Lyk in kattebak geïdentifiseer

Die Gautengse polisie is op soek na ‘n aantal verdagtes nadat die ontbindende lyk van ‘n man in die kattebak van ‘n motor by die Montecasino-sentrum in Fourways, noord van Johannesburg, gevind is. Volgens amptenare het sekuriteitswagte Sondag op die lyk afgekom nadat hulle ondersoek ingestel het na ‘n slegte reuk wat vanuit die motor gekom het.

Lees verder: Lyk in kattebak geïdentifiseer

Dogter van Britse soldaat glo by Keniaanse aanval betrokke

Die departement van Binnelandse Sake sê hulle is besig met ‘n deeglike ondersoek en sal met Keniaanse owerhede saamwerk om te bepaal of ‘n Suid-Afrikaanse paspoort wat verbind word met die aanval op ‘n winkelsentrum in Nairobi, vervals was of nie. ‘n Britse vrou wat die “’wit weduwee” genoem word, word ondersoek nadat ‘n Keniaanse

Lees verder: Dogter van Britse soldaat glo by Keniaanse aanval betrokke

Zuma kritiseer Veiligheidsraad as ‘ondemokraties’

President Jacob Zuma het die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad as ‘oud‘ en ‘ondemokraties‘ bestempel voor ‘n beraad van wêreldleiers in New York. Die Business Day het Zuma aangehaal waar hy sê die huidige Veiligheidsraad is “uitgedien“. Ontwikkelende lande het ‘n oproep vir die hervorming van die Veiligheidsraad gedoen. Sedert die Tweede Wêreldoorlog is vetoreg oor

Lees verder: Zuma kritiseer Veiligheidsraad as ‘ondemokraties’

IAEA stem Arabiese resolusie oor Israel se kernwapens af

Lidlande van die VN se kernagentskap het ‘n Arabiese-gesteunde resolusie teen die Joodse staat afgestem om sy geheime kernarsenaal vir inspeksie oop te stel. Een-en-vyftig lande het teen resolusie gestem en 43 lande het daarvoor, in wat beskou word as ‘n oorwinning vir die Verenigde State van Amerika, wat gekant was teen die inisiatief. Arabiese

Lees verder: IAEA stem Arabiese resolusie oor Israel se kernwapens af

‘SA kan ook terreurteiken word’

Sowat 12 rebelle was in die aanval op die Westgate-winkelsentrum in Nairobi betrokke, wat die lewens van minstens 68 mense geëis het, het The Standard berig nadat dié koerant beeldmateriaal van die sentrum se sekuriteitskameras gesien het. Die beeldmateriaal bevestig ooggetuies se weