Oproeriges het verkeer op die R36 tussen Tzaneen en Hoedspruit Woensdagoggend ontwrig.
Die polisie is in die gebied ontplooi om die situasie onder beheer te probeer kry.
Dié pad in Limpopo is deur swart oproermakers onbegaanbaar gemaak met brandende voorwerpe.
Die oproeriges eis lopende water en beter paaie.
Die inwoners van Mokgolobotho het sowat twee maande gelede ‘n griefskrif aan die Groter Tzaneen munisipaliteit oorhandig en is ontevrede dat daar nog nie gehoor gegee is aan hul eise nie.
