lank omdat hulle op hoër salarisse aandring. Na bewering is gisteraand se nagskofwerkers ook nie toegelaat om die gebou te verlaat nie. – RSG

Comments

8 responses to “Goudstaking skop af”

  1. Trippie Trip Avatar
    Trippie Trip

    80 000 !?!?!?!
    Liewe ouers, en die salarisaanbod word steeds verwerp … nee, laat gaan hierdie spul, daar is ontsaglik baie Blankes wat BID vir ‘n nederige inkomste.
    En so word diegene wat WIL werk, en BESEF HULLE MOET WERK om kos op die tafel sit, geintimideer !
    Ek is maar te dankbaar met my 3% verhoging – steeds is daar BAIE privaat-maatskappye, ens. wat geen verhoging / bonus gee nie.
    Klou maar verbete aan my werk, te dankbaar daarvoor.

  2. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Oom siener se voorspellings kan nie meer geignoreer word nie.

    1. Krygspraktisyn Avatar
      Krygspraktisyn

      Lankal nie meer nie

  3. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    As die unies so aangaan is daar binnekort nog 120 000 werkers met hulle groot uitgebreide families wat met die bakhand gaan staan en vir “grants” vra. Ekonomiese realiteite is nou maar een maal nie die sterkpunt van die Afrikaan en sy blanke meelopers die liberaal verkramptes nie – glo mos vas in Keynes se ekonomiese teoriee al word dit hoeveel keer as ‘n skreiende mislukking uitgewys

  4. Boerseun.Z.A.R Avatar
    Boerseun.Z.A.R

    Ag,$hame…Slim vang sy baas.

  5. Willy Avatar
    Willy

    Nou gaan die geweld begin en die polisie word ingeroep en daar word op oproermakers geskiet en dan huil hulle en dis almal se skuld behalwe die hooligans sn. En dan volg ondersoek op ondersoek hoekom het hulle die hooligans nie soos wetgehoorsame landsburgers behandel nie. Dan kyk Zuma en Malema wie is eerste daar om verkiesingspunte te “score” Klink dit nie baie bekend nie? Die ironie van die saak is dat mens nie ‘n siener hoef te wees om hulle modus operandi uit te werk nie.

    Amper vergeet. As daar vrek geskiet is, dan moet ons, die belastingbetalers die begrafnisonkostes dra.

  6. Seg Net Avatar
    Seg Net

    Wat julle ook al van hierdie mense seg, een ding is verseker, hulle staan soos een man saam, of hulle nou aan die verloorkant is of nie. Ons Afrikaners kan dit by die swart volk gaan leer. Indien ons so kon saamstaan sedert 1994 het ons al baie lankal onsself regeer.

    Hier kom afbetalings en die werkloosheid syfer gaan net aanhou styg.

    1. Sakkie Cellar Avatar
      Sakkie Cellar

      As die myne bankrot is koop die EFF dit vir n appel en ei op veilings..demokratiese nasionalisering…hulle is nie aan die verloorkant nie…

Leave a Reply