Hongaarse onlustepolisie moes waterkanonne gebruik om fortuinsoekers terug te dryf in Horgos, ’n grensdorp tussen Hongarye en Serwië.
Europa se 20 jaar lange paspoortvrye Schengen-sone loop die gevaar om in duie te stort, met Duitsland wat grensbeheer by sy grens met Frankryk verskerp het.
Moslems wat desperaat is om ’n weg om Hongarye se grensheining te vind, het begin om in Kroasië in te beweeg.
Verskeie Europese lande het hul grensbeheer versterk in die lig van die ongeëwenaarde toestromingskrisis. Dit bring die beginsel van vryheid van beweging oor grense, een van die steunpilare van die Europese Unie, in gedrang.
Hongarye het intussen beraam dat soveel as 35 miljoen immigrante uit onstabiele streke Europa sal kan bereik.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.