Honderde pasiënte met spesiale behoeftes is aan hulle eie genade oorgelaat nadat verpleegsters by ‘n hospitaal op Tzaneen in Limpopo begin staak het, het RSG berig.
Die provinsie se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, sê hy sal met die diensverskaffer in verbinding tree wat die Shiluvanahospitaal bestuur.
Werkers en verpleegsters staak onwettig oor wat hulle sê swak werksomstandighede is.
Die hospitaal huisves sowat 200 pasiënte. ‘n Woordvoerder van die Departement, Adel van der Linde, sê dit is baie belangrik om te verseker dat dienste steeds gelewer word, en hulle sal daaroor met die werkgewer in gesprek tree.
Sewe gemeenskapslede wat in hegtenis geneem is in verband met die dood van ‘n vermeende bendelid in die Dan-gemeenskap in Limpopo, verskyn vandag in die Ritavi-landdroshof buite Tzaneen.
Die 18-jarige wat dood is, was na bewering ‘n lid van ‘n groep wat hulleself Boko Haram noem en mense van Nkowankowa en Dan geteister het, het RSG berig.
Twee mense is reeds in skermutselings tussen inwoners en die bende dood. Die sewe mense staan tereg op aanklagte van moord, aanranding, ontvoering en brandstigting nadat twee huise ook in Dan afgebrand is.
Die gemeenskap beskuldig die polisie daarvan dat hulle met die vermeende misdadigers saamwerk.
Oproeriges het verkeer op die R36 tussen Tzaneen en Hoedspruit Woensdagoggend ontwrig.
Die polisie is in die gebied ontplooi om die situasie onder beheer te probeer kry.
Dié pad in Limpopo is deur swart oproermakers onbegaanbaar gemaak met brandende voorwerpe.
Die oproeriges eis lopende water en beter paaie.
Die inwoners van Mokgolobotho het sowat twee maande gelede ‘n griefskrif aan die Groter Tzaneen munisipaliteit oorhandig en is ontevrede dat daar nog nie gehoor gegee is aan hul eise nie.
Die polisie in Noordwes, het Dinsdag vyf verdagtes in hegtenis geneem by Brits, in Majakaneng Village naby Mooinooi vir brandstigting, kwaadwillige beskadiging van eiendom, intimidasie, aanranding en openbare geweld.
Die inhegtenisneming volg na ‘n intensiewe ondersoek oor gevalle wat gedurende Majakaneng-oproer op 27 en 28 Februarie 2014 geregistreer is.
Van die vyf verdagtes, staar een ‘n aanklag van openbare geweld in die gesig, nog een brandstigting, terwyl die ander drie tereg staan op aanklagte van brandstigting, kwaadwillige beskadiging van eiendom, intimidasie, aanranding.
Die verdagtes se ouderdomme wissel van tussen 23 en 28. Hulle sal almal Woensdag in Brits-landdroshof verskyn. Ondersoeke rakende die saak duur voort.
Intussen is ‘n sewejarige swart meisie na bewering deur die polisie geskiet en beseer in oproer by Lorraine buite Tzaneen in Limpopo.
Dit volg nadat inwoners Sekororo paaie met klippe, brandende bande en ander voorwerpe versper het.
Die inwoners betoog oor ‘n beplande winkelsentrum in die gebied. Verskeie mense is reeds vir openbare geweld in hegtenis geneem.
Die kind is met ‘n kopbesering in die hospitaal opgeneem, maar is glo in ‘n bevredigende toestand.
Paaie na 25 dorpies in die gebied is steeds versper.
Die liggaam van ‘n driejarige kind is gevind naby die onrusgeteisterde Rhelela buite Tzaneen in Limpopo. Die woedende gemeenskap het ‘n winkel aan die brand gesteek in Khubyana naby Rhelela.
‘n Plaaslike raadslid sê die kind se liggaam is gevind nadat drie kinders tussen drie- en vierjaar oud, Woensdagaand as vermis aangemeld is.
Die polisie in Tzaneen vermoed nie enige gemene spel in verband met die dood van ‘n driejarige kind nie.
Die Nasionale Kommissaris van Polisie Riah Phiyega het Woensdag na Limpopo gereis om te probeer om die situasie te ontlont.
Sy het die gebied besoek nadat betogers die naweek ‘n polisiekantoor aangeval het oor die dood van ‘n 15-jarige seun.
Die Groter Tzaneen se raadslid, Moses Mahasha sê die kind is in ‘n kattebak van ‘n motor van ‘n plaaslike swart sakeman gevind. Daar word beweer dat hy deur die polisie doodgeskiet is.
Dit is in dieselfde gebied waar ‘n gewelddadige openbare protes vir vyf dae geduur het. Drie betogers is tydens die botsings deur die polisie geskiet.
In die daaropvolgende geweld Dinsdagnag is twee betogers doodgeskiet en 15 polisiemanne beseer. Negentien polisievoertuie is ook beskadig.
Inwoners het ook op ‘n plundertog gegaan nadat die verminkte liggaam van ‘n 20-jarige vrou gevind is.
Phiyega het inwoners gister gewaarsku dat openbare orde nie onderhandelbaar is nie.
Vier mense is gewond toe die polisie met rubberkoeëls op ‘n groep ontstoke gemeenskapslede by die Ha-Kutama-stamgebied buite Makhado in Limpopo losgebrand het.
Die betogers dring aan op die inhegtenisneming van nege mense wat daarvan daarvan verdink word dat hulle ‘n 38-jarige man van ‘n nedersetting vermoor het.
Die polisie sê die man het selfmoord gepleeg.
Phiyega het die polisie-optrede verdedig tydens haar besoek. Sy het gesê dat die polisiebeamptes moes optree, aangesien hul lewens in gevaar was.
“Uit vrees vir hul lewens het ‘n paar van die lede lewendige ammunisie gebruik wat gelei het tot die dood van die twee lede van die gemeenskap. Die gebou en sowat 19 voertuie is beskadig. Feit van die saak is dat die polisie beamptes ook mense is. Elke lewe verloor tydens polisie-ingryping is pynlik, niemand moet tydens ‘n openbare protes sterf nie,” het Phiyega gesê.
Die polisie in Limpopo sê hulle het geen ander keuse gehad nie as om hulself te verdedig teen die oproerige inwoners in Rhelela buite Tzaneen.
Hangwani Mulaudzi , polisiewoordvoerder, het het gereageer op die dood van twee lede van die gemeenskap wat omgekom het na skote buite ‘n satellietpolisiestasie in die gebied Dinsdagnag weerklink het.
Woedende inwoners is sedert Vrydag verlede week in oproer ná die noodlottige skietery van ‘n 15-jarige seun en die moord van ‘n 20-jarige vrou.
Hulle het ‘n satellietpolisiekantoor aangeval en beamptes met klippe gegooi. Die aanval het gevolg nadat woedende inwoners deur ‘n provinsiale leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters toegespreek is.
Skote is afgevuur wat gelei het tot twee sterftes. Die skare is verwilder nadat die polisie versterkings ingeroep het.
Agt mense is dood in botsings tussen oproermakers en die polisie in die afgelope twee weke.
Teksboodskappe waarin swartes aangehits word om blankes te vermoor en agterna “video’s daarvan op YouTube te plaas” word landwyd versend en werkers by ‘n onderneming op Tzaneen het dit aan hul werkgewer kom toon.
Gerugte dat daar ná die wêreldbeker aanvalle op sowel blankes as buitelandse swartes mag plaasvind, loop tans wyd. ‘n Praag-verslaggewer het Zimbabwiese kelners in Johannesburg hieroor ondervra en elkeen het spontaan bevestig dat daar groot kommer onder buitelandse swartes heers oor wat ná die sokkerwêreldbeker mag plaasvind.
Dieselfde vrese as in Johannesburg is deur Zimbabwiërs bevestig wat op verskillende dorpe in die Limpopo-provinsie ondervra is.
Blankes se ‘gunstelinge’
Op die vraag waarom Suid-Afrikaanse swartes veral Zimbabwiërs haat, is geantwoord: “Hulle sien ons as die blankes se gunstelinge. Ons werk harder en daarom verkies ondernemings en restaurante om ons aan te stel. Ons gaan lê ook nie klagtes by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie nie. Die Suid-Afrikaners is vas oortuig dat ons hulle van werk ontneem.”
Zimbabwiërs ondersteun oor die algemeen die Suid-Afrikaanse sokkerspan of ander Afrikaspanne. Maar sodanige steun maak blykbaar geen verskil aan die xenofobiese gevoelens wat Suid-Afrikaanse swartes teenoor buitelanders koester nie.
“Die Suid-Afrikaners is lui. Hulle kan nie met ons meeding nie en daarom wil hulle ons uit die land verdryf,” sê Maria, ‘n Zimbabwiër wat in Bellevue, Johannesburg saam met haar man en twee kinders woon.
“Die Suid-Afrikaners word ook deur die blankes bedreig,” gaan sy voort. “Ons het aan die ander kant ‘n baie goeie verhouding met die Suid-Afrikaanse blankes. Hulle is intelligent en ondernemend. Ons voel glad nie deur hulle bedreig nie en word oor die algemeen goed behandel. Maar elke dag as ek die taxi werk toe neem, vrees ek vir my lewe tussen die Suid-Afrikaanse swartes.”
Sy sê die polisie dreig Zimbabwiërs gereeld en daarom meen sy die aksie word deur die leierskap in die ANC gedryf.