Ek probeer so min as moontlik Netwerk24 lees, ten eerste omdat dit so ‘n lelike webblad is en ten tweede vanweë die twak wat Mad Max en kie. daarin skryf. Toevallig sien ek vandag ene Jean Oosthuizen – hy verkeer onder die indruk dat hy baie beroemd en bemind is, miskien het u al van hom gehoor – se artikel oor die NGK ook daarop raak, wat vir my ewe swak en polities korrek as die res aandoen.
Die argumente wat mense aanbied oor waarom die drie Afrikaanse susterskerke hul huidige drie belydenisse moet aanvul met ‘n ding wat ‘n radikale, neomarxistiese teoloog van die Universiteit van Weskaapland uitgedink het, het nog nooit vir my sin gemaak het nie. Daarom het ek op Facebook gepoog om met broer Oosthuizen, soos dit gestel word, “in gesprek te tree”. Sommer vroeg in hierdie “hoëvlakdebat” haak Oosthuizen uit en beskuldig my daarvan dat ek “stapelgek” is. Let dus daarop, liewe lidmaat van die NG Kerk of Hervormde of Gereformeerde Kerk, as u die neomarxistiese of bevrydingsteologie van die Belhar-belydenis verwerp, is u “stapelgek”.
In weerwil van ‘n verbete media-aanslag waarin die Belhar-prul – kom ons noem dit liewer só pleks van ‘n “belydenis” – as ‘n “versoenende” dokument opgehemel word, het ‘n groot aantal Afrikaanse gemeentes in die NG Kerk dit verwerp of nie met tweederde-meerderhede daarvoor gestem nie, sodat dit lyk asof dit glad nie deur die NGK aanvaar gaan word nie.
Die feit dat die lidmate en sinodes in ‘n mate die Belhar-belydenis verwerp, spreek van ‘n verbasende graad van rasionaliteit by gewone Afrikaners wat ons jare laas gesien het. My eerlike mening is dat Belhar ‘n stuk “teologie van die revolusie” is wat uiteindelik ten doel het om al die bates van die NG-gemeentes te laat nasionaliseer en deur mense van die Boesak-tipe te laat oorneem, wat dit vir eie gebruik sal uitmors of teen ons sal aanwend.
Jean Oosthuizen het nogal ‘n humorsin, want hy vergelyk FW de Klerk met Martin Luther. Ek dink nie De Klerk het, wat leesstof betref, verder as Die Huisgenoot en Die Bybel gevorder nie, as hy nog boonop Die Bybel gelees het, en dan beslis nie in Hebreeus of Grieks nie! Luther was ‘n genie vergeleke met ‘n stommerik soos FW. Dan laat hy dié juweel wat lyk asof Mad Max of iemand dit self geskryf het:
“Op 2 Februarie 1990 was dit FW de Klerk wat die waagmoed aan die dag gelê het om die weg te baan vir ’n nuwe Suid-Afrika en die land van ’n gewisse bloedbad te red.”

Waagmoed? Is iemand wat nie nee kan sê nie ‘n waaghals? En van watter bloedbad praat hy? Daar kon nie ‘n bloedbad in 1990 wees nie, want ons het ‘n doeltreffende weermag en polisiediens gehad wat lewens en eiendom sover moontlik teen ‘n Sweeds-befondste terreurveldtog uit Oos-Berlyn en Moskou beskerm het.
Maar vandag beleef ons die ware bloedbad: die resultaat van die sot De Klerk en sy Britse hanteerder, Robin Renwick, se “pax britannica”. Gaan kyk na die foto’s van wat in ons strate gebeur: bylmoordenaars of messtekers bestorm onskuldige buitelanders wat maar net in iemand se tuin of restaurant wou werk. Ons Afrikaners word insgelyks in plaasmoorde en stedelike aanvalle uitgemoor in wat vele reeds die “tweede volksmoord” noem. Miljarde word by die staat en Eskom gesteel, sodat ons by tye nie meer elektrisiteit of water het nie.
Ek is iewers nog ‘n lidmaat van die NG Kerk en het my kinders ook in daardie kerk gedoop, dus het ek seker ook reg op ‘n stuiwer in die armbeurs. Wat móét gebeur is dat ons van die hele verraderlike Afrikanerelite met sy oorgawementaliteit moet ontslae raak, in die kerk, in die skool, op universiteit, in die politiek, in die letterkunde en waar ons ook al kan.
As die lidmate in opstand kom teen die gebreinspoelde, kwasi-marxistiese dominees en teoloë wat veg vir hul posisies aan die fakulteite of in die bestuur van die kerk, dan is dit ‘n goeie ding.
Gays… Ek het niks teen gays nie en “van my beste vriende is”, ens. Maar waarom daar selfdegeslaghuwelike moet wees, verstaan ek nie, want mense van dieselfde geslag kan nie kinders maak nie, hoewel lesbiese vroue hulself seker kunsmatig kan laat bevrug. Die huwelik is ‘n tradisionele instelling vir tradisionele, heteroseksuele pare. Punt. Selfs die twee homoseksuele Italiaanse ontwerpers Dolce en Gabbana het so gesê. Hiervan kan “progressiewes” seker verskil, maar waarom dit ‘n debatspunt in die kerk moet word, weet nugter.
Ons is siek en sat vir die “Gaystapo”, politieke korrektheid en die geweld wat ons land teister. Die kerk behoort die waardes waarop hy gebou is, te herbevestig, want ‘n klomp dekadente, verlore siele in dié land het dit nodig. Ons is te dom en te gedekultureer om soos die Franse ‘n sekulêre, intellektuele etiek te ontwikkel. Daarbenewens is daar ‘n heropkoms van primitiewe bygeloof en sadisme wat slegs met geloof bestry kan word.
Ten minste van die 19de eeu en die Boererepublieke af, maar selfs daarvoor, was daar godsdiensvryheid in ons land. Van ons voorouers het dan juis uit Europa gevlug weens die godsdiensoorloë en geloofsvervolging. Wat ons tans in die gesig staar, is juis die einde van godsdiensvryheid, want die polities korrekte tipes wil aan almal voorskryf en vervolg mense vanweë hul menings. Daardie selfde Piet Croucamp wat God as “breindood” beskryf, het ‘n filosofiedosent aan Tukkies uit die land verdryf, eenvoudig omdat sy dit durf waag het om haar teen die hoë voorkoms van verkragting in die land en die stilte van wit feministe daaroor, uit te spreek! Hierdie Belhar-belydenis is die Trojaanse perd wat ‘n slaafse onderwerping aan sosialistiese en kommunistiese dogma in die kerk moet verseker. As jy nie hulle ekstremistiese gelykheidsideaal in die naam waarvan Stalin, Mao en Pol Pot tienmiljoene mense laat uitmoor het, onderskryf nie, sal jy geëkskommunikeer, verwerp, verstoot en moontlik selfs vervolg word, soos daardie Tukkielektrise dit reeds ervaar het. Dus sal die Bybel en geloof ondergeskik aan die gelykheidsdogma gemaak word, en wee enigeen wat dit bevraagteken. As mense enige verstand het, sal hulle dit nóú verwerp voordat dit verder in ons kele afgedruk word en as instrument téén godsdiensvryheid en meningsvryheid gebruik word.
Suid-Afrika het die NG Kerk nodig. Maar eers moet die kerk van die manteldraaiers, verraaiers en Belhar-aanhangers gesuiwer word. Laat hulle by die Kommunisteparty, wat hul ware tuiste is, vir posisies gaan aanklop.
Ons kan baie lesse by die Russe leer, hoe hulle ná 70 jaar van kommunisme weer die Ortodokse geloof en gesinswaardes herontdek het. Ná 20 jaar van kommunisme en dekadensie, staan ons voor dieselfde uitdaging.
Die Naarperspropagandiste kan nie debatteer nie en stel ook nie belang om enige ander mening behalwe die gefabriseerde konsensus wat hulle self onderhou, aan te hoor nie. Vandaar dus hul konstante neiging tot laster, beledigings en honende beskuldigings
Eintlik maak Jean Oosthuizen ‘n groot fout om my uit te daag om régtig my mond uit te spoel oor die erbarmlik onnosele Kaapse pseudo-intellektuele wat minder as ‘n Franse vlugkelner van denke of politiek verstaan. (Eenmaal het ek en my vrou op ‘n vlug van Parys na Washington op ‘n halfleë vlug van Air France ‘n baie aangename paar uur in die geselskap van so ‘n vlugkelner deurgebring wat beleefd, belese en uiters beredeneerd in sy menings was, so anders as jy met jou dogmatiese swartsmeerdery en gepoogde snobisme wat niks anders as ‘n heksejag is nie.) Dis al waartoe die Naarperspropagandiste in staat is: Middeleeuse heksejagte jeens diegene wat nie hul konformistiese onderdanigheid aan die PK dogma deel nie.
Dan wat hul styl betref: Hulle is anglomaans, sonder dat hulle behoorlik Engels ken of iets van Engeland weet of verstaan. Hulle Afrikaans is deurspek van clichés en selfs growwe taalfoute wat spreek van ‘n gebrek aan aanvoeling vir wat hul moedertaal behoort te wees. Aan die ander kant: waarom aanhou Afrikaans praat en skryf as hulle ons tradisie, geskiedenis, letterkunde, filosofie, teologie en politiek heeltemal verwerp? Wat die res betref: Hulle vreet soos varke aan ‘n trog in die Spur en ander kwasi-Amerikaanse plekke wat net vir kannibale geskik is, hulle dra skoene wat so lelik is dat dit nie eens in die ou Sowjetunie geduld sou word nie, hulle luister na die mees afskuwelike musiek, lees totale gemors soos Amerikaanse blitsverkopers of Deon Meyer, en dan wil hulle ons snobeer!
Kan u sien, liewe leser, hoe uiters lagwekkend dit is? Hulle is regtig ‘n klomp dom, oningeligte ghwarre wat die klok hoor lui het, maar nie weet waar die bel hang nie. Ek gun Jean Oosthuizen sy dogma en kleindorpse vooroordele, die wêreld vanuit Somerset-Wes sonder ‘n taal, want hy is nóg Engels nóg Afrikaans behoorlik magtig. As hulle nie so vervelig was nie, sou mens ‘n satire daaroor kon skryf.
Tydens die Facebook-onderonsie met Oosthuizen, beskuldig hy my daarvan dat ek “smag na aandag”. Eintlik vereer ek die man deur my poging om met hom in debat te tree, want hy is ‘n nul op ‘n kontrak. Ek het lankal belowe om ‘n politieke onderhoud met een van die grootste lewende Franse filosowe vir ons webblad te voer en pleks van my met iemand te bemoei wie se kennis en insig Oosthuizen s’n eksponensieel oortref, skryf ek hier omdat ek glo dat elke mens nog iewers oor ‘n tikkie reptielbrein of selfbehoud of wat ook al beskik, selfs al is sy hele bewuste brein al deur propaganda en kondisionering in besit geneem. Hy is so in die duister dat hy eers gaan agterkom daar is iets fout as hy of sy dogter ‘n klip deur hul motorruit kry soos ‘n week gelede met die dogter van ‘n ou skoolvriendin gebeur het.
Een van Jean Oosthuizen se vriende praat van ‘n “modderdebat”. Ek was werklik nuuskierig om te verneem wat die argument rondom die Belhar-belydenis is, as dit dan nie ‘n vergeetlike stukkie marxistiese gelykheidsdenke is nie, maar pleks daarvan vaar broer Jean teen my uit en beweer dat ek sertifiseerbaar kranksinnig is. Die probleem is: die Naarpersvark is ook ‘n vlakvark, want hulle dink baie vlak en as hulle ‘n ander dier teëkom wat nie met sy neus in die grond snork nie, dan dink hulle hy is dalk mal… As u my jongste Engelse essay’tjie lees, sal u daarin ‘n paar aanhalings vanuit Orwell vind. Hy het mos ook in sy boek “Animal Farm” oor die bobaasvarke op die plaas geskryf waar almal so “gelyk” is. Maar “sommige diere is gelyker as ander”, veral die varke. Nou verstaan ek sommer waarom die vlakvarke hier by ons so na “gelykheid” streef en via hul Belhar-snork dit ook in die kerk wil indra en afdwing, so op die trant van oorle Oom Joe, en dis nou nie Joe Stalin nie, hy ook, maar veral Oom Joe Slovo, waarvan ek die pragtige lewensverhaal gelees en hier geresenseer het.
