Wat het koning Goodwill presies gesê?

Daar is die afgelope paar dae herhaaldelik na Koning Goodwill Zwelithini se onlangse kommentaar verwys wat sou gelei het tot gewelddadige aanvalle tussen plaaslike inwoners en buitelandse burgers in KwaZulu-Natal. Sedert die toespraak, het die koning se woordvoerders ontken dat hy inwoners teen buitelanders aangehits het en gesê hy het in werklikheid net verwys na

Lees verder: Wat het koning Goodwill presies gesê?

Honderde asielsoekers verdrink na boot omslaan

Daar word gevrees dat 700 mense verdrink het toe ’n visserboot wat immigrante na Europa gesmokkel het, Saterdagnag naby die Libiese kus in die Middellandse See omgeslaan het, het AFP berig. Die Verenigde Nasies se agentskap vir vlugtelinge (UNHCR), het gister gesê dit kan die dodelikste Mediterreense immigranteramp ooit wees. Net 28 mense het oorleef

Lees verder: Honderde asielsoekers verdrink na boot omslaan

Afrika wys tande oor aanvalle op buitelanders

Die Nigeriese regering het glo ’n ultimatum aan die Suid-Afrikaanse regering gestel om die geweld teen hulle burgers te keer, en gedreig dat Suid-Afrikaanse ondernemings in Nigerië gesluit sal word indien dit aanhou. Meer as 100 Suid-Afrikaanse maatskappye, waaronder MTN, Standard Bank, Sasol, Shoprite, Multi­Choice en Mr Price, doen sake in Nigerië, volgens die Nigeries-Suid-Afrikaanse

Lees verder: Afrika wys tande oor aanvalle op buitelanders

ANC, DA steun ‘Ons is een Mensdom’

Die ANC-premier van Gauteng, David Makhura en DA-leier Helen Zille het hulself ten sterkste uitgespreek teen die jongste vlaag vreemdelingehaataanvalle. Beide het die geweld veroordeel. Makhura het aan ‘n optog van die Metodiste kerk in Yeoville, Johannesburg teen die xenofobiese geweld deelgeneem. Die geweld het vroeër verlede week na Gauteng versprei met verskeie winkels van

Lees verder: ANC, DA steun ‘Ons is een Mensdom’

Xenofobiese aanvalle teen Suid-Afrikaners in Mosambiek

Xenofobiese geweld het uitgebreek in Mosambiek teen Suid-Afrikaners wat die buurland in ‘n haas moes verlaat, terwyl vragmotors wat goedere vervoer, tot stilstand gedwing is. Een vragmotorbestuurder sê dat hy gedwing is om terug te keer na Suid-Afrika ná die vragmotor wat hy bestuur het by ‘n grensdorp onder klippe gesteek is. Die bestuurder moes

Lees verder: Xenofobiese aanvalle teen Suid-Afrikaners in Mosambiek

Die vlakvarke snork al weer oor die Belhar-belydenis

Ek probeer so min as moontlik Netwerk24 lees, ten eerste omdat dit so ‘n lelike webblad is en ten tweede vanweë die twak wat Mad Max en kie. daarin skryf. Toevallig sien ek vandag ene Jean Oosthuizen – hy verkeer onder die indruk dat hy baie beroemd en bemind is, miskien het u al van

Lees verder: Die vlakvarke snork al weer oor die Belhar-belydenis

Leon Lemmer: ‘n Winter van misnoeë: ‘n kouer wind teen Afrikaans en Afrikaners

William Shakespeare het van ‘n “winter of discontent” geskryf. In 1978/79 het hierdie frase ingang in die Britse politiek gevind toe daar uitgebreide stakings tydens ‘n buitengewoon koue winter was. James Callaghan is tydens die daaropvolgende algemene verkiesing verslaan en Margaret Thatcher het die eerste minister geword. Hierop het haar lofwaardige hervormings van die Britse

Lees verder: Leon Lemmer: ‘n Winter van misnoeë: ‘n kouer wind teen Afrikaans en Afrikaners

Gedenkdiens vir Germanwings-slagoffers in Köln

‘n Gedenkdiens vir die slagoffers van verlede maand se Germanwings-vliegtuigongeluk in die Alpe, sal vandag by Köln-katedraal gehou word. Daar word sowat 1 500 mense by die diens verwag, insluitende families van die slagoffers, sowel as die Duitse Kanselier, Angela Merkel. Die Ministers van Vervoer van Frankryk en Spanje, sowel as Lufthansa-hoof, Carsten Spohr, sal

Lees verder: Gedenkdiens vir Germanwings-slagoffers in Köln

SAL ontken dat hulle aan China verkoop word

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het ontken dat hy in gesprek is om aan ‘n ander lugredery te verkoop te word of gedeeltelik verkoop te word, het Reuters berig. Dié verklaring kom nadat Bloomberg bronne na aan die saak aangehaal het wat beweer dat China SAL gaan oorkoop. Ondanks berigte oor samesprekings met die Chinese-lugredery Air China

Lees verder: SAL ontken dat hulle aan China verkoop word

Honderde pasiënte ly onder staking

Honderde pasiënte met spesiale behoeftes is aan hulle eie genade oorgelaat nadat verpleegsters by ‘n hospitaal op Tzaneen in Limpopo begin staak het, het RSG berig. Die provinsie se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, sê hy sal met die diensverskaffer in verbinding tree wat die Shiluvanahospitaal bestuur. Werkers en verpleegsters staak onwettig oor wat hulle sê

Lees verder: Honderde pasiënte ly onder staking