Tlokwe-aansoek oor ANC-burgemeester vandag

Annette Combrink
Annette Combrink

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria sal Dinsdag ‘n aansoek deur die ANC aanhoor om die burgemeester van Tlokwe, Maphetle Maphetle, wat uit sy amp verwyder is, ongeldig te verklaar.

Die ANC wil ook ‘n raadsvergadering, waartydens die DA-raadslid, Annette Combrink as burgemeester ingestem is, nietig laat verklaar.

Die ANC erken Combrink nie as burgemeester nie en sê Maphetle is steeds in dié amp.

Combrink is vroeër die maand vir die tweede keer as burgemeester verkies sedert November toe Mpahetle ontsetel is.

Die ANC in Noordwes se dissiplinêre komitee het onlangs 14 van sy raadslede geskors toe hulle ten gunste daarvan gestem het om Maphetle uit sy amp te verwyder.

Ramaphosa, ANC-adjunkpresident, en Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal, het die stad vroeër besoek in ‘n poging om die party se sake reg te ruk. Besonderhede oor die ontmoetings, wat ‘n lekgotla in Pretoria insluit, is nie bekend gemaak nie. Die vergaderings is agter geslote deure gehou.

Sowat 4 000 mense van die Ikageng-township by die stad het verlede Vrydag na die munisipale kantore opgeruk en onder meer geëis dat Maphetle die trekpas kry. Hulle eis dat die raadslede wat uit die party geskop is omdat hulle die DA gehelp het om Maphetle uit te skop, weer moet terug.

Die hooggeregshof in Pretoria sal vandag uitspraak lewer oor die geldigheid van die raadsvergadering se besluit.

Die Tlokwe-raad bestaan tans uit 22 opposisielede (onder wie 19 DA-lede) en 20 ANC-lede.

‘Rassisme’: Suid-Afrika se grootste industrie

Volg Manfred Delport op Twitter en Facebook.

Daar is ‘n grappie wat tans per epos versprei word, wat meer as ‘n greintjie waarheid bevat. ‘n Swart seuntjie vra naamlik vir sy ma: “Mamma, wat is die demokrasie?” Sy ma antwoord toe dat demokrasie die swart meerderheid toelaat om te stem vir ‘n regering, wat dan vir hulle huise bou en allerhande toelaes betaal, vir die wit belastingbetaler se rekening. Die seuntjie vra dan vir sy ma of die witmense wat al die belasting betaal, dan nie kla daaroor nie. “Ja”, antwoord die ma, “en dít noem mens rassisme.”

Dikwels-denkbeeldige rassisme kan letterlik enige iets beteken. So, byvoorbeeld, vind Makaziwe Mandela die mediabelangstelling in haar vader se komende dood “rassisties.” Nugter weet hoe sy by dáárdie gevolgtrekking beland het, maar daar het julle dit: Dis rassisties vir Agence France-Presse om kameras buite die Pretoriase Harthospitaal op te stel.

Sou sy reg wees, is dit wel vreemd hoe goed rassisme vir sogenaamde slagoffers van rassisme vir Makaziwe Mandela en die res van die Mandelas was. Was dit nie vir hul professionele slagofferstatus nie, was die spul Mandelas eintlik maar net nog ‘n versameling ondergemiddelde onbenulliges, en hierby sluit ek Nelson Mandela in.

Alhoewel almal, selfs president Obama oor die naweek, telkens na die mitiese “legacy of Madiba” verwys, is dit geensins duidelik wat daardie nalatenskap presies sou wees nie. Hy is vir 27 jaar toegesluit vir ‘n mislukte terreurkomplot, iets wat in ander lande selfs met die dood strafbaar is. Hy kon weliswaar vroeër vrygelaat gewees het, maar het deurgaans geweier om geweld af te sweer. Op Kodesa was dit ander mense, Cyril Ramaphosa en Joe Slovo, onder andere, wat die meeste van die onderhandelings gevoer het, en ná een ondergemiddelde termyn as president, met Thabo Mbeki wat in werklikheid die land agter die skerms regeer het, het Mandela met sy miljoene gaan aftree.

Ek vra dus weer: Wat presies, buiten om op dikwels-mitiese rassisme te teer en daaruit skatryk te word, is Mandela se nalatenskap presies? Die antwoord is eenvoudig: Mandela, wat al deur ‘n swart Amerikaanse skrywer as iemand van slegs gemiddelde intelligensie beskryf is, is eintlik maar bloot ‘n professionele slagoffer van dikwels-mitiese wit rassisme.

Dit is nie vergesog om te sê dat Suid-Afrika se grootste nywerheid nie die mynbou of landbou is nie, maar eerder muntslanery uit denkbeeldige blanke rassisme en die uitbuitery van professionele swart slagofferstatus. Dít is dan stellig ook Mandela se enigste ware nalatenskap: Hy was bloot ‘n leidende figuur onder professionele swart slagoffers.

Presies hierdie verskynsel, dié van professionele slagoffers van apartheid of rassisme, kan mens op die ganse ANC en al wat ‘n SEB-begunstigde is, van toepassing maak. Wit skuldgevoelens was nog altyd groot geld. Voor 1994 het Skandinawiese donateurs tou gestaan om geld te skenk wat deur professionele slagoffers soos Allan Boesak opgeslurp en verduister is. Swart ekonomiese bemagtiging is eweneens niks anders as ‘n reuse-afpersingskema om munt te slaan uit die denkbeeldige nalatenskap van apartheid, oftewel denkbeeldige wit rassisme nie. Maatskappye word gyselaar gehou en gedwing om aandele te oorhandig, anders is hulle “rassisties”.

Wanneer mens bostaande snap, wanneer jy besef dat denkbeeldige wit-op-swart rassisme eintlik ‘n geweldige groot industrie in Suid-Afrika en in ander plekke soos Amerika se kranksinnige linkse universiteite is, kry jy ‘n gans en al ander perspektief op dinge. Wanneer die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Djônnitin Jansen, byvoorbeeld te velde trek teen denkbeeldige blanke rassisme, is hy eintlik besig met selfbemarking, en regverdig hy sy aanstelling as rektor, iets wat hy kwalik op meriete sou kon verkry het. Wanneer Makaziwe Mandela teem dat die pers rassisties is, gaan dit in wese ook nie oor rassisme nie, maar is dit ook ‘n vorm van advertensie vir haar beroep as professionele slagoffer van rassisme, wat deur naïewe blankes opgevreet word en wat dan hul beursies gretiglik oopmaak om een of ander misplaaste skuldgevoel te probeer besweer. Daar is talle ander voorbeelde van hoe hierdie industrie bemark word, vanaf die Belydenis van Belhar, tot by bykans al wat ‘n rubriek in ‘n Nasperspublikasie is.

Gaan jy as blanke toelaat dat jy deurlopend bedrieg en belieg word deur hierdie industrie? O, nee, wag. Dit sou mos rassisties wees om jou daarteen te verset

Volg Manfred Delport op Twitter en Facebook.

ANC en DA ‘histeries’ oor Afrikanergemeenskap by Kleinfontein

Sowel die ANC as die DA het gister in Johannesburg, volgens ‘n toehoorder by die Gauteng- provinsiale wetgewer, “histeries geraak” oor die bestaan van die Afrikanergemeenskap by Kleinfontein.

‘n Bedrag van R270 000 is reeds bestee aan ‘n “ondersoek oor Kleinfontein”, sonder dat daar nog ‘n verslag voortgebring is. Mnr. Jaco Mulder van die Vryheidsfront wou nie daarop kommentaar lewer nie, omdat “hy nog nie die verslag gesien het nie”. Volgens hom is die bedrag egter bestee vir ‘n enkele besoek van provinsiale amptenare wat glo in ‘n kavalkade met lyfwagte en “selfs ‘n ambulans” na die dorpie oos van Pretoria gery het.

Die DA is sterk gekant teen die voortbestaan van Kleinfontein as Afrikanergemeenskap en het die voortou geneem met ‘n betoging van sy jeugliga onder leiding van Mbali Ntuli by die ingang van Kleinfontein. Sowel by die Gautengse wetgewer as die sogenaamde Tshwane-metro is die DA en die ANC besig om mekaar aan te hits om teen Kleinfontein op te tree.

In Afrikanerkringe word daar kommer uitgespreek dat die twee grootste partye in die land wat teen die 1000 Afrikaners by Kleinfontein saamspan, tot polarisering, konfrontasie en selfs geweld mag lei. In die voormalige Joego-Slawië het optrede teen etniese minderheidsenklawes deur die meerderheid in daardie gebied tot burgeroorlog aanleiding gegee.

PRAAG het ook die leidster van die DA, me. Helen Zille, met vrae genader oor die party se amptelike standpunt jeens Kleinfontein, wat tans afgewag word.


Afrikaner: Ploegbreker en Jannie Martelgat

Retina ZeyheriOntmoet Retina Zeyheri, veldplant. Nie ‘n asemrowende blom nie – so ‘n dieporanje kloktrossie wat ondertoe hang soos die lelle onder ‘n kaalnekhoenderhen se kinnebak. Die stam is bros en besaai met wit dons. Die blare is groot, tabakplantagtig. Alles inaggenome lyk dit nie na ‘n baie intimiderende plant nie. En tog, hier waar ek in die Oos-Vrystaat bly, benader ‘n saaiboer hierdie stuk flora met die grootste ontsag. Hulle noem hom die ploegbreker.

Onder die grond het hy so ‘n digte weefsel wortels dat ‘n ploeglem maklik daarin vasslaan en afgeruk word. Die protea is Suid-Afrika se nasionale blom, maar laat Retina Zeyheri die embleem van die Afrikaner wees. As ons weens ‘n wringslag van die geskiedenis teruggestort word in ‘n elektrisiteitslose wêreld en ridders maak weer hulle verskyning, laat die Afrikaner-kavalier ‘n ploegbreker op sy skild aanbring.

Gehardheid is ons een enkele onderskeidende volkseienskap. Vandat ‘n spul weerbarstige Hollanders aan die voetenent van die kontinent uitgeplant is, en later kruisbestuif is met die beste Franse bloed en die onuitwisbare, geharde gene van Duitse huursoldate, het hierdie plant die ploeë van wêreldryke, ‘n onstuimige vasteland en ‘n afgunstige horde geweldenaars gebreek. Hulle het ons verwerp, verwilder, verjaag, verdruk, oorval, vasgekeer, verdelg, beledig, verraai, vertrap, verkrag, verlei… en hier is ons steeds, gereed om nog êe en disse van rame af te ruk.

Al hierdie mense het dit vergeet, en dit is ‘n liederlike flater.

Die feit dat die Andere die Afrikaner se ploegbrekerwortelstelsel verontagsaam en hom sien as ‘n eenvoudige veldblom wat met gemak uit die vlak aardkors geskoffel kan word, is erg en dis irriterend, erg irriterend, maar wat baie erger is, en onhoudbaar meer irriterend, is dat hierdie miskenning nou dreig om die hoofstroom-Afrikaner-denke te deurtrek.

Dis ‘n sonbesiekoor in die samelewing van ons tyd: Hulle het ons land gevat, hulle het ons werke gevat, hulle het ons universiteite gevat, hulle vermoor ons in die stede, hulle vermoor ons op die platteland, hulle verander ons dorpsname, hulle vat ons skole…

En sekerlik het ons die volle reg en omvattende redes om te kla, en my oog is nie weggedraai van die ellende en my oor is nie toegestop vir die klagtes nie. Maar om Vadersnaam, hierdie krisisse is Afrikaner-krisisse en moet in die huis van die volk en nie in die straat van die Andere behandel word nie. Daar is niks so stoer soos ‘n stoere Afrikaner nie, en blykbaar niks so pateties soos ‘n patetiese Afrikaner nie.

Ek verstaan nou hoe Basjan gevoel het. Basjan Basson was ‘n skoolvriend, bietjie ouer as ek, en “Bombastiese” sou ‘n nommerpas alliterasie gewees het om saam met die Basjan en die Basson te gaan: Bombastiese Basjan Basson. Maar weet dít van Basjan, hy was ‘n hartstogtelike patriot. Op ‘n dag gaan draf hy – ter voorbereiding van ‘n voetbalseisoen op vaskopstut – deur ‘n vervalle mynnedersetting aan die buitewyke van Brakpan, en kom hier op ‘n afgryslike toneel af: ‘n Alkoholdeurdrenkte, wit ou man, sit in die venster van ‘n huisbouval, maer boude na buite, en ontlas. Wat die jong Basson die diepste gekrenk het, was die kringetjie van swartmense wat in die onmiddellike omgewing gestaan en die oukêrel uitgejou, gekoggel en met die grootste ironie aangemoedig het. In sy walging en verontwaardiging was daar net een ding waaraan Basjan kon dink – hy het klippe opgetel, nie om die kring van die spotters te verjaag nie, maar om die ouman in sy daad van selfvernedering te stuit.

Want wanneer het die Afrikaner so pateties geword dat hy voor die oë van die Andere deur ‘n gebreekte venster skyt?

Die gekwetter in die kanariehok het hierdie week grotendeels oor ‘n BBC-dokumentêr en gepaardgaande internetartikel gegaan. “Het witmense ‘n toekoms in Suid-Afrika?” vra die titel, en die stuk se slotsom is: Errr… nie eintlik nie. Eintlik, lees ‘n mens, is die witmens dubbel-en-dwars in sy ghwar in – net plakkerskampe en witkruise waar jy kyk. Die swartman is die indoena van alles wat hy beskou – en daarby alles ingesluit wat eens die Afrikaner s’n was. Moet net nie te jammer voel vir die witman, nie, maan die artikel, want hy is nog heeltemal te ryk, besit heeltemal te veel effektebeursaandele en beklee heeltemal te veel posisies. Buitendien – en dis ‘n groot buitendien – hoe vrot dit ook al met hom gaan, hy verdien veel erger as gevolg van die drie eeue se sistematiese onreg wat hy teenoor swartes gepleeg het.

So, dit gaan ellendig met hom, maar nie so ellendig as wat dit in die toekoms sal gaan nie en dit is sy verdiende loon. As daar nou een soort artikel is waarin die Andere hulle verlustig, is dit in hierdie styl. Vir hulle is geen idee aantrekliker, tintelender of meer genotverskaffend as dié van ‘n Afrikaner wat so afgetakel is dat hy deur die stukkende venster van ‘n bouvallige huis skyt nie.

Die spotters versamel in ‘n halfmaankring om die petalje te geniet en ‘n spotter is niks indien nie meewarig nie. Voeg een uit Zimbabwe ‘n Sjona-spreuk as kommentaar tot die storie by: “Die byl wat die boom sny vergeet dit maklik, maar die boom wat gesny is, vergeet nooit,” bedoelende natuurlik dat die Afrikaner se huidige ellende toe te skryf is aan die onreg wat hy teen die swartmens gepleeg het.

Dankie daarvoor, maar dit lyk vir my of die makker tog vergeet het wie en wat die byl is en hy het geen idee, géén idee, van hoe diep en seer die byl kan byt as dit nodig sou wees nie. Dis erg genoeg dat die bome nie die byl behoorlik kan onthou nie, maar dit is tragies dat die byl self vergeet het wat hy is.

Ek praat seker dan net namens myself, maar ek is ter dae sat van Afrikaners wat buite die laer neul oor hoe sleg dit met ons gaan. Hier word nie eers van die Max du Preez- Tim du Plessis-soort liberale Afrikaner gepraat nie. Hulle het net geen reg om inhuisig of buitemuurs te kerm oor die huidige regering nie. Dit was die noodwendige gevolg van wat hulle bepleit en waarvoor hulle hulle bewyer het. Hulle moet maar grinnik en kopknik en ja-baas, nee-baas.

Maar daar is nou soveel goeie, volksvaste Afrikaners wat by die bure en die res van die wêreldgemeenskap wil gaan neul. Sowaar? Is dit ons beste oorlewingstrategie? Om in die openbaar te kerm? Van wanneer af het die Afrikaner so pateties geword dat hy deur ‘n oop venster skyt? Van wanneer af het die Afrikaner ‘n Jannie Martelgat geword?

Miskien dink hulle die strategie is ‘n wenner omdat dit vir die swartman gewerk het. Ja, dit is so, as die swartman se onderlip bewe, gaan die Westerling se beursie oop. Maar dan betaal hy wel vir iets wat vir hom waarde het – die selfverheffende gevoel dat hy ‘n ondergeskikte, hulpelose ellendeling gehelp het. Maar in Afrika is dit nét die swarte wat hom so laat voel. Die Westerling weet instinktief dat die Afrikaner skrander, hardwerkend, gedug genoeg is om na homself om te sien. Hy het geen moeite om sy beursie in sy sakke te hou nie al huil die Afrikaner riviere van snot en trane.

Dis tyd dat die ploegbreker onthou wie hy is. Daarom is geskiedenis belangrik. Ek het tans die uitsonderlike voorreg om ‘n boek oor die geskiedenis van die Brandwaterkom te redigeer en uit te lê. Hier darem, sien jy die ploegbreker op sy beste.

Hierdie mense het in ‘n ongerepte vallei opgedaag. Daar was geen tuiste nie. Maar hulle het nie gekla nie. Hulle het plase uitgelê en begin werk. Daar was nie bome in die Oos-Vrystaat nie, so hulle het huise van sooie gebou.

Dit was bergwêreld en die velde was bestrooi met klippe. Maar die mense het nie gekla nie. Hulle het die klippe opgetel en uit die veld gedra.

Die grond was moeilik. Maar hulle het nie gekla nie. Met die mees primitiewe implemente het hulle landerye geploeg en boorde aangeplant.

Daar was baie ongediertes, afgunstige inboorlinge en wilde diere. Maar die mense het nie gekla nie. Hulle het klippe teen oorhangkranse gestapel en veekrale so gemaak.

Dit het dekades geduur vir die eerste tekens van voorspoed om te verskyn, toe verdryf die Engelse boere tydens die Oorlog en brand die huise en plase af. Maar die mense het nie gekla nie. Hulle het voortgeveg.

Die mans het bittereinders geword of is gevang en gedeporteer. Hulle het nie gekla nie. Op kommando het hulle die Kakies op hulle herrie gegee. In Ceylon het hulle die gevange seuns leer skryf, hulle het viole uit hout gekerf, skaakstelle gemaak, kerk gehou.

Die Engelse het die vrouens gejag. Maar die ma’s het nie gekla nie. Hulle het in die snerpende koue wegkruipertjie met die Engelse in die berge gespeel en deur die winter met hulle kindertjies in grotte geslaap.

Na die oorlog was daar niks om na terug te keer nie. Maar die mense het nie gekla nie. Hulle het voor begin. Die eerste dae het hulle balke skuins teen afgebrande huise se mure gepak en dit met sooie bedek vir skuiling teen die nagkoue.

Dit het bloed en sweet en trane gekos, maar ‘n anderhalfdekade later het hulle weer begin voorkom. Toe breek die rebellie uit en hulle aspirasies word verpletter en hulle leiers gevang. Maar die mense het nie gekla nie. Hulle het die Helpmekaarfonds begin en Generaal de Wet en die ander se boetes betaal en hulle bevry.

Die depressie het hulle inkomste uitgewis. Maar die mense het nie gekla nie. Hulle het deurgedruk.

Die Engelse wou nie vir die Afrikaner hulle eie skole, universiteite en koerante gun nie. Maar die mense het nie gekla nie. Hulle het hulle pennies opeengehoop en hulle eie skole, universiteite en koerante begin.

Die Afrikaner is as tweedeklasburger behandel. Maar hulle het nie gekla nie. Hulle het net harder gewerk, kanse aangegryp, maatskappye gestig en ander oorgeneem, geleer, nog harder gewerk en uiteindelik die regering oorgeneem.

Vandag se Afrikaner is onmeetbaar ryker as die pioniers van die Brandwaterkom. Hulle het kennis, geleenthede, vaardighede, opvoeding. En die mense kla.

Hou dan tog net op neul. As dit net sou werk – maar dit gaan nie. Jy is nie swart nie. En ons as volk het geen rede om te kla nie, want daar is nie een probleem wat ons nie kan oplos nie.

Hou op om in die wêreld se ore te neul. Wit plakkerskampe is nie die Britte se probleem nie – dit is die Afrikaner s’n. Die aanslag op Afrikaans is nie die Hollanders se krisis nie – dis die Afrikaner s’n. Die Suid-Afrikaanse moordvlaag is nie Swede se ellende nie – dis die Afrikaner s’n.

Moenie met ‘n witbrood onder die arm kla nie, het die oumense gemaan. Eweneens, as jy oor jou I-Phone 5 vanuit die plaaslike BMW-vertoonlokaal, terwyl jy wag vir die koopdokumente van jou nuwe 7-reeks om gefinaliseer te word, by my probeer kla oor, sê maar die armblankeprobleem, luister, ek wil niks van jou hoor nie.

As jy te lui is om jou patrolliebeurt by die buurtwag te doen, stel ek nie belang as diewe jou huis stroop nie.

As jy te verhewe is om ‘n pistool saam met jou te dra, wil ek nie hoor hoe jy kla oor ons bokshelde wat by ‘n partytjie doodgeskiet is nie.

As jy nie by jou skoolbeheerraad inval nie, wil ek nie hoor hoe jy sanik oor die verengelsing van ons skole nie.

As jy te bliksems lui is om behoorlike Afrikaans te praat en die taal besmeer met goedkoop Engelse woorde en frases, het jy geen rede om te snik oor die taalbeleid by Maties nie.

Wanneer het die Ploegbreker ‘n Jannie Martelgat geword?

Wat my betref, ek wil aan geen ander volk op enige ander plek in enige ander tyd wees as nou nie. Dié wat dink hulle is die landbouers versamel weer teen ons. Laat hulle kom. Ons sal húlle ploeë ook breek.

Ek ken die Afrikaner. Ek ken die Ploegbreker.

Maar jy, Jannie Martelgat, gaan van my af weg. Ek ken jou nie.

Russel Botman oor skuld en hoop

Ons leef in ‘n tyd waarin bevrydingsteoloë vergoed word vir die meesal nadelige gevolge wat hulle politieke dade het. Aan Desmond Tutu is onlangs die Templeton-prys ter waarde van $1.7 miljoen toegeken. Die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), Russel Botman, het pas die Abraham Kuyper-prys vir uitnemendheid in gereformeerde teologie en openbare lewe aan die Princetonse teologiese seminarium ontvang.

Die Kuyper-prysgeld is ‘n vulletjie in vergelyking met wat Tutu in sy sak steek, maar die simboliek is nie minder betreurenswaardig nie. Die Suid-Afrikaanse bevrydingsteoloog, Charles Villa-Vicencio, het die Kuyper-prys in 2005 ontvang en die Amerikaanse swartmag-aktivis, Andrew Young, in 2003. Op die US-webwerf word Botman geloof met onder andere ‘n aanhaling van Martin Luther King jr, die swartmag-aktivis wat weens blatante plagiaat ‘n doktorsgraad ontvang het. Dit is duidelik in watter geselskap Botman hom bevind. Dít is die mens wat na inperkings as UDF/ANC-aktivis in 2007 as US-rektor aangestel en in 2012 vir nog vyf jaar heraangestel is.

Die Boston-bomontploffing het op 15 April verwoesting gesaai. Botman het op 18 April sy rede in Princeton, glad nie ver van Boston af nie, gelewer. Op 25 April het Die Burger (p 17) die teks van Botman se toespraak gepubliseer, met nie ‘n woord oor die bomontploffing nie. Dit herinner sekerlik te veel aan die ANC se verlede, wat in die geweldskultuur van die hede voortgesit word.

Toe op die US-webwerf aangekondig is dat Botman die Kuyper-prys gaan ontvang, het hy hom as ‘n African beskryf en heel onbeskeie gereken dat sy “multi-dimensional leadership” bekroon word. Hy is immers in sowel die politiek as die akademie betrokke, met die klem op eersgenoemde. Daarom verklaar hy dat dit vir ‘n universiteit nie net om (akademiese) uitnemendheid gaan nie, maar ook (in die US se geval, veral) om (politieke) relevansie.

ANC-gedienstigheid maak deure vir die US oop. Nadat Jakes Gerwel vroeër vanjaar oorlede is, het Botman vertel hoe hy dit geniet het toe die kommunis, Gerwel, die marxis, Antonio Gramsci, in ‘n direksievergadering aangehaal het. Botman se transformasiestrategie is musiek in die ore van die plaaslike hoofkommunis en minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, wat daarvoor bekend is dat hy universiteite met die terughouding of vermindering van staatsubsidies afdreig as hulle nie maak soos hy voorskryf nie. Botman noem nooit akademiese kernbeginsels soos universitêre outonomie, akademiese vryheid en ideologiese neutraliteit (in die sin dat enige ideologie op die kampus geduld word) nie. Dit is vir Botman voldoende as hy die US ideologies aan die sorg van die ANC toevertrou.

As rektor het Gerwel, met die hartlike samewerking van sy visie-rektor, Jaap Durand, die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) van ‘n tweetalige maar oorwegend Afrikaanse inrigting spesifiek vir bruin studente tot ‘n eentalige Engelse inrigting vir hoofsaaklik swart studente getransformeer. Daarby het Gerwel en Durand die UWK tot die tuiste van linkse, spesifiek ANC-, politiek verklaar. Dit het Gerwel met staatsgeld afkomstig van die “apartheidsregime” gedoen. Daarvoor is Gerwel in sy persoonlike hoedanigheid deur die ANC en Naspers met hoogs lonende poste vergoed. Hieruit spreek daar myns insiens nie net ‘n anti-akademiese gesindheid nie, maar ook ‘n onetiese ingesteldheid. Kader Asmal het as minister van onderwys sonder omhaal van woorde gesê dat hy die UWK en die Universiteit Fort Hare vergoed vir die pro-ANC-rol wat hulle gespeel het, gevolglik het hy hulle nie belas met sy (sotlike) beleid waarvolgens universiteite en technikons moet saamsmelt nie.

Botman se beleid van totale transformasie het die UWK, waar hy student en dosent was, as model. Hiervolgens sal die blanke teenwoordigheid op die US-kampus myns insiens tot die demografiese minimum afgeskaal en Afrikaans as onderrig- en administratiewe taal mettertyd afgeskaf word. Na sy ampstermyn as rektor sal Botman sekerlik soortgelyke persoonlike vergoeding as Gerwel van die ANC en sy meelopers verwag.

In die jongste uitgawe van die alumnitydskrif Matieland (somer 2012/2013) is daar ‘n foto (p 8-9) wat die fotograaf Anton Jordaan in opdrag van die US in 2012 van Matiestudente geneem het. Dit vul glo die hele muur van die AmaMaties-gebou (let op die Afronaam). In sy kommentaar spreek Botman sy ontevredenheid oor die foto uit; daar is te veel wittes en te min swartes. Botman kan klaarblyklik nie suiwer akademies na ‘n student kyk nie. Hy sit altyd sy ras- of kleurbril op: “Oor vier jaar [dus wanneer sy huidige termyn as rektor verstryk] wil ons nog meer divers wees” (p 9). Botman se transformasiebeleid word deur die US-studenteraad gesteun. Eintlik wil hulle vinniger “vordering” hê. Daardie uitgawe van Matieland het my finaal moed vir die US as respektabele akademiese inrigting laat opgee.

Botman se Kuyper-toespraak word in die koerant onder die opskrif, “Ons skuld die jeug hoop”, aangebied. “Skuld” en “hoop” is woorde wat telkens deur die bevrydingsteoloog Botman gebruik word. Die wittes het skuld en diegene wat deur die wittes veronreg of agtergestel is, moet hoop gegee word. Heel aan die begin word in swart druk na die Soweto-opstand in 1976 verwys. In ANC-geledere word dit as ‘n spontane opstand deur skoolkinders teen Afrikaans voorgestel. In werklikheid was dit fyn georkestreerde onrusstoking deur volwassenes wat die propagandavoordeel wat die PAC met Sharpeville behaal het, wou uitwis. Dit is waarom die pers vooraf ingelig en verderflike berigte en foto’s wêreldwyd versprei is.

Afrika word deur die Afro-optimis Botman as een van die snelgroeiendste streke voorgestel. Hy noem nie die lae basis vanwaar daardie groei gemeet word nie. Daar is diegene wat droom van ‘n beter, ryker en gelukkiger lewe vir Afrikane, maar Botman wil nie net materiële welvaart vir hulle hê nie. Globalisering bedreig na bewering die morele welstand van die mensdom en armes word glo deur globalisering uitgesluit en gemarginaliseer. In hierdie proses is dit die rykes wat oorleef en selfsugtige indiwidualisme wat floreer. Botman bepleit solidariteit; ongetwyfeld van die nie-wit, nie-Westerse elemente.

Die 1976-opstand is volgens Botman deur die jeug onderneem en teen onderdrukking en ongeregtigheid gemik. By die na-geskiedenis hiervan sluit Botman die Belhar-belydenis en die Kairos-dokument in. Laasgenoemde het tot gevolg gehad dat enige geweldadige gedrag deur die “bevryders” goedgepraat en enige teenoptrede deur die “apartheidsregime” verdoem is. Botma het ‘n aandeel aan sowel Belhar as Kairos gehad. Hy klop homself op die skouer: “Ons [het] namens die moedelose jeug van ons land gedroom, gehoop en opgetree.” Vorentoe moet ons “eties en hoopvol” leef.

Dit is nie meriete of ander kwalitatiewe oorwegings wat vir Botman as spoorslag vir die toekoms dien nie, maar die demografie. Hy waarsku teen ekstreme regse en fanatiese linkse groepe. Hy onderskei tussen groei en ontwikkeling. Ek lei af dat groei deur die ontwikkeldes bewerkstellig word en dat hulle moet sorg vir ontwikkeling by die onderontwikkeldes. Dit werk myns insiens soos ubuntu: die een groep gee (na eie inspanning) en die ander groep ontvang (dikwels/meesal sonder teenprestasie). In die retoriek oor versoening doen ‘n soortgelyke situasie hom voor: die een groep moet met versoeningsgebare vorendag kom, terwyl die ander groep onophoudelik verwyte mag slinger.

Ontwikkeling sluit in “om in … ander se behoeftes en begeertes te voorsien.” Let op Botman se opportunistiese insluiting van nie-lewensnoodsaaklike begeertes. Dit gee stukrag aan swartes wat sonder meer begeer en selfs eis wat die wittes het. Botman noem dit “etiese verantwoordelikheid”, terwyl daar myns insiens heelwat in sy standpunt is wat eties onverantwoordelik is. Sy standpunt is ongetwyfeld sosialisties en kan dikwels kwalik van kommunisme onderskei word.

