Die voormalige hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap, Mohamed ElBaradei, sê Afrika kan nie meer die kolonialiste blameer vir sy probleme nie. Hy het bygevoeg dat die Afrika-Unie ook ’n klaaglike rekord van oplossings vir Afrika-probleme wys. Netwerk24 berig dat ElBaradei in Pretoria tydens ’n mediagesprek wat deur die Thabo Mbeki-stigting gereël is, gesê het niemand
Voormalige Israelse premier gevonnis
Die voormalige Israelse eerste minister, Ehud Olmert, is vanoggend in ‘n hof in Jerusalem tot agt maande tronkstraf gevonnis omdat hy onwettig geld van ‘n Amerikaanse sakeman, Morris Talansky, ontvang het vir politieke gunste. Hy is in Maart in ‘n herverhoor skuldig bevind. Olmert se regsverteenwoordigers het aangedui dat hulle gaan appelleer. Hy is verlede
PAP-skeppers besteel by hotelingang
Verskeie afgevaardigdes van die Pan-Afrika Parlement is buite hul hotel in Midrand beroof, het die Gautengse polisie gesê. Hulle is Vrydagaand aangeval terwyl hulle in hul pendelbus oppad van die lughawe hotel toe gereis het, het polisiewoordvoerder Lungelo Dlamini in ‘n verklaring gesê. Die polisie is op soek na sekuriteitsbeeldmateriaal om die verdagtes te probeer
Vredesgeprek in Burundi stol
Burundi se opposisie boikot tans vredesgesprekke met die regering. Die dialoog het Maandag uit protes teen die moord van ‘n opposisieleier, Zedi Feruzi, ten einde geloop. Die VN het vroeër ingegryp om ‘n maand van protes en geweld te beëindig in dié Oos-Afrika land. Minstens 20 mense is dood sedert oproer uitgebreek het op 26
Prins vra dat diensplig terugkom
Brittanje se prins Harry het versoek dat diensplig weer in dié land ingestel word, het Reuters berig. Hy sê sy militêre loopbaan het hom en die soldate onder sy bevel gehelp om op die regte pad te bly. Die 30-jarige Harry, vyfde in die ry vir die Britse kroon, het aan die Britse Sunday Times
Skudding tref Tokio
‘n Aardbewing met ‘n voorlopige sterkte van 5,6 op die Richterskaal gemeet het die Japanse hoofstad, Tokio, en omliggende gebiede vroeër geskud. Die land se meteorologiese agentskap sê dit was nie nodig om ‘n tsoenami-waarskuwing uit te reik nie. Die episentrum was net noordoos van Tokio, maar geen onmiddellike berigte oor skade of ongevalle is
Swart Amsterdamse skole soek naarstiglik na wittes
Negen op de tien leerlingen hebben er een kleurtje: de St. Catharinaschool en de Avonturijnschool in Amsterdam-Zuid zijn ‘zwarte’ scholen in gekleurde wijken waarin ook veel autochtone Nederlanders wonen. Dat wit ondervertegenwoordigd is, vindt directeur Roger Baggen van de Catharinaschool “treurig”. En dat zullen bewoners van de Rivierenbuurt en de Pijp vandaag te weten komen.
Lees verder: Swart Amsterdamse skole soek naarstiglik na wittes
Universiteit Stellenbosch: Oplaas ‘n werklik sinvolle brief
Iemand het uiteindelik daarin geslaag om ‘n werklik sinvolle brief oor die toestand aan die Universiteit Stellenbosch (US) in Die Burger (25 deser, p 8) gepubliseer te kry. Taalrealis van Stellenbosch skryf soos volg – ek haal die brief in sy geheel aan: “Volgens ‘n senior akademiese bestuurder aan die US geniet die beweging Open
Lees verder: Universiteit Stellenbosch: Oplaas ‘n werklik sinvolle brief
MTN sukkel met diesel in Nigerië
Nigerië se grootste selfoonoperateur, MTN, het gewaarsku dat hy gedwing kan word om sy dienste te sluit weens ‘n tekort aan dieselvoorraad in Afrika se grootste olieproduserende land. MTN Nigeria het ‘n boodskap op die sosiale netwerk Twitter geplaas en gesê omdat die meeste van sy basisstasies en ander toerusting deur kragopwekkers aangedryf word, kan
Na beurtkrag kom beurtwater
‘n Professor aan die Noordwes-Universiteit sê Suid-Afrikaners moet hulle staal vir ‘beurtwater’. Kobus van der Walt het tydens ‘n konferensie van die Rooivleis-abattoir-vereniging in Kaapstad gesê Suid Afrikaaners kan in die volgende vyf jaar ‘beurtwater’ verwag en sal daadwerklik water moet begin spaar. Van der Walt sê verder drastiese stappe sal in plek gestel moet