Kopieer onderstaande paar paragrawe en plak dit oral op Facebook of stuur dit per epos aan u al u vriende en kollegas:
STAAN OP TEEN DIE BELHAR-PRUL!
Die Belhar-belydenis is ‘n stuk “teologie van die revolusie”, ‘n radikale gedagterigting wat in Suid-Amerika ontstaan het en ‘n poging was om Karl Marx se Das Kapital met Die Bybel te versoen. Sentraal daarin staan die gedagte dat Christus ‘n soort “bevryder van die armes” was en dus een van die eerste marxistiese revolusionêre. Nog ‘n gedagte wat in die Belhar-prul – ek noem dit geen belydenis nie, want dis ‘n onbeskaamd politieke dokument – beliggaam is, is dié van “gelykheid”. Ons weet dat 100 mijoen mense tydens die twintigste eeu in die naam van gelykheid vermoor is, in kommunistiese lande.
Op Netwerk24 raak Agent Koos Roos, of wie hy ook al is, die volgende twak kwyt:
“Die NGK het vir dekades een van die brutaalste, immorele ideologiese stelsels en mensevergrype in moderne tye verkondig, verdedig. uitgebou en gekondoneer”
Duidelik praat hy vanuit ‘n marxistiese of kommunistiese perspektief. Volgens Biskop Tutu se WVK is daar slegs 600 mense deur die veiligheidsmagte gedood tydens 40 jaar van apartheid, SOVEEL AS WAT TANS ELKE PAAR DAE VERMOOR WORD, en daarom moet die NG Kerk nou hierdie marxistiese “belydenis” aanneem. Is dit nie absurd nie? Wat het geloof in elk geval met politiek te make, behalwe vir kommuniste VIR WIE ALLES POLITIEK IS?
Feit is dat daar tydens die 1980’s ‘n geweldige aanslag teen Suid-Afrika vanuit sowel Moskou as Oos-Berlyn gevoer is en die leier van die Kommunisteparty, Joe Slovo, was die meesterbrein wat terreur in die vorm van die Kerkstraatbom, bomme in Wimpy’s, asook halssnoermoorde aangevoer het.
Die oogmerk van die Belhar-belydenis is om uiteindelik die NG Kerk se bates, wat aan die gemeentes behoort, van hulle te vervreem en aan korrupte politici en politieke predikante soos Allan Aubrey Boesak te oorhandig, wat dit gaan plunder net soos Eskom, die munisipaliteite en ander instellings geplunder is. Ons het mos nou al 20 jaar se ervaring van “vryheid” en die metodes waarmee hierdie ANC- en SAKP-politici hul sakke vul.
Daarom doen ek ‘n beroep op alle NGK-lidmate, of u nou gereeld kerk toe gaan of nie: Verwerp die Belhar-prul! Staan op teen Belhar!
Tot dusver het ons alles gesluk: diskriminasie teen Afrikaans, regstellende aksie, geweld, misdaad, moord, verkragting. Maar kom ons trek die streep hier en sê “nee” vir die Belhar-prul. Al is dit net om ons selfrespek te herwin. Is ons sulke lafaards dat ons nie die laaste stukkie geestelike en gemeenskapserfenis waaroor die Afrikaner beskik, sy kerk, kan verdedig nie? Ons voorouers het gesterf vir hul geloof of halfpad om die aardbol gereis om vry te kan aanbid. Laat ons voor God buig maar nie voor die wêreldlike teoloë en vals politieke geestelikes wat ons weereens in ‘n lokval wil lei, net om ons uiteindelik kaal uit te trek en vanuit kerke wat ons voorouers betaal en gebou het, te verstoot nie.

Ek het die Belhar-belydenis gelees nog voordat dit vrygestel was. Ek was so ontsteld dat ek daarna glad nie weer kerk toe gegaan het nie.
Wil liewers nie sê wat ek in my bedankingsbrief gesê het nie behalwe dat die kerk hoerlopers agter drekgode aan is.
Gelukkig was hier so ‘n maand of twee terug in die gemeente ‘n stemming oor die wolhaarbeleidenis gewee. My vrou is nog lid van die kerk. Haar terug voer was dat nie eers ‘n halp % vir die wolhaarbelydenis gestem het nie. Eienaardig, die predikant is daarna gevra om te loop – lyk asof hy aan die kant van die wolhaarbelydenis was.
“Ons voorouers het gesterf vir hul geloof of halfpad om die aardbol gereis om vry te kan aanbid. Laat ons voor God buig maar nie voor die wêreldlike teoloë en vals politieke geestelikes …”
Voorgaande staan VERSEKER uit en ek stem 100% saam.
JOHAN : Net vir interessantheid en jy staan onder GEEN verpligting om te antwoord nie – sou jy nie die AP Kerk oorweeg het nie ? Ek het jare gelede reeds die NG Kerk verlaat en lidmaat geword van die AP Kerk en was ook van die eerste lidmate van die betrokke Kerk wat die naaste aan ons woonbuurt was. Daardie jare het ons nog gebruik gemaak van ‘n skoolsaal om die diens Sondae by te woon totdat ons Gemeente finansieel daartoe instaat was om ons eie Kerk te koop. Groete.
Kaylee, nee ek het nie die AP kerk oorweeg nie. Persoonlik het ek die ouderdom bereik en na my mening, die geloofsdiepte bereik waar ek slegs in enkele dinge glo.
Ek glo God, die een wie ek aanbid, is Gees, Siel, Liefde, Waarheid, Beginsel, Lewe en Intelegensie.
Hierdie is vir my genoeg. Dit is vir my so diep en deurwewend van my lewe, dat ek troos in alle situasies vind deur bloot net aan een van die aspekte van God te dink en daaruit my krag te put.
Nou moet ek darem daarby voeg, Christus se boodskap is vir my veel meer sinryk as gevolg van my insigte.
Ek stap omtrent elke aand uit en kyk na die sterre en verwonder my daaraan dat die Almagtige elkeen deur die heelal laat beweeg sonder om hoegenaamd energie te verbruik op hulle wentelgang.
So sal die Gees van die Vader wat in my is, ook eerdaags wees. Wat ‘n vooruitsig!,
Johan, baie dankie dat jy my tog geantwoord het, ek waardeer dit.
Dankie ook vir die persoonlike boodskap wat ek op myself (elkeen van ons as gelowige Christene) daagliks moet toepas.
Stem ook, “wat ‘n vooruitsig” – ek is gereed.
Ek dink as die ouens 2 Johannes 1 gaan lees, sal hulle die waarheid sien soos nog nooit tevore.
Dankie Dr Dan vir hierdie interesante artikel, uiters insiggewend.
Oom Dan, die skrywe van oom moet eintlik elke lidmaat van die 3susterskerke bereik. Dit is dan ook ongelukkig so dat die predikante klaarblyklik meer in gemeen het met Marxiste as met ons Afrikaners. Dit is ongelooflik dat die Belhar-prul op dieselfde vlak as die 3 Formuliere van Enigheid gestel word. Belhar is die mens sentraal(Humanisme) terwyl die Belydenisskrifte onvoorwaardelik die eer van ons hemelse Vader voorop stel. Die Belhar volg dieselfde slinkse pad as die 83-verdwaling(n debat op sy eie).
n Terugkeer na die kerk van ons vadere(o.a. Jan v Riebeeck en die Franse Hugenote) is uiters noodsaaklik. Ongelukkig is dit nog net die naam van die kerke wat min of meer dieselfde is. Die inhoud het net wind geword en daarom word ons soos golwe op die see deur allerhande vreemde leringe rondgeslinger.
Dit is belaglik van Oosthuizen om Martin Luther met F.W. de Klerk te vergelyk. Luther het vanweë sy onbegrensde geloof in God, intellektuele vermoëns en deur sy byna onvermoeibare werkywer n baan gebreek, n koers na die toekoms oopgedink wat nou al vir byna 500 jaar die Wes-Europese mens gestuur en gerig het. Laat ons besef dit is nie gering wat Luther, met hierdie geloof en gawes wat hom geskenk is, vermag het nie. Terwyl die wrang vrugte van F.W. de Klerk duidelik te sien is in geestelike en liggaamlike chaos waarin ons ons tans bevind. Laasgenoemde toestand is die vrug van mensewerk(F.W. de Klerk- SONDER die leiding vanuit die Woord).