Dan haal Botman kerkleiers aan wat in 1995 in Kitwe besluit het dat dit tyd is om “ons mense se drome van maatskaplike gelykheid, politieke vryheid en ekonomiese geregtigheid” ‘n werklikheid te maak. Botman: “Tensy ons die bande van ons menswees erken, gaan ons ‘n toekoms van toenemende marginalisering en ongelykheid tegemoet.” Pleks van op industrialisasie en indiwidualisme te konsentreer, moet ons glo eerder onthou dat alle mense “ekonomiese geregtigheid verdien.” Verdien?

Hierna pas Botman sy geringskatting van presterende indiwidue en groepe op die universiteitswese toe. “Universiteite moenie net [akademiese] uitnemendheid najaag nie, maar ook [politieke] relevansie. Deur hul kundigheid tot voordeel van die samelewing te gebruik, kan universiteite die wêreld ‘n beter plek help maak.” Dit is daardie relevansie wat onderliggend aan Botman se transformasiemanie is. Dit weeg so swaar dat akademiese gehalte by studentetoelating en by die aanstelling en bevordering van personeel opgeoffer word.

In die ou Suid-Afrika het universiteite twee funksies gehad, naamlik onderrig en navorsing. In die nuwe Suid-Afrika het gemeenskapsdiens as ‘n derde funksie bygekom; dermate dat dit onderrig en navorsing nie net deursuur nie, maar ondergrawe en aan bande lê. In werklikheid is gemeenskapsdiens die verpligting van die staat. Aanvullende hulp word tradisioneel deur vrywilligers verleen, wat hulle dikwels in ondernemings sonder winsbejag organiseer.

‘n Ware akademikus behoort geen beginselbeswaar teen ‘n universiteit te hê wat hom by sy onderrig- en navorsingfunksie bepaal nie. Nie een van die twee hoef sosiaal relevant te wees nie. Dit mag maar suiwer om die kultivering en ontwikkeling van die vermoëns van indiwidue gaan. Dit is sulke begaafde indiwidue wat in sommige gevalle positiewe rigting vir hulle groep of selfs die mensdom in sy geheel aandui, maar nie uit hoofde van ‘n verpligting nie. Die sosialistiese Botman dink anders: “Die samelewing behoort van hoëronderwys-instellings te eis dat hulle tot die openbare welstand bydra.”

Ten slotte lei dit Botman na sy gewildste verwyt teen en verdoeming van wittes en spesifiek Afrikaners en die US van weleer: “My eie instelling, die Universiteit Stellenbosch (US), het hierdie uitdaging [‘n gewilde ANC-woord] in die jaar 2000 aanvaar toe hy sy aandeel aan die ongeregtigheid van ons apartheidsverlede erken het, en hom tot regstelling en ontwikkeling verbind het. Dié verbintenis is sedertdien uitgebou tot die US se HOOP-projek, waardeur ons personeel en studente oplossings vir vername maatskaplike uitdagings [!] in Suid-Afrika én die res van Afrika [!] nastreef.”

In die ou Suid-Afrika is die histories beproefde waarheid lank aanvaar dat nie met geweldenaars onderhandel word nie. Toe van hierdie gesonde beginsel afgesien is, het die beloofde politieke magsdeling in algehele magsoorgawe ontaard en daardie seëvierende geweldskultuur word tot op hede voortgesit. Ek wil ‘n soortgelyke onomstootlike akademiese waarheid in die midde laat: ‘n Mens stel nie ‘n aktivis, van watter ideologiese aard ook al, as rektor van ‘n universiteit aan nie.

Die gevare van ‘n de facto-eenpartybedeling

Binne die politieke wetenskap doen ‘n sêding die rondte: “Die demokrasie is ‘n gemors, maar dis die beste gemors wat ons het.”

Dat die oë van die land van vandag af vir die duur van die week op Durban gerig is, is tegelykertyd verstaanbaar en hartseer.

Verstaanbaar, omdat die land se regerende party ‘n belangrike beleidskongres hou, maar hartseer omdat die belangrikheid hiervan bykans alle kenmerke van ‘n de facto eenpartystaat dra. In beginsel kan die land nou, afhangende van watter uiteenlopende denkrigting koning kraai, op koers na ‘n kommunistiese ekonomiese bestel geplaas word.

So ‘n situasie ontstaan wanneer die bevolking se beleids- en selfs regeerkeuses hoofsaaklik binne die regerende party afspeel, en nie tydens verkiesings tussen ‘n veelheid partye soos dit in ‘n grondwetlike demokrasie hoort nie. In Suid-Afrika beteken dit tot ‘n groot mate dat opposisiepartye se rol tot dié van drukgroepe gereduseer word, en waarvan die rol boonop ook gereduseer is omdat die grondwetlike liggame, waarna eens as wigte en teenwigte verwys is, disfunksioneel is of as verlengstukke van die regerende party beskou word.

Ook ander instellings wat veronderstel is om die konsep van veelparty-demokrasie te onderskraag, soos die SABC-raad, se lede word effektief deur die regerende party aangewys.

Voeg hierdie die rol van die Progressive Business Forum wat in effek daarop neerkom dat sakelui wat gedagtes met regeringslui wil wissel, hul hand diep in die sak moet steek vir die voorreg om ministers en selfs hul senior staatsamptenare te kan ontmoet – geld wat in die ANC se verkiesingskoffers gestort word.

Die situasie is verder aangehelp deur ‘n groep opposisielede wat onder die vaandel van “ons sal jul stem wees” ‘n mandaat gekry het om van binne die ANC sekotorale belange te bevorder – en sedertdien ‘n baie stil stem geblyk te wees het. Voeg hierby die aksies van die ANC self om alle stemme binne die sogenaamde “broad church” te ondervang, ‘n uitgesproke doelwit toe mnre. Gwede Mantashe, Darryl Swanepoel en Renier Scoeman kort voor die vorige algemene verkiesing samesprekings met Agri SA se hoofbestuurder, mnr. Hans van der Merwe gevoer het. Nie baie later nie, het beide Agri SA en die TLU SA uit ‘n regeringsgeleide kongres oor landbou gestap waar hoegenaamd nie belanggestel is om na die boere se stem te luister nie, en retoriek as feite opgedis is.

Die oë is ook nog meer op die kongres gerig omdat van die belangrikste demokratiese waarborge, mediavryheid en die reg tot inligting, van vandag af ook formeel onder die valbyl gesleep kan word.

Dat die kiesers die demokrasie faal, skyn nog duideliker te wees deur opnames wat toon dat die premier van die provinsie waar munisipaliteite – aldus die Ouditeur-generaal – onder die swakstes in die land vaar, die ekonomie onder die swakstes is en die howe ‘n rits tenders tersyde gestel en selfs hertoegeken het, die gewildste is.  Ook toon die peiling dat 68 % van die land se mense nou glo dat pres. Jacob Zuma goed vaar, weliswaar ‘n skerp daling vanaf 77 % ‘n jaar gelede.

In die proses om ‘n kiesersblok teen die ANC te vorm, stem baie mense nou ook vir die DA, al het die party se beleid en dit wat hulle self glo min raakvlakke. In die proses ontkieser baie kiesers hulself ideologies.

Die toets of die land se grondwet so ideaal vir ‘n heterogene bevolkingsamestelling is was graag voorgehou word, dat die grondwet so goed is as wat hoog opgegee word, kom nader.

купить воронеж зарядные и пуско-зарядныеОлександр Фільчаков прокурор

Stakers se boodskap aan die ANC-elite

Die huidige stakinglus van die NSA se werkerskorps is besig om ‘n crescendo te bereik, en reeds is daar vele teorieë oor die oorsprong en werklike rede vir die staking. Hierdie staking dreig om ‘n ander kleur en karakter te hê, as vorige jare s’n.

Augustus en September is tradisioneel stakingstyd, en dus verwag mens dit hierdie tyd van die jaar, maar die intensiteit is besig om ooglopend toe te neem, en dit lyk nie of die vakbonde enigsins hierdie keer ‘n toegeeflike houding teenoor die regering wil of gaan inneem nie.

Dit is baie duidelik dat die Cosatu / Kommuinistiese Party-alliansie vir die ANC duidelik wil wys dat dit nou tyd is om beloftes na te kom in ruil vir hulle ondersteuning aan Zuma met sy staatsgreep. Elke ding het sy prys, en dit is nou betaaltyd. Maar daar is ‘n groter motivering van die werkers se kant af, en dit is ‘n boodskap wat onderliggend al dringender deur die oerwoudtromme uitgedra word.

Op hierdie stadium het die werkers agtergekom dat, in terme van die Orwelliaanse staat wat die ANC geskep het – “some animals are more equal than others”. En hulle wil dit nie meer aanvaar nie. Daardie siek gees van materieëe aanmatiging waarmee die ANC-elite net ryker en vetter word, het ‘n breuk in die fyn balans geword. Veral in die staatdiens, dra baie werkers kennis, en is bewus van die vergrype en korrupsie van die ANC-politici en senior bestuurders en dit blyk dat hulle nou besluit het genoeg is genoeg. Die situasie in die staatdiens het nou onhoudbaar geword, met baie werkers wat stilbly oor bedrog, net om nie afgedank te word nie, en sommiges wat openlik gedreig word.

Die werkers se boodskap in hierdie staking, is direk aan die ANC -fat cats” gerig. Betaal ons beter, want julle kan nie alleen uit hierdie magsvergryp voordeel trek nie.

Dit plaas natuurlik die ANC-elite in ‘n baie netelige posisie, want sou hulle nie uiteindelik toegee nie, kan daar nare stories van hulle vergrype op die lappe kom. ‘n Groot persentasie van die geld wat deur senior staatsamptenare en politici se bedrog gegenereer word, word natuurlik ook na die koffers van die ANC gekanaliseer, en dit sou hulle nie graag in die openbare oog wil hê nie.

En wat ons moet onthou, is die meer as 50% wat die Afrikaner tot die staatskas bydra. Ons finansier al daardie bedrog, en uiteindelik die ANC. Hoe langer ons onder mekaar stry, en die beweging na ‘n soewereine Vryheidstaat uitstel, hoe langer dra ons tot ons eie verdrukking en slawerny by.

осушитель для компрессораФильчаков прокурор

ANC se revolusie verloop volgens plan

‘n Mens kan nie anders as om ‘n bewondering vir die ANC en SAKP te hê om te sien hoe hul revolusie, wat jare lank in Moskou, Londen, Oos-Berlyn en ander stede beplan is, stap vir stap geïmplementeer word nie. Wie sou kon dink dat die blanke Afrikaanse skole uiteindelik gedwing gaan word om ook te staak soos die gebruik in die swart woonbuurte is? Maar die gedwonge sluiting van ons skole is maar een revolusionêre simptoom van vele.

Ander simptome van revolusionêre vordering deur die ANC/SAKP/Cosatu-alliansie is grondhervorming en boere wat binnekort vyftig persent van hul bates en inkomste met hul werkers sal moet deel, die verdieping van regstellende aksie en swart bemagtiging, die gebruik van geweldsmisdaad om ons mense te laat uitmoor en oorsee te verdryf, asook ‘n nasionale dienspligstelsel wat bedoel is om die vrugte van die revolusie met geweld te kan verdedig.

Daagliks staan ‘n mens verstom oor die ongelooflike naïwiteit van die destydse Afrikanerleierskap wat sonder slag of stoot die hele land en infrastruktuur aan ‘n revolusionêre bende ballinge vanuit Londen en Oos-Europa oorhandig het. Maar ook die gewone Afrikaner wat vandag skynbaar sy oë sluit vir die revolusie wat in radikalisme en intensiteit toeneem, ontken die werklikheid wat hom as’t ware elke dag oor die kop slaan. Soos die spreekwoordelike potpadda waarvan die water gaandeweg al hoe warmer word, sit almal en wag dat die volgende fase van die revolusie oor hulle spoel.

Wat moet nog gebeur vir mense om wakker te skrik? Moet daar Rooi Wagte soos tydens Mao se kulturele revolusie by elke skool opdaag – eintlik gebeur dit reeds – om ons kinders as kanonvoer vir die revolusie weg te voer? Moet plase een vir een beset word en die eienaars onder bestuur van die revolusionêre staat geplaas word? Moet die hamer en sekel op die sewe-uurnuus op TV gehys word? Eintlik is ons mense al so gekondisioneer en so gewoond aan die hamer en sekel dat hulle skaars agterkom hoeveel dit in die massamedia vertoon word.

Die huidige landwye staking van staatsdienswerkers wat binnekort deur Cosatu se lede in die privaatsektor aangevul gaan word, verteenwoordig nog ‘n klassieke simptoom van oplaaiende revolusionêre energie. Die linkse leiers van die vakbonde – Cosatu en ander se bande met die SAKP is oorbekend – kry tereg die indruk dat hul mag besig is om toe te neem. Hulle wil die meer gematigde elemente in die ANC dwing om groter salarisverhogings toe te staan, asook ‘n meer linkse beleid oor die algemeen toe te pas.

Die Afrikaner is met sy rug teen die muur. Ons sal moet besef dat die veranderingsproses, die “transformasie” (wat al jare lank ‘n eufemisme vir revolusie is), reeds veels te ver gevoer is. Onder die huidige omstandighede gaan ons nie kan oorleef nie. Die honderdduisende blanke en Afrikanerwerkloses, waarvan vele reeds in plakkerskampe woon, is die stille getuienis van die revolusie wat ons stuk vir stuk van ons ekonomiese kanse en menswaardigheid ontneem.

Die revolusionêre van die ANC/SAKP weet baie goed dat ons hulle vyand is. Hulle gebruik oor en oor die term “vyand”. Danksy sy leierloosheid, gebrek aan eerlike media en verskynsels soos Angus Buchan wat mense in godsdienstige euforie dompel, is die Afrikanervolk vandag so werklikheidsvreemd dat hy nie agterkom dat sy vyand besig is om hom stelselmatig te vernietig nie.

Die hoop beskaam egter nie dat mense deur die toenemende wanorde gaan agterkom dat “alles nie pluis is nie”. In die destydse kommunistiese Oos-Europa het ons gesien hoe mense se denkbeelde volledig deur die revolusionêre bepaal kan word wat die media, skole en universiteite beheer, maar dat gesonde verstand tog iewers die individu soos ‘n klein stemmetjie in sy agterkop begin pla.

Indien u vandag wonder waarom ons skole vir die eerste keer in die geskiedenis nie funksioneer nie en wat presies die betekenis van ‘n “algemene staking” in die geskiedenis van linkse revolusies is, dan is daardie stemmetjie in u agterkop besig om met u te praat.

Dit is so belangrik dat elkeen van ons wat aan die breinspoeling van die afgelope anderhalf dekade ontkom het en helder kan sien wat gebeur, met mekaar moet kommunikeer en ook moet organiseer om die aftakelingsproses te stuit.

Alvorens dit heeltemal te laat is.

игры девочкамАлександр Фильчаков прокурор

Deursigtigheid toegewasem

Die besluit van die ANC en die IVP om ‘n vergadering tussen die SABC-raad en die parlementêre portefeuljekomitee te verdaag nadat ‘n hofbevel verkry is om dit vir die media oop te stel, laat net meer vrae ontstaan oor hoe die ANC die pad vorentoe sien met sekere grondwetlike waarborge oor meningsuiting en die reg om inligting wat jou regte raak te bekom.

Omdat die SABC ‘n statutêre openbare uitsaaier is wat gereeld vanuit die staatskas met ‘n reddingsboei uit die sop gehelp word, is elke burger van die land ‘n aandeelhouer en het op die een of ander wyse ‘n belang daarby. Dit sluit in die reg om verseker te wees dat die openbare uitsaaier nie as ‘n propaganda-arm vir die regerende party aangewend word nie.

Ook nie probeer verdoesel waar sekere programme op veral die SABC se radiostasies as weerligafleiers gebruik word terwyl ‘n spesifieke agenda op die oorhoofse vlak voltrek word nie.

Daar is begrip voor dat ‘n werkgewer sekere kwessies, veral personeelkwessies, as sensitief sal beskou en nie graag dié onderkleertjies op die wasgoeddraad langs die hoofweg opgehang sal wil sien nie. Die teenargument is dat as ‘n mens vir ‘n openbare uitsaaier wil werk, moet ‘n mens sorg dat jou neus te alle tye skoon is, veral waar dit die belange van die publiek raak.

Boonop het privaat en gemeenskapsradiostasies nie die luukse van vertroulikheid wanneer OKOSA oor hul lisensie-aansoeke besin nie. Logieserwys sou verwag word dat die skoen eerder aan die ander voet moet sit.

Soos die vereniging van parlementêre verslaggewers uitgewys het, staan dit egter ook teen die agtergrond van beoogde nuwe wetgewing wat onder meer mediavryheid ernstig bedreig en ‘n mediatribunaal.

Soos wat die wêreldsokkerbekertoernooi vir Suid-Afrika baie positiewe publisiteit besorg het, sorg veral die intimidasie en geweld wat nou met die staking gepaard gaan, dat die land erg in die buitelandse pers deurloop wat onthuts is oor die regering se mediaplanne.

Die kern van die probleem wat nou met die SABC se verskyning voor die parlementêre komitee ervaar word, is dat dit moeilik is om ‘n reuse liggaam se neus skoon te kry na daar so lank politieke inmenging en politieke aanstellings was, en meriete nie altyd die swaarste geweeg het nie.

Op die duur werk ‘n ontleedmes en chirurgie beter as om septiese wonde onder pleistertjies toe te maak. Kort voor lank is deursigtigheid, een van die pilare van verantwoordbare regering, nie net toegewasem nie, maar toegemessel.

027уФильчаков прокуратура харьков

Die struggle- en Boere-mistiek

Daar is, wat Afrikaners betref, twee belangrike stukke mistiek wat tans in Suid-Afrika rondsweef.

Een hiervan is die ANC se Marxistiese struggle-mistiek. Volgens hierdie legende is die struggle ‘n heroïese stryd waartydens goed teen die bose geseëvier het. Die opponent, apartheid (wat in werklikheid kodespraak vir witmense en nog meer spesifiek, die Afrikaner is) was en is onkorrigeerbaar boos. Die swart helde, die kaders wat aan die struggle deelgeneem het, en veral die exiles, is daarenteen amper Messiasse, wat tot geen kwaad in staat is nie.

Bostaande mistiek, naamlik dié van die ewig-onkreukbare struggle-held, het mens duidelik gesien met die siek spektakel van Tony Yengeni wat op die skouers van sy kamerade tronk toe gedra is, nádat hy aan korrupsie skuldig bevind is. As teenwig vir die soldate van die struggle wat bo alle blaam verhewe is, is alles wat tydens die vorige, blanke bewind daargestel is, boos. Maak nie saak dat Bantoe-onderwys duidelik beter was as die huidige, mislukte onderwysstelsel nie; dit is noodwendig van die bose omdat dit onder ‘n blanke regering plaasgevind het. Diegene wat hulself teen hierdie mistiek verset, weer eens kodespraak vir blankes, moet getransformeer word sodat hulle ook die struggle-mistiek hul eie maak, en ook die Xhosa-godjie, Mandela, as ‘n heilige beskou.

Aan die teenoorgestelde kant van die politieke spektrum vind mens die Boere-mistiek. Baie soos die ANC se Struggle-mistiek, het die Boere-mistiek ‘n element van waarheid daarin, maar is dit, baie soos die ANC se struggle-mistiek, heeltemal te simplisties, word dit uit verband toegepas en is dit helaas ook uitgedien.

Daar is verskeie elemente aan die Boere-mistiek, waarvan een van die belangrikstes die Gelofte by Bloedrivier was. Laasgenoemde word allerweë beskou as ‘n sekere aanduiding daarvan dat God steeds vandag aan die Boere se kant is. Om egter 1838 se Gelofte na die huidige politieke situasie van Afrikaners te probeer ekstrapoleer, is kennelik ‘n voortbouery wat nie heeltemal inpas by wat eintlik op 16 (of moontlik 7 of 9) Desember 1838 gebeur het nie. Die Gelofte was naamlik bloot ‘n belofte aan God dat die Voortrekkers se nageslagte dié dag sou herdenk, as God hulle die oorwinning  oor die Zoeloes sou gee op daardie spesifieke dag in Desember 1838. Die bewoording van die Gelofte self het dan ook geen melding gemaak van ‘n permanente oorwinning wat God die Voortrekkers se nageslagte oor hul opponente ook in die toekoms sou gee nie; dit het slegs oor daardie dag se veldslag gegaan.

‘n Verdere komponent van hierdie mistiek handel oor die Anglo-Boereoorlog. Maak nie saak dat daar nie streng-gesproke destyds slegs een Boerevolk was nie, maar eintlik ‘n paar verskillende Boererepublieke wat aan die ABO deelgeneem het nie. Maak nie saak dat die Vrystaters aanvanklik nie baie entoesiasties oor die oorlog was nie. Dit maak eweneens nie ‘n verskil aan hierdie mistiek dat daar heelwat Kaapse Afrikaners nie aan die ABO deelgeneem het nie, en dat daar sedertdien ‘n oor-en-weer getrekkery tussen die noorde en die Weskaap was nie. Maak nie saak dat die ou Boererepublieke ontbind is en ingesluk deur die Unie van Suid-Afrika van 1910 nie.

En, die mees fatale een vir hierdie spesifieke komponent van die Boere-mistiek: Maak nie saak dat die Boere die oorlog verloor het nie, en dat hulle inderdaad nooit op die lange duur ‘n kans gestaan het teen destyds die magtigste ryk op aarde nie.  Die mistiek bly steeds voortleef. Ek sou dit beter kon begryp as die Boere nie uiteindelik verslaan is nie, maar weer eens: hulle het die oorlog uiteindelik verloor, mense! Kan dit ‘n soort Götterdämmerung-versugting wees, hierdie? “Ons wéét ons gaan verloor teen ‘n swart oormag, maar ons gaan minstens op glorieryke wyse verloor.”

In terme van hierdie mistiek, is daar steeds ‘n Boerevolk. G’n mens weet egter of iemand wie se oer-oupa in die ABO geveg het, maar sy oer-ouma ‘n Kapenaar was, steeds ‘n Boer is nie. Niemand kan met sekerheid sê of ‘n linkse Afrikaner soos Max du Preez, ‘n boorling van die Vrystaat, wel ‘n Boer sou wees nie, en ‘n vêrregse Kaapse Afrikaner nie een is nie, want volgens sommige definisies kan Vrystaters wel Boere wees, maar Kapenaars nie.

Die antwoord van die dissipels van hierdie mistiek sou natuurlik wees dat die verskil tussen ‘n Boer en die res van die Afrikaners gaan oor ‘n bepaalde soort verwantskap met God. As ‘n blanke Afrikaner sy volk as God se uitverkorenes beskou, in die nasionalistiese sin van die woord, sou hy volgens sommiges ‘n Boer wees. Weer eens word die aanvanklike, eenvoudige betekenis van die Gelofte vir die doeleindes hiervan dikwels verdraai, en word Boere (wie hulle ook al sou wees) gesien as lede van die Geloftevolk. Die eenvoudige Gelofte by Bloedrivier word dus aangepas en verdraai om die stigting van ‘n nuwe volk op daardie dag in 1838 te verteenwoordig. Gaan lees egter gerus weer die teks van die Gelofte, want dis nie wat daar gesê is nie.

En dan, natuurlik, om die Boere-mistiek tot sy logiese uiteinde te voer, volg dit die antwoord op die benarde politieke situasie waarin Afrikaners hulself bevind, is vir Afrikaners (askies, Boere) om onsself bloot te verootmoedig, en terug te keer na ons verbond met God, of dan ‘n nuwe Gelofte met God te sluit. Eenvoudig, nè? Dikwels word Ou-Testamentiese Bybelverse soos 2 Kronieke 7:14 in hierdie verband aangehaal, met die implikasie dat Boere God se uitverkorenes sou wees, en die ander volke – die swartes – per implikasie nié.

Die groot probleem met hierdie simplistiese siening kom uiteraard daarmee dat dit moeilik is om op streng Bybelse gronde, soos mens by Bloedrivier kon maak, te argumenteer dat dit die Christen-Boere teen die heidense swartes is. Swart Christene se getalle is vandag waarskynlik tien maal groter as Afrikaner-Christene s’n. Dit geld ook vir die ANC se kiesers. Dit sou uiters riskant wees om te probeer argumenteer dat die Boere die ware Christenskap aanhang, en die swartes nie. Werklik? Is ál die dertig miljoen plus swart Christene in Suid-Afrika op ‘n dwaalspoor, teenoor slegs die Boere wat die “ware” geloof in pag het?

Miskien is dit tyd vir ons as Afrikaners, en veral diegene wat die Boere-mistiek aankleef, om ‘n stappie terug te neem en ‘n bietjie nederigheid te toon. Afrikaners is nie meer ‘n belangrike volk in internasionale terme nie. Daar is ses of sewe maal meer Hollanders as wat daar Afrikaners is, en Holland is nou nie juis een van die belangrikste lande op aarde nie. Minder as een uit elke twintig mense in Suid-Afrika is deesdae Afrikaners. Op Skriftuurlike gronde weet ek nie van enige rede waarom ‘n Christen-Afrikaner, eerder as ‘n Christen-Xhosa, God se uitverkorene sou wees nie. Dit is veral ‘n non-sequitor dat die blote verootmoediging deur die volk noodwendig sou lei tot ‘n verbetering van ons politieke situasie, weer eens omdat daar geen rede is om te dink dat ‘n ANC-Christen meer spesiaal in God se oë is as ‘n Afrikaner-Christen nie, of andersom. Gaan die Nuwe Testament eweneens nie juis oor die individue van álle nasies se ewige saligheid nie, in teenstelling met die nasionalistiese fokus op Israel in die Ou Testament nie?

Voorts is dit totale wensdenkery dat meer as ‘n handjievol Afrikaners ooit sal terugkeer na die waardes wat die Boere kwansuis destyds aangekleef het (wat dié ook al was.) Al wat ‘n Westerling is, ook Afrikaners, raak toenemend minder gelowig. Ek is bevrees dit gaan slegs enkele Afrikaners wees wat hul Westerse leefstyle gaan heroorweeg en terugkeer na wat ook al die mistiek van hulle vereis.

Daar is selfs diegene, myself inkluis, wat meen dat hierdie soort mistiek, wensdenkery en simplistiese versugting na verootmoediging, ‘n soort meganisme is om die realiteit te vermy. Dit verteenwoordig magiese denke. Afrikaners hoef in terme van hierdie magiese denke slegs te bid en op geestelike gebied terug te keer na die mistieke verlede, en dan sal daar ‘n wonderwerk soos by Bloedrivier plaasvind, en is ons ontslae van die dwingelandy van die ANC.

Was dit maar net so eenvoudig.

интерьер гостинойданильченко юрий брониславович прокурор

As hulle dan nie brood het nie …

“As hulle dan nie brood het om te eet nie, laat hulle koek eet.”

Wanneer die inkomstegaping in ‘n land te groot word, so lui die model van relatiewe deprevasie, dan raak die rewolusionêre klimaat ook baie groot.

Hierdie beginsel behoort nie aan die regering vreemd te wees nie. Die ANC is immers met die SAKP in alliansie, en ‘n rewolusionêre klimaat is waarop die kommuniste tradisioneel teer.

Die nuus dat Eskom se topbestuur aan hulself verhogings van gemiddeld 83 % toegeken het, en kopsku was om ‘n aanbod van meer as ‘n tiende hiervan aan die werkers te maak, was dus vir baie ‘n skok.

Sulke reusebestuursverhogings gebeur selde in isolasie, en dit wil voorkom asof dit dié keer ook nie anders was nie, met die vervoerstaking wat om min of meer dieselfde rede groot ontwrigting op die vooraand van Wêreldbekersokkertoernooi gebring het.

Dit is maklik om werkers te verkwalik vir hoër as inflasieverhogings te midde van ernstige pogings om inflasie hok te slaan, en pogings om die impak van die wêreldekonomiese krisis af te skud. Boonop lyk dit uiters selfsugtig om groot verhogings af te dwing as daar ‘n toename in werkloosheid te midde van reeds baie hoë werkloosheidsyfers is.

Alle redenasies loop hulself egter bloedneus as die bestuur van ondernemings, veral semi-staatsinstellings, aan hulself banale verhogings toeken. Daar sal teen-argumente wees soos dat hoëvlak kundigheid uiters skaars en nodig is om hierdie instellings te laat vlot. Daardie argument het egter voorbehoude, soos dat die kundigheid wat behou moet word wel die vakkundige kundigheid insluit, en dat bestuur wat sulke rojale meevallers kry inderdaad oor die bestuursvaardighede beskik. Wanneer na die geskiedenis van die afgelope dekade en ‘n ietsie gelet word, lyk dit nie so nie.

Voor hierdie jongste reeks verhogings was Suid-Afrika al ‘n ruk lank die land met die grootste meetbare inkomstegaping.

Peperduur paloekas stuur gewoon die verkeerde boodskap na die werkers uit.

Dit laat die vraag ontstaan oor hoekom die regering dit toelaat. ‘n Nuwe aristokrasie is immers uit pas met ‘n regering waar ANC-raadslede net voor hulle Bloemfontein se tariewe verlammend verhoog, sing “ We are Communists .”

Daar is reeds soveel vreemdhede wat op die regering se brood gesmeer kan word, dat ‘n waarnemer stellig nie verbaas moet staan as daar nog ‘n vreemdheid ook kop uitsteek nie.

So ‘n klein poel van mense wat vermoedelik superbelasting betaal, sal kollektief hopeloos te min oplewer om munisipale begrotings te laat klop, of die staat in staat stel om sy program van mense wat welsynstoelaes ontvang uit te brei. Omdat hierdie super-betaaldes nie in die werklike produktiewe sektor is nie, sal dit nie genoeg entrepreneurskap inspireer om werksgeleenthede te skep nie. Trouens, dit werk soos roes op bestaande werksgeleenthede.

Dit het ‘n soortgelyke uitwerking as die super-verhogings wat Bloemfontein nou op die lyf geloop het. Terwyl dit amptelik gedoen word om te neem by die sogenaamde rykes sodat die armes beter versorg word en meer gratis dienste kan ontvang, is dit reeds duidelik dat baie huishoudings nou noodwendig hul huishulpe moet laat gaan, en verskeie ondernemings hul deure moet sluit. Daar is selfs van ‘n kollektiewe strafreaksie om huishulpe te laat loop sprake.

Met die ekonomiese herstelprogramme wat talle lande opgestel het, is ellelange segmente aan moraliteit gespandeer. Toe dit blyk dat van die Amerikaanse maatskappye wat met staatshulp uit die verknorsing gehelp is, van daardie geld gebruik het om weer aan hul elite reuse bonusse te betaal, was die vet in die vuur.

Om die een of ander rede lyk dit of niks die nuwe klas eietydse Mandaryne van hul grypsug sal genees nie, al veroorsaak dit dat die land vir die gewone burger ekonomies kreupel sal bly.

‘n Antwoord is waarskynlik meer in opportunistiese politiek te vinde – maak die rykes in ANC-geledere so ryk dat ‘n volle implementering van sosialisme hulle steeds superryk laat. Dan is daar nie uit daardie geledere protes nie.

ролики ценапрокурор харьковской области

Vir ‘n nuwe kultuurpolitiek

Die Franse geskiedkundige Bernard Lugan, het onlangs op TV gesê dat ons land se nasionale kultuur uit “Marxistiese mistiek” bestaan. En dit is baie waar: sedert die revolusie van 1994 is daardie “Suid-Afrika” wat in Die Stem van C.J. Langenhoven besing word, vervang deur ‘n nuwe entiteit wat uit die Marxisme put. Sentraal by die denke van Karl Marx, Wladimir Lenin en ander staan die idee van: revolusie – of, soos dit hier genoem word – transformasie.

Die transformasie van Suid-Afrika het ‘n vernietigende uitwerking op die Afrikaner en Afrikaans gehad. Dis veel erger as sou ons ‘n oorlog verloor het. In oorloë staan volkere grondgebied of hulpbronne soos geld of grondstowwe af, maar in die huidige transformasieproses moet die Afrikaner sy taal, kultuur, identiteit, selfs sy menswaardigheid, prysgee. Uit plaasmoorde en ander geweldsvoorvalle is dit duidelik dat ons menswaardigheid ten diepste aangetas is en dat ons nie net as ongewens nie, maar as sub-menslik deur die heersende bestel behandel word. In my boek Scourge of the ANC het ek van plaasmoordenaars as die Einsatzgruppen van die ANC gepraat. Deel van elke volksmoord is verontmensliking, dít waaraan soveel Afrikaners daagliks blootgestel word.

Die skaal van die nederlaag wat ons in 1994 toegedien is, asook die oorname deur die ANC van alle staatsinstellings soos die weermag, polisie, SAUK, Reserwebank, Transnet, Eskom, ens., laat die Afrikaner in ‘n posisie van intense magteloosheid, nee, weerloosheid, jeens ‘n gewapende en magtige verdrukker. Blykbaar word die topstruktuur van die polisie beheer deur oudlede van Umkhonto we Sizwe wat van ons korrupte polisiediens as’t ware ‘n ANC-milisie gemaak het. Slegs ‘n briljante militêre en politieke strateeg wat die hele volk agter hom sou moet versamel, sou ons uit die kake van die ANC kon red. Maar natuurlik het ons nie so ‘n persoon nie en is ons mense vandag meer verdeeld as ooit, met die meeste wat ‘n wesentlik Engelse, mulitikulturele party, die DA, by die stembus ondersteun.

Dit wil voorkom asof die meerderheid Afrikaners, soos die Kapenaars in die negentiende eeu, hulself by oorheersing aangepas het. Erger, soos Roelf Meyer tydens die onderhandelings in die vroeë negentigerjare gesê het, verteenwoordig “die regses”, oftewel die Afrikaners met ‘n nasionale identiteit, die “gemeenskaplike vyand” van sowel die ANC as die meeloper-Afrikaners (of “-Afrikaanses”, want self het hulle opgehou om na hulself as “Afrikaners” te verwys). Dan het ons nog ‘n irrasionele klomp “Boere” vir wie die vyand nie soseer die ANC is nie, maar die Afrikaners wat hulle met behulp van Siener van Rensburg, hul Israelvisie en ander idees wil verketter. Diegene wat “die Boer” van die Afrikaner wil afsonder, pleeg Boeremistiek, in antwoord op die ANC se Marxistiese mistiek wat deur die term “reënboognasie” uitgedruk word.

Soos Huntington en ander gesê het, is die politiek van die een-en-twintigste eeu gelyk aan identiteitspolitiek. Dit is ‘n stryd tussen Christen en Mohammedaan, tussen modernis en tradisionalis, tussen Afrikaner en Afrikaan, tussen burger en wêreldburger. Dit gaan oor taal, kultuur, godsdiens, plekname en rassekwotas.

Die Afrikaner het nie op die slagveld verloor nie. Wel het hy die propagandaoorlog in die internasionale en plaaslike media verloor. Weens sy kolossale magsverlies word sy identiteit en menswaardigheid van dag tot dag in Suid-Afrika aangeval. Dis ‘n meedoënlose proses en gaan nie ophou totdat ons vernietig is en in wese óf geassimileer óf verdryf is nie.

In die ou dae is daar van “sielkundige oorlogvoering” gepraat. Die berig oor die Suidlanders wat op die voorblad van verlede Sondag se Rapport verskyn het, is ‘n voorbeeld van sielkundige oorlogvoering. Maak die vyand belaglik, sodat sy eie volgelinge hulle vir hom skaam. Breek sy selfvertroue en identiteit af totdat daar geen weerstand meer is nie. Die Amerikaners praat van “psyops”, oftewel “psigologiese operasies” en dit kan só omskryf word: “Psigologiese operasies is beplande operasies om bepaalde inligting en aanwysers aan vreemde gehore oor te dra sodat hul emosies, motiewe, objektiewe redenasievermoë en uiteindelik die gedrag van vreemde regerings, organisasies, groepe en individue beïnvloed word.” (Wikipedia)

Daar is geen militêre of selfs politieke respons teenoor sielkundige oorlogvoering of beplande identiteitsvernietiging nie. ‘n Mens beveg vuur met vuur. Net so moet ‘n mens die huidige aanslag met soortgelyke middele beantwoord.

Eintlik is dit ‘n proses wat al langer as twee eeue duur, vandat die tweede Britse besetting in 1806 begin het. Vele mense het al op die ooreenkomste tussen die swarte ommegang van 1811 en die ANC se waarheids- en versoeningskommissie van 1996 gewys. Albei was groteske oefeninge in laster, oordrywing en valse aanklagte.

Ná die Tweede Vryheidsoorlog, toe die Afrikanervolk sy noordelike republieke moes prysgee, het Hertzog, De Wet en ander vir kultuurpolitiek gekies en het die merkwaardige opbloei van Afrikaans en die Afrikaneridentiteit in die twintigste eeu gevolg. Die feit dat ons vandag nog hoegenaamd oor ‘n begrip van eie vryheid en onafhanklikheid beskik, is hieraan te wyte. In die Suid-Afrikaanse Marxistiese literatuur en geskiedskrywing, is “kultuurpolitiek” boonop ‘n vloekwoord, want dit verteenwoordig die hindernis wat die Marxistiese beweging in ons land soveel jare lank verhoed het om hul huidige hegemonie te bereik.

Wat is kultuurpolitiek? In ons geval gaan dit oor “die heel maak van die Afrikaner”. Soos ná 1902, is ons vandag ‘n stukkende volk. Ons is gerysmier en gebreek deur vyandelike “psi-ops”, verontmenslik deur geweld, verengels en gebreinspoel deur aanhoudende, slim propaganda wat met miljarde rande van ons eie belastinggeld teen ons gevoer word.

Kultuurpolitiek moet die Afrikaner weer ‘n wil en identiteit gee, soos dit in die eerste helfte van die twintigste eeu gedoen is. Toe het die Afrikaner uit die as opgestaan deur ‘n trots in sy eie taal, letterkunde, kultuur en geskiedenis te ontwikkel.

‘n Handjie vol intellektuele en leiers het daardie grootse kultuurbeweging geskep. Van Wyk Louw en sy mede-Dertigers het in die poësie en die letterkunde getoon dat die Afrikaanse taal tot dieselfde skoonheid en status as die groot Europese tale in staat is. Die Duitse filosoof Peter Sloterdijk het in sy belangwekkende lesing “Reël vir die mensepark” gesê: “Wat is moderne nasies anders as die werksame fiksies van lesende openbare liggame wat deur dieselfde geskrifte tot ‘n gelyksgestemde bond van vriende moet raak? Die algemene diensplig vir die manlike jeug en die algemene plig om die klassieke te lees vir jeugdiges van albei geslagte kenmerk die klassieke burgerlike periode…”

Vóór 1994 was dit ook by ons die geval: jong Afrikanermans, soos alle blanke jongmans, het diensplig verrig en op skool is al ons kinders blootgestel aan Celliers, Totius, Van Wyk Louw, Opperman, C.M. van den Heever, Van Melle, ens. In ‘n neutedop: militêre diensplig en poësie op skool was die basis van daardie vervloë Afrikaneridentiteit.

Die uitdaging is vandag om daardie verlore Afrikaanse wêreld ter herskep waarin ons almal, ongeag ons individuele identiteite, so geborge gevoel het. Slegs ‘n kultuurpolitieke beweging is tot so iets in staat. ‘n Kersvlammetjie wat lewend gehou word, kan uiteindelik die groot vuur word wat ons van oorheersing gaan bevry.

Danksy die internet en globale kommunikasie, het die Afrikaanse identiteit baie vloeibaar en selfs globaal geword. Terwyl die ANC-bewind die belangrikste tradisionele kommunikasiemiddele beheer en tot die uiterste vir eie propagandadoeleindes aanwend, het die internet die bron en die lokus van die nuwe Afrikanervryheidstrewe geword.

Die begeerte, die versugting na vryheid bestaan wel by die Afrikaner. Hoe verdeeld, verward en verslae ons mense ook al mag wees. Die grootste probleem is dat daar nie genoeg inhoud aan daardie begeerte na vryheid gegee word nie. Vra mense oor ‘n volkstaat, dan antwoord hulle “Orania”, terwyl daardie dorpsontwikkeling in die Noord-Kaap maar 700 siele tel wat in die praktyk volkome ondergeskik aan die ANC se brute magsoorheersing verkeer.

Die nuwe kultuurpolitieke beweging moet die volgende verrig:

  1. Die volkstaatgedagte as ‘n intellektuele en politieke werklikheid beredeneer waarsonder Afrikanervoortbestaan inderdaad onmoontlik is. Pleks van huidige voorstellings – en hiermee vat ek niemand in die gesig nie, ek praat van ons vyande se voorstellings – waar ‘n klompie bejaarde, bebaarde mans op die haai vlakte ‘n verlepte vierkleur rondswaai, moet die volkstaat as ‘n toekomstige eerstewêreldstaat uitgebeeld word. Ook die staatkundige en filosofiese argumente rondom die volkstaat moet volgens internasionale norme aangebied word, sonder ‘n oorwig van Calvinistiese of Boeremistiek.
  2. In ons letterkunde en filosofie moet die “ongemaklike” temas rondom ras, taal en identiteit met onverskrokkenheid aangepak word. Dit gaan moed verg om die multikultus as ‘n gruwelike, mislukte maatskaplike eksperiment aan die kaak te stel. Want nie net gaan ons deur die ANC se skoothondjiemedia verguis word nie, maar ook die akademiese en sake-elite sal die rug op ons keer, omdat hulle vir hul brood en botter van die staat of staatswelwillendheid afhanklik is. In die woorde van Roelf Meyer, sal ons as “die vyand” gereken word wat hul knusse akkomodasie teenoor die bestel bedreig.

Die gedagte dat ‘n klein groepie Afrikanermanne en -vroue met besielde en skeppende kultuurpolitiek ons totale omgewing in Afrikaans, maar ook in Suid-Afrika en selfs in die wêreld kan verander, is voorwaar opwindend. In baie opsigte word Suid-Afrika met ‘n arendsoog dopgehou omdat die “oplossing” vir ons probleem van etniese en kulturele naasbestaan, naamlik die smeltkroes, universeel as die panasee vir die huidige etniese en beskawingsbotsing in die wêreld voorgehou word. Die geleentheid bestaan dat ons ook aan die internasionale debat rondom hierdie kwessies kan deelneem, enersyds om die onhoudbaarheid van ons pseudodemokrasie te verduidelik, maar andersyds om aan die opkoms van alternatiewe vir die multikultus mee te doen.

Uiteindelik sal die gisting onder ‘n klein groepie Afrikaners met durf en insig wyer uitkring en die politiek in dié land onherroepelik verander. Die enigste rede waarom dit tot op hede nog nie gebeur het nie, is omdat die bestaande talent onder ons mense nie genoegsaam gemonster is nie en omdat ons te veel onder die indruk van tradisionele bemarking in die hoofstroommedia verkeer. Dit lê ons lam en veroorsaak dat ons nie ‘n denksprong buite hierdie afbrekende stelsel en ideologie kan neem nie.

Die Afrikaanse kultuur en politieke of intellektuele lewe is klein, selfs intiem. Indien tien mense oor die wil beskik om dit onherroepelik te verander, kan dit binne ‘n ommesientjie gedoen word.

As PRAAG enige bydrae hoegenaamd te lewer het, is dit juis om hierdie Afrikaanse omwenteling te vermag. Deur ons internetmedia en boekpublikasies moet ons die nuwe rigting skep en aandui. Die res sal agterna vanself volg.

ыгри для дивчатлобановский супермаркет класс

Vat sommer die hele jaar vakansie!

Die skielike aankodiging dat môre ‘n vakansiedag gaan wees, toon in welke mate die sokkerwêreldbeker besig is om die land se produktiwiteit en eerlikheid, wat reeds onder verdenking staan, verder te ondergrawe. Intussen het die ANC-minister van finansies volgens ‘n berig in gister se Business Day, aangekondig dat die aankoop van sokkerkaartjies deur staatsdepartemente indruis teen die wet en staatsamptenare aan vervolging weens die misbruik van openbare fondse mag blootstel. Blykbaar het sulke aankope van kaartjies en vermaakpakkette rondom die sokkertoernooi in die staatdiens geweldige afmetings aangeneem.

Ons kan egter nou al voorspel dat geen van die aardig besoldigde hoëlui in die staatsdiens wat soos wafferse korporatiewe grootmenere hul plesier en sake graag meng, vervolg sal word nie. Inteendeel, die manier waarop die ANC reeds party en staat met mekaar verwar, asook die staatskas en die eie beursie, gaan deur die sokkerkoors net ‘n verdere hupstoot kry.

Die vraag is waarom die hele staatsdiens en groot maatskappye soos die banke wat hul kliënte uitbuit om agterna groot sokkerborgskappe aan ANC-verwante klubs en sportorganisasies te betaal, nie sommer die hele jaar moet afvat nie? Die res van ons wat ons brood in die spreekwoordelike sweet van ons aanskyn moet verdien, sal waarskynlik nie die verskil agterkom nie. Hiervan kan enigeen getuig wat al probeer het om ‘n staatsdepartement of jou plaaslike tak van ABSA te bel. Ons betaal net meer en meer belastings en bankfooie om die ANC en sy handlangers se permanente partytjie te finansier. Dan praat ‘n mens nie eens van die ANC se kiesers waarvan 15 miljoen toelaes ontvang waarvoor die steierende middelklasbelastingbetaler insgelyks moet goed staan nie.

Eintlik het Suid-Afrika in 1994 ‘n aristokrasie, weliswaar ‘n swart aristokrasie, ontvang. Soortgelyk aan die Britse aristokrasie wat ons vermaak met hul seksskandale en familierusies, volg ons die skandes en manewales van die Azaniese aristokrasie waarin die geelpersjoernaliste soveel belangstel en dit as hul patriotiese plig beskou om ons oor in te lig.

Terwyl sommige Afrikanerskape ook onderbroekvlaggies op hul motors aanbring en moontlik in dieselfde dronkenskap en sokkergefuif as die res van hierdie droewe land gaan verval, sal sommige van ons verplig wees om in hierdie tyd te werk.

Hoe gouer ons egter kan ophou om belastings te betaal aan die wonderstaat sonder werkende mense wat hul vermaak, drankies, partytjies en hotelverblyf met belastinggeld vereffen, hoe beter.

Slegs onafhanklikheid en ‘n volkstaat sal ons van die huidige klug verlos. Die Afrikaner se ekonomiese en produktiewe aandeel aan hierdie land word in elk geval deur sowel die ANC as die Angel-Saksiese moondhede soos Brittanje en Amerika op nul geskat, dus sal die partytjiegangers nie eens ons afwesigheid by die makietie opmerk nie.

jewellery forпрокурор Фильчаков

ANC-jeug vaar uit teen ‘mal Afrikaner’

Die ANC-jeugliga is gewalg deur die “kranksinnigheid” van “‘n sekere” Afrikanerboer wat na bewering ‘n klag van volksmoord teen sy leier Julius Malema by die internasionale geregshof gelê het.

“Die ANC-jeugliga is gewalg deur die aandagsoekende sentimente en kranksinnigheid van ‘n sekere Afrikanerboer van Rustenburg wat na bewering ‘n klag by die internasionale geregshof gelê het oor die sing van vryheidsliedere in Suid-Afrika deur Suid-Afrika se bevrydingsbeweging wat deur die ANC gelei word,” het die liga in ‘n verklaring gesê.

Die ANC-jeugliga het gesê die lê van die klag is ‘n poging deur “regse elemente” om hom van sy vernaamste politieke programme te laat afwyk.

“Die kwessie van vryheidsliedere is tans voor die Suid-Afrikaanse howe, wat ‘n tussentydse bevel gelewer het oor die sing van sekere vryheidsliedere tot tyd en wyl die ANC suksesvol sy stryd- en bevrydingsliederfenis gaan verdedig.”

Die liga het gesê dat hy nog nooit in misdaadaktiwiteit betrokke was nie omdat hy daarvan bewus is dat sodanige aktiwiteit die “vryheid” sou ondermyn waarvoor sy “voorgangers” met hul lewens geveg het.

“As daar mense bestaan wat volksmoord teen ons mense gepleeg het, is dit die Afrikaners wat vele vryheidsvegters en onskuldige Suid-Afrikaners geslag het om die rassistiese apartheidsbewind vir baie jare te beskerm en ons het hulle daarvoor vergewe.

“Die beweerde klag by die internasionale geregshof het vanuit mediaberigte onder ons aandag gekom en geen kommunikasie is aan ons deur die internasionale strafhof gestuur nie.

“Ons is meer as seker dat die internasionale strafhof hom nooit aan ‘n sekere Afrikaner se onnoselheid en onsekerheid steur nie en behoort eerder te fokus op die vervolging van oorloë wat deur imperialiste geborg word en wat steeds in die wêreld plaasvind.”

Die liga het gesê dat hy as ‘n beginselsaak alle Suid-Afrikaners aanmoedig om te waak teen regse agents provocateurs, “waarvan die meeste begunstigdes van ‘n rassistiese moorddadige apartheidsbewind is”.

Malema“Hulle maak herhaaldelik misbruik van die regte waarvoor die bevrydingsbeweging geveg het ten einde ons aandag van ernstige kwessies rondom die ekonomiese emansipering van die swart meerderheid en Afrikane in die besonder af te lei. Ons word nooit geskud nie.

Volgens ‘n berig gister in Beeld, het ‘n onbekende boer van Rustenburg en gesin Suid-Afrika verlede week verlaat uit vrees vir hul veiligheid nadat hy besluit het om die klag teen Malema te lê.

Hul prokureur, Fanie van der Walt, het gesê dat die beskuldigings teen Malema Maandag op skrif aan die internasionale strafhof in Den Haag, Nederland, gestuur is.

Die klagtes hou verband met Malema se singery van “skiet die Boer”, wat deur die Rustenburgse boer geïnterpreteer word as aanhitsing van jeugliga-ondersteuners om volksmoord teen Afrikanerboere te pleeg.

Kort nadat Malema deur die ANC betig is, het die woorde van die liedjie verander na “soen die Boer”.

липецк жгутыЛобановский