Die jongste plaasaanval by Vredefort-aanval word ingesluit by altesaam sewe plaasaanvalle wat sedert Vrydag oor die land heen plaasgevind het, het die TLU SA gesê. TLU se woordvoerder, Henry Geldenhuys sê ‘n vrou is op die Motloti Lodge by Thabazimbi in Limpopo dood toe vier mans haar en haar man aangeval het. Nog mense is
Hongarye stem strawwer maatreëls teen instroming
Hongarye het drastiese nuwe maatreëls gestem wat die bevoegdhede vir sy weermag sal uitbrei in ‘n poging om die toestroming van vlugtelinge te keer. Die nuwe maatreëls is met ‘n tweederde meerderheid aanvaar. Die polisie mag ook voortaan private huise binnegaan om na onwettige migrante te soek sonder ‘n lasbrief. Honderde duisende mense het reeds
Lees verder: Hongarye stem strawwer maatreëls teen instroming
Té simplisties om net Heyneke Meyer te verkwalik
Saterdagmiddag se treurmare in Brighton gaan ongetwyfeld vir weke nog die hoofpunt van bespreking onder rugbygeesdriftiges in Suid-Afrika wees. Die eens magtige Bok word soesji, afgeslag deur die Japannese. Veral een akteur in die Japannese tragedie staan vierkantig in die beskuldigdebank: Heyneke Meyer. Al wat ‘n cliché is word aangewend om hom mee te beswadder.
Lees verder: Té simplisties om net Heyneke Meyer te verkwalik
Spesiale aanbod: Bekom ‘n eksemplaar van ‘Omsingel die laer van die heiliges’ deur Jean Raspail
Hierdie roman deur Jean Raspail, wat reeds in 1973 in Frans verskyn het, bied ‘n profetiese blik op Frankryk en die res van die Weste wat deur ongewapende Derdewêreldimmigrante binnegeval en verower word, presies soos wat nou in Europa met die sogenaamde “migrante” gebeur. PRAAG het die laaste 30 eksemplare van die 1990- Afrikaanse uitgawe
Dapper Bloeisels klits die Floubokke
Suid-Afrika speel Saterdag in sy tweede wedstryd teen Samoa wat Amerika vroeër met 25-16 geklop het. Die Minister van Sport, Fikile Mbalula, het die Springbokke oor die kole gehaal en gesê hulle vertoning in die wedstryd teen Japan was teleurstellend. Die Bokke het met 34-32 verloor in die Wêreldbeker rugbytoernooi in Engeland. Kritici meen dit
Verdagte in Vredefort-moorde aangekeer
‘n Vyftigjarige man en twee kinders is Sondagaand doodgeskiet op ‘n plaas by Vredefort in die Vrystaat. Volgens polisiewoordvoerder Masilela Langa het plaasvoorman Hansie Raadt na bewering ‘n swartman, wat aan hom bekend is, en ses kinders by ‘n vulstasie op die dorp opgelaai en saam met hulle op die plaas Palmietkuil gaan eet. Die
Hongarye dryf migrante met waterkanonne terug
Hongaarse onlustepolisie moes waterkanonne gebruik om fortuinsoekers terug te dryf in Horgos, ’n grensdorp tussen Hongarye en Serwië. Europa se 20 jaar lange paspoortvrye Schengen-sone loop die gevaar om in duie te stort, met Duitsland wat grensbeheer by sy grens met Frankryk verskerp het. Moslems wat desperaat is om ’n weg om Hongarye se grensheining
Dan Roodt: Eurokaner en kreool
PRAAG was vyftien tot twintig jaar gelede ‘n stem roepende in die woestyn sover dit die taalkwessie aanbetref. Deesdae word daar meer oor die lot van Afrikaans, veral aan universiteite, geskryf, maar het ons werklik vordering gemaak? Eerder as wat dit verflou het, het die argument vir volslae verengelsing toegeneem. Soos ek onlangs aangedui het,
Trump loop los voor in benoemingstryd
Die voorloper onder Republikeinse aanspraakmakers op die party se nominasie as presidentskandidaat, Donald Trump, voormalige goewerneur Jeb Bush, en die oud-sakevrou Carly Fiorina en ander voornemende presidentskandidate het in Woensdag se TV-debat mekaar gekarnuffel. Die debat, wat veronderstel was om die kandidate se mening oor belangrike standpunte uit te lig, is hoofsaaklik deur Trump oorheers.
Tsoenami-waarskuwing na aardbewing by Chile
Drie mense is dood toe ’n aardbewing wat 8.3 op die Richter-skaal gemeet het, neffens die kus van Chili aangeteken is. Geboue in die hoofstad Santiago het geruk en tsoenami-waarskuwings is uitgereik aan Chili, Peru, Frans-Polinesië en die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. Die president van Chili, Michelle Bachelet, het aangekondig dat sy die gebiede sal besoek