Terloops n Hervormingsmuur(enigste in SA)by ons kerk(Oud Gereformeerde Gemeente, sonder predikant) van die Hervormers. Elke jaar einde Oktober word Hervormingsdag hier herdenk.
Dankie vir hierdie onomwonde standpunt teen valse leringe waarmee die teoloë(meerderheid) ons volk so vergiftig het dat niks meer verkeerd is nie… Behalwe apartheid.
“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis” – Hoséa 4:6
John Galliano is na zijn ‘uitglijder’ onder invloed van dwelms/drugs van zijn troon bij Dior gestoten en publiekelijk door het slijk getrokken. Maar door een reanimatie van een rabbi mag hij het nou weer proberen na dit krampachtige, haast buitenaardse, excuus vraaggesprek.
https://www.youtube.com/watch?v=lnaZpkqry4o
Het heeft er alle schijn van dat (OOK) homofilie in kerken is gebruikt om eerder leden te verjagen in het kader van: “veel varkens maken de spelling dun”.
Hoe minder meekijkers, hoe makkelijker de verdelen van de geestelijke EN materiële buit.
Heb die persoonlijke ervaring ondergaan MET een vriend die ook homo was en daarom dit liedje in een andere context. Schrijnend genoeg werd dezelfde een aantal jaren later, vermoord in zijn geboortedorp door een ‘multi culti ‘succes’. (een op hol geslagen heet geblakerde Marokkaan, zoals helaas zoveel voorkomt)
Schouders ophalen en weglopen, zoals miljoenen eerbare gelovigen deden, van een twijfelachtige kerk, is nog wat anders dan voor Christelijk overtuiging, geloof en religie.
https://www.youtube.com/watch?v=MYSVMgRr6pw
“veel varkens maken de spoeling dun” – ek hou van hierdie uitdrukking Hans.
Uitstekende skrywe dr Dan. – en hoog tyd dat Praag hierdie kern kwessie aanspreek.
Jean se reaksie getuig van ‘n voltreffer van Dan se argumente oor die Belhar / wolhaar – prul.. wanneer hulle hul borshare uittrek en begin skel vanweë gebrek aan argument.
Ek sien Naspers het hulle messe uit vir die grootste teenstander van die Wolhaar-prul ; Prof Piet Strauss.
Soos vir dekades alreeds weet jy as jy op die regte pad is vir jou selfbehoud dan is Naspers jou grootste vyand..
Praag moet nou net die antwoord definieerm die oplossing, die redding, die toekoms in die plek van die kulturele prulle.en dagga drome.
Die Christen volkseie skole word alreeds vervolg agv hierdie volksvreemde diaboliese wolhaar -prul
Met ds. Solly ‘ ter ruste ‘ gelê , moet Piet Strauss nou ‘ boet ‘ .
Jean Oosthuizen is die voormalige redakteur van die Kerkbode.
Die Belhar-belydenis is netsoos die Niceense-belydenis van Konstantyn ‘n politiese skepping wat op mites berus.
Goede morgen Henkst, even een open vraag zonde enige bijbedoeling aan uw adres als u me toestaat.
Kent u de ‘de religie binnen de grenzen van de rede’ van Kant(3 kritieken) waarin hij het Christendom op adembenemende wijze als meest zuivere redereligie neerzet ?
Zelf wil ik deze deze ook graag weer lezen.
Uw naam afgeleid van Hengest brengt ons bij de Germanen. En wist u dat er in oude graven van Germanen(400 na Chr) honderden jaren voordat Karel de Grote tot 3 x toe Widukind(Sachsen) naar de keel vloog om hem te bekeren, er al kruizen werden begraven met de doden bij deze ‘barbaren’ ? Die zijn namelijk nog niet zo lang geleden aangetroffen bij opgravingen.
Hans ek is redelik op hoogte van die Germaanse mitologie en kerstening van die Germaanse volke. Vir Karel die Grote was ‘n vreedsame kerstening van al die Germaanse volkere om hom heen, geen opsie nie.
In 775 val Karel die Grote Sakse binne met drie leërs. Alles wat die leërs teëkom is verwoes. Hierdie keer het die Sakse sterk teëkanting gebied, maar uiteindelik het twee belangrike Saksiese leiers naamlik Bruno en Hessi besluit om oor te gee en hulle te laat doop. ‘n Groot aantal Sakse sou hulle ook laat doop het, maar tog het die Sakse die Christelike boodskap geassosieer met moord, brandstigting en roof. In Oktober 775 verlaat die Franke die Saksiese grondgebied, maar talle Franke sou strategiese vestings beman. In 776 word baie van die Franke weer deur die Sakse verdryf en dit lei weer tot ‘n aanval deur die Franke waartydens weereens ‘n groot aantal Sakse gedoop is. In Sakse tree die Saksiese koning Widukind, ook bekend as Wittekind, Wedekind, Wittikind, Weking, Wiek (743-807), na vore as leier van die Sakse teen die Franke tussen 777 en 785.
In 779 kom Karel met ‘n nuwe wet wat baie vreemd was vir die Sakse. Elke boer moes ‘n tiende deel van sy inkomste afstaan aan die biskoppe. Die Sakse weier en weer moes Karel teen die Sakse optrek om die belasting af te dwing. Dit gebeur ook weer in 780. In Sakse bly dit woelig en van ‘n onderwerping aan die Franke en aanvaarding van die Christendom is weinig sprake. In 782 laat Karel te Sachenhain-bei-Verden 4,500 Saksiese edelmanne onthoof op één dag. Hierdie edelmanne was ongewapen en is waarskynlik saamgeroep vir die vorming van ‘n Ding vergadering, waar hulle sonder wapens moes verskyn, wat moontlik in verband gebring was met die Dingvrede. As gevolg van hierdie brutale moord op die Sakse, kry Karel ook die bynaam ‘Sachsenschlächter’ (Sakseslagter) of ook Karel die Grote Sakse moordenaar.
“Elke boer moes ‘n tiende deel van sy inkomste afstaan aan die biskoppe.”
Mochten de huidige Boere in SA zeker blij mee wezen……..
(de hertog van Alpha vroeg als afgezant van Philips II aan Willem van Oranje ook heel wat minder dan er nou wordt uitgeperst in het ‘vrije Holland’.
Widu bekent ‘vrij vertaald’ ook bos.
Maar Hengest, vindt u het ook zo opmerkelijk dat er dus 400 jaar eerder al kruizen werden meebegraven bij de Alemannen ?
Theodosius I het eers in 380 die Niceense Christendom as die staatsreligie van die Romeinse Ryk verklaar. Die God Mithra het voor dit vir meer as 400 jaar ‘n prominente rol in die staatsreligie gespeel en hy het ook vir die sondes van die mens betaal met sy kruisdood. Die kruis is dus nie slegs ‘n Christen simbool nie!
Die gereformeerde Afrikaners in die land kan ‘n Spioenkop- of Magersfontein- (of Majuba-, waar ook al) belydenis aflê waarin die verdwaaldes wat hulle skuldig gemaak het aan geestelike en kerklike meelopery aan die marxistiese NSA wat die Naspers-, NG Kerk-, Solidariteit-, NP- en Broederbond-alliansie met die marxiste Slovo en die verlooptes De Klerk, Meyer en al daardie snare daargestel het, die geleentheid gebied word om hul dwalinge te bely en hulle opnuut te omgord vir die ware gereformeerde stryd. Een van die paragrawe kan lui: “On skaam ons onvoorwaardelik vir die volksmoord en Blanke uitwissing wat ons help bewerkstellig het en waarin nagenoeg 60 000 Blankes en Christene die afgelope sowat 20 jaar bloedig uitgewis is.” En veel meer sulke sake waaroor hulle hul moet skaam.
Wat Oosthuizen betref: So ver ek weet het hy laas allerhande omtrentjies teen Belhar gehad. Hy is vol van die grille van die sogenaamde Nuwe Hervormers en ek kry die indruk dat as hierdie spoetniek-“gelowige” (in of aan wat?) se idee van kerk wees vaste vorm aanneem, die plek wat die gereformeerde Afrikaner Sondae sal besoek die sirkus sal wees.
Kas, in Holland is een kleine politieke partij genaamd ‘ChristenUnie’ die ook bijna niet anders doet dan de naasten verraden. Nou weer met de actuele ‘illegalenkwestie’ waarover het kabinet wankelt omdat deze uitgeprocedeerde ‘asielzoekers’ naast bed, brood en bad. volgen vage europese organen MEER MOETEN krijgen. (van de werkelijke naasten als bedoeld in de Bijbel)
Heb in een eerder stadium met hen contact gezocht over het lot van de Boere Afrikaners onder het huidige anc sakp schrikbewind, maar kreeg daar niet onverwacht ‘a cold shoulder’.
Want hoe kan u dan die onvergeeflikste sonde in die liberalis se boek naamlik om jou “verste” jou “naaste” te maak begaan. In daardie boek kan jou “naaste” slegs Swart, ‘n Moslem, kommunis of watter politiek of geestelike verloopte ook al wees, Blanke Christene is vir ewig die verste, heeltemal buite die bereik van Christelike barmhartigheid, broeder- en naasteliefde en water vorm ook al van politieke en liefdevolle akkommodasie geplaas.
Uitstekend verwoord….!
“Ons is te dom en te gedekultureer om soos die Franse ‘n sekulêre, intellektuele etiek te ontwikkel. Daarbenewens is daar ‘n heropkoms van primitiewe bygeloof en sadisme wat slegs met geloof bestry kan word.” Ja ons “morele kompasse” is mense soos Max en Piet Kopkramp wat openlike wanaangepaste sadiste is wat kinderverkragting en afgryslike wreedheid as goed voorstel.
Ek het ook al ‘n kleintjie dood oor die afkraak van Afrikaans (ek wou sê “ons” taal, maar netnou word ek vergruis daaroor!). Soos die alewige “nuus” op tv stasies, “een mens is dood”, sover ek weet is dit “persoon”. Een persoon en twee mense… Die ander is “daai”, genade dit is “daardie”, die ander is “lekke dagi”, dis lekker dag, daar is ‘n R in lekker en daar’s gin verkleining nie. Ek is nie ‘n pedant nie, maar as ek dit iewers Afrikaans hoor; tv, kerk, spreker. opvoering, rolprent, ens wil ek nie ingelse sinsnedes hoor nie, ek wil nie swak Afrikaans hoor nie! Ek probeer boeke koop wat voor 1970 geskryf en gedruk is, daar kry jy nog lieflike Afrikaans, soos oor die naweek; by die Taalmonument in Paarl ‘n tweedehandse Groot Verseboek gekry, geen druk datum nie, maar wel mense wat 1956 / 1957 voorin die datums geskryf het, lieflike volronde mooi Afrikaans.
Ha, ha, daai lekke dagi laat my ook stik
Ontspan mense en Dr Dan
Ek is seker ou Belhar-Wolhaar en al die ander Reenboog illusies word ge-Xeno. Ons het die draaipunt bereik van die Tsafendasotheid.
Askies Ciska!!
Dan, jou inleiding waar jy verwys na die “Drie Suster Kerke” is nie korrek nie. Belhar is nie op die Gereformeerde Kerk se tafel nie. Behoede die dag as dit gebeur sal ek persoonlik die voorstel van dolering maak. Inteendeel ek dink nie dit gaan ooit gebeur nie. Ek is bewus dat die NG kerk die Gereformeerde Kerk genader het oor nouer samewerking en is dit in die korrespondensie onder andere verwys na samewerking oor die Belydenisskrifte. Nou, met die oneerlikheid wat die pous van die NG kerk met Belhar omgaan het sy oneerlike omderrok ook hier uitgehang deur te verswyg dat hulle ter wille van hul eie mislukde pogings in die NG Kek dit by die Gereformeerde Kerk se agterdeur in te glip. As dit nie so is nie, wat se samewerking is nodig oor die belydenis skrifte ? Dit bestaan reeds 500 jaar en is onveranderd gelaat vir daardie 5 eeue. ‘n Klomp buitelandse kerke met twyfelagtige domas het inderdaad Belhar aanvaar as nog ‘n belydenis. Belhar of wolhaar ?
Die ‘versoeningsteologie’ sinkretisme waaroor Belhar gaan is volkome vals. en selektiewe Bybel verwysings.
Dit moet eerder vervang word met ‘n inter Afrikaanse Kerklike aanvaarding van die Gelofte van 16 Desember. om ‘n einde te maak aan die sensuur oor die Voortrekkers deur die Kaapse Kerk.