praag.co.za

Tag: Zimbabwiërs

  • Etniese geweld by Garsfontein eis drie

    Etniese geweld by Garsfontein eis drie

    Drie swartes is dood ná etniese geweld Sondagmiddag tussen twee groepe in die ooste van Pretoria uitgebreek het.

    Kapt Colette Weilbach het gesê die moeilikheid het omstreeks Plastic View in Garsfontein uitgebreek tussen Basotho’s en Zimbabwiese burgers.

    “Daar word beweer dat ‘n groep Basotho mans vandag [Sondag] aangeval is deur Zimbabwiërs terwyl hulle sokker gespeel het,” het sy gesê.

    “Die Basotho’s het teruggeslaan en hul aanvallers uit die kamp gedryf,” het Weilbach gesê.

    Netcare 911-woordvoerder, Chris Botha gesê sewe Basotho mans het steekwonde opgedoen en een man is gedood.

    “‘n Man in sy 20’s was ‘n kritieke toestand terwyl die ander ses beserings opgedoen het wat wissel van ernstig tot klein. Die kritiek beseerde man het dadelik na sy aankoms by die hospitaal aan sy wonde beswyk,” het Botha gesê.

    Die ses beseerdes is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal vervoer deur provinsiale dienste, het Botha gesê.

    Weilbach het gesê die polisie sal die situasie monitor terwyl die leiers van beide groepe oor moontlike oplossings onderhandel.

    “Geen arrestasies is nog gemaak nie en Garsfontein-polisie sal gevalle van moord en openbare geweld ondersoek,” het Weilbach gesê.

    Vroeër berigte het aangedui dat een man tydens die gevegte omgekom het, maar die woordvoerder van die polisie se spesialis-afdeling het gesê die aanvanklike inligting is spekulatief.

    Hy het later bevestig dat twee mense doodgebrand is, benewens die een wat aan sy steekwonde dood is.

    Botha het gesê volgens inwoners by die plakkerskamp is nog vier mense ook vermoor, maar vyandige gemeenskapslede, gewapen met stokke en pangas, het geweier om die nooddienste toegang tot die kamp te gee om dit te gaan bevestig.

    Weilbach kon ook nie die moorde van die ander vier mense bevestig nie.

    Die plakkerskamp is in chaos gedompel en dit lyk asof inwoners hulself regmaak vir nog geweld.

  • Gigaba kondig nuwe verblyfregulasies aan

    Gigaba kondig nuwe verblyfregulasies aan

    Malusi Gigaba
    Malusi Gigaba

    Die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, het gesê diegene wat meen dat die wysigings aan immigrasieregulasies ongrondwetlik is, moet dit na die hof neem.

    Gigaba het belangrike wysigings rakende buitelanders se verblyfvoorwaardes in Suid-Afrika bekend gemaak.

    Die maatreëls sluit in dat alle kinders wat reis hulle eie paspoorte moet hê en dat permitte vir studie se voorwaardes streng toegepas sal word vir die tydperk wat toegewys word.

    Sakelui met visums sal ook ten minste van 60 persent plaaslike arbeid gebruik moet maak.

    Hy sê besoekers wat hulle verblyfvoorwaardes aan die land oorskry sal nie langer beboet word nie, maar as ongewens verklaar word.

    Permitte aan Zimbabwiërs, bekend as visums, verstryk vanjaar maar Gigaba sê “baie dinkwerk” is nodig voordat die regering sy beleid oor immigrante uit Zimbabwe sal aankondig.

    Die permitte wat uitgereik word kragtens die spesiale bedeling sal verval, en die departement se syfers dui daarop dat byna 250.000 mense permitte onder die Zimbabwe Document Project ontvang het.

    In Maart het die minister van binnelandse sake Naledi Pandor gesê permithouers sal weer aansoek moet doen vir hul permitte in hul land van herkoms .

    Donderdag het Gigaba gesê die omstrede nuwe visumregulasies vir besoekers aan Suid -Afrika is ten volle grondwetlik.

    Global Migration SA het gesê die wysigings is ongrondwetlik en kan lei tot litigasie teen die regering. Die maatskappy hanteer aansoeke vir die VSA en Brittanje.

    “Hierdie nuwe regulasies kan litigasie met betrekking tot voor die hand liggend weglatings en grondwetlike kwessies veroorsaak,” het die besturende direkteur Leon Isaacson gesê in ‘n verklaring.

  • Regering vergader oor Zim-bedeling

    ‘n Dringende vergadering om die dokumentasie te bespreek van Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon, word vir vandeesweek beplan, het binnelandse sake se woordvoerder Ronnie Mamoepa gister gesê.

    Hy het gesê die besonderhede van die vergadering met die verteenwoordigers van Zimbabwiese inwoners in SA sou met verloop van tyd vrygestel word.

    “Die vergadering sal hierdie week gehou word. Sedert die aankondiging deur die kabinet dat Zimbabwiërs wat in SA lewe gedokumenteer moet word, het daar ‘n groot mate van verwarring en verkeerde inligting veral van NRO’s en [sogenaamde] immigrasiedeskundiges ontstaan, wat daarop gerig is om verwarring onder Zimbabwiërs in die land te saai,” het hy gesê.

    Hy het gemeen die suggestie dat Zimbabwiërs en masse na Zimbabwe sal moet terugkeer om die dokument te bekom, is “ver van die waarheid af”.

    Hy het gesê daar is ‘n ooreenkoms tussen Pretoria en Harare dat die Zimbabwiërs die Zimbabwiese ambassade in Pretoria moegt nader of konsulate in Johannesburg of Kaapstad wat hul besonderhede sou afneem.

    Die kabinet het Donderdag aangekondig dat ‘n spesiale bedeling vir Zimbabwiërs teruggetrek is.

    Die bedeling – wat in April verlede jaar in werking getree het – het aan Zimbabwiërs wat Suid-Afrika binnekom die reg verleen om in die land te woon, werk te soek, ‘n opvoedkundige fasiliteit by te woon en toegang tot basiese gesondheidsorg vir ses maande te bekom.

    Die bedeling sou op 31 Desember verval.

    Nie-regeringsorganisasies het gesê die besluit om die bedeling op te hef sou tot massadeportasie lei vir diegene wat nie die middele het om die wettige permit te verkry nie.

    free slots no deposit ukДанильченко Юрий Брониславович компромат

  • Eksodus uit die land vanweë xenofobie-gerugte

    Die situasie van vreemde burgers op die N1 naby die Paarl is “heeltemal” anders as dié van mense wat deur die xenofobiese geweld in 2008 verdryf is, het die hoof van rampbestuur in die Wes-Kaap gister gesê.

    In 2008 was daar werklike geweld en dreigemente, en die staat het ‘n duidelike verantwoordelikheid gehad om te reageer, sê Hildegard Fast.

    “Duidelik is die huidige situasie heel anders.”

    Sy het gepraat by die toneel waar buitelanders, meesal Zimbabwiërs, by ‘n vragmotorstilhouplek op die N1 gekampeer het in die hoop om ‘n saamrygeleentheid noordwaarts te kry.

    Vrees vir xenofobiese geweld

    Vele het aan verslaggewers gesê dat hulle uit Kaapstad en die omringende dorpe vlug vanweë vrese dat ‘n hernieude vlaag xenofobiese geweld kan losbars as die sokkerwêreldbeker eindig.

    Party het selfs meubelstukke by hulle gehad terwyl hulle langs die pad gewag het in die hoop om geleenthede by vragmotorbestuurders te kry.

    Volgens Fast verlaat diegene by die vragmotorstilhouplek die land vrywillig en nie as gevolg van geweld nie. Hulle reageer slegs op gerugte.

    “Ons benadering is dat ons baie versigtig moet wees om nie gerug op gerug te versprei nie,” het sy gesê.

    Sy het bygevoeg dat die landbouseisoen in die Wes-Kaap dié tyd van die jaar ten einde loop wanneer vele mense in elk geval vrywillig na Zimbabwe terugkeer, dus moet die kwessie ook binne daardie konteks gesien word.

    Braam Hanekom, die woordvoerder vir die vlugtelingregte-organisasie Passop, het vroeër Dinsdag gesê dat dit “baie, baie treurig” is dat vreemde burgers so onbeskermd moet voe, en dat hulle bereid is om bloot op grond van gerugte “hulself uit die voete te maak”.

    Dit moet egter in ag geneem word dat gerugte ‘n baie vyandige omgewing vir buitelanders skep.

    Polisie reageer

    Polisie in die Wes-Kaap was gou om te reageer, het hy gesê, en het weereens die veiligheidsforum heringestel wat na afloop van die uitbraak van xenofobiese geweld in 2008 opgerig is.

    “Hulle het vir ons ‘n lys van elke polisiestasiebevelvoerder gegee wat ons 24 uur per dag kan kontak as daar enigiets van ‘n xenofobiese aard plaasvind,” het hy gesê.

    Passop het die pogings wat deur politici op ‘n nasionale en provinsiale vlak aangewend word, erken.

    Maar dis belangrik om munisipale raadslede, waarvan sommige in die verlede geweld teen buitelanders aangeblaas het, te kry om ‘n standpunt teen xenofobie in te neem.

    “Die moeilikheid met hierdie gerug is dat dit soveel spanning in die gemeenskappe geskep het dat een geïsoleerde insident vinnig na ander gemeenskappe mag versprei,” het Hanekom gesê.

    Hy het gesê dat benewens die buitelanders wat Kaapstad verlaat, daar ook verdrywings binne die stad self plaasvind, met mense wat uit die lokasies padgee na nywerheidsgebiede toe.

    Smouse koop nie nuwe voorraad

    Vele Somaliese handelaars in die lokasies handhaaf hul voorraad op baie lae vlakke of koop geen nuwe voorraad nie, vanweë ‘n vrees vir plundery.

    Die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder kolonel Billy Jones het gesê daar was “geen polisiewerk” betrokke nie aangesien die xenofobievrese tans net op gerugte gegrond is.

    Die provinsiale kommissaris Mzwandile Petros het egter die veiligheidsforum byeengeroep en het burgerlike gemeenskapsorganisasies gevra om te help om mense se vrese te besweer.

    advertising through socialтопкарго развод

  • Volksmoordaanhitsing kring wyer uit

    Teksboodskappe waarin swartes aangehits word om blankes te vermoor en agterna “video’s daarvan op YouTube te plaas” word landwyd versend en werkers by ‘n onderneming op Tzaneen het dit aan hul werkgewer kom toon.

    Gerugte dat daar ná die wêreldbeker aanvalle op sowel blankes as buitelandse swartes mag plaasvind, loop tans wyd. ‘n Praag-verslaggewer het Zimbabwiese kelners in Johannesburg hieroor ondervra en elkeen het spontaan bevestig dat daar groot kommer onder buitelandse swartes heers oor wat ná die sokkerwêreldbeker mag plaasvind.

    Dieselfde vrese as in Johannesburg is deur Zimbabwiërs bevestig wat op verskillende dorpe in die Limpopo-provinsie ondervra is.

    Blankes se ‘gunstelinge’

    Op die vraag waarom Suid-Afrikaanse swartes veral Zimbabwiërs haat, is geantwoord: “Hulle sien ons as die blankes se gunstelinge. Ons werk harder en daarom verkies ondernemings en restaurante om ons aan te stel. Ons gaan lê ook nie klagtes by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie nie. Die Suid-Afrikaners is vas oortuig dat ons hulle van werk ontneem.”

    Zimbabwiërs ondersteun oor die algemeen die Suid-Afrikaanse sokkerspan of ander Afrikaspanne. Maar sodanige steun maak blykbaar geen verskil aan die xenofobiese gevoelens wat Suid-Afrikaanse swartes teenoor buitelanders koester nie.

    “Die Suid-Afrikaners is lui. Hulle kan nie met ons meeding nie en daarom wil hulle ons uit die land verdryf,” sê Maria, ‘n Zimbabwiër wat in Bellevue, Johannesburg saam met haar man en twee kinders woon.

    “Die Suid-Afrikaners word ook deur die blankes bedreig,” gaan sy voort. “Ons het aan die ander kant ‘n baie goeie verhouding met die Suid-Afrikaanse blankes. Hulle is intelligent en ondernemend. Ons voel glad nie deur hulle bedreig nie en word oor die algemeen goed behandel. Maar elke dag as ek die taxi werk toe neem, vrees ek vir my lewe tussen die Suid-Afrikaanse swartes.”

    Sy sê die polisie dreig Zimbabwiërs gereeld en daarom meen sy die aksie word deur die leierskap in die ANC gedryf.

    автодиагностика купить ценаtopcargo

  • Regering veroorsaak vreemdelingehaat

    “Die aanvalle deur plaaslike inwoners op vreemdelinge in die De Doorns-gebied is te wyte aan die regering se optrede. In die afgelope 15 jaar het die ANC-regering Suid-Afrika se grense swak gepatrolleer, toegang tot die land makliker gemaak met spesiale visums en nie toegesien dat die aantal asielsoekers in Suid-Afrika behoorlik gemonitor word nie,” het dr. Corné Mulder, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor Binnelandse Sake, gesê in reaksie op geweld wat gister in die De Doorns-gebied uitgebreek het.

    “Dit is onverstaanbaar hoe nagenoeg 3 500 buitelanders in ‘n klein dorpie soos De Doorns kan woon. Daar is skaars genoeg werk vir plaaslike seisoenale werkers op plase in die gebied, wat die vraag laat ontstaan hoekom buitelanders die werk van plaaslike arbeiders kry. Seisoenale plaasarbeid in die gebied vereis nie hoogsopgeleide vaardighede nie. Indien werkers van Zimbabwe en Lesotho wel werkspermitte het, soos hulle beweer, moet die Minister van Binnelandse Sake en haar departement ‘n ondersoek gelas na die toekenning van werkspermitte aan vreemdelinge wat die werk van ongeskoolde arbeiders in Suid-Afrika kom oorneem. Hierdie land het ‘n oorvloed van werklose, onopgeleide werkers en kan dit nie bekostig om werk aan buitelanders te gee wat Suid-Afrikaners self kan doen nie,” het dr. Mulder bygevoeg.

    “Die ANC-regering het sedert hulle aan bewind gekom het die land die moeilikheid in regeer. Dienslewering vind nie plaas nie, staatsdepartemente is vol korrupte amptenare, die land se infrastruktuur, soos Eskom en staatshospitale, is onvoldoende om in die behoeftes van die land se burgers te voorsien omdat die regering die land se grense oopgegooi het vir buitelanders. Ongelukkig dra die vreemdelinge nie by tot die belastingfonds nie en neem werk weg van Suid-Afrikaners wat die werk wel kan doen. Dis tyd dat die regering fortuinsoekers en ander onwettige buitelanders verhoed om die werk en dienste van Suid-Afrikaners hier te kom wegneem,” het dr. Mulder bygevoeg.

    купити іграшкиДанильченко Юрий Брониславович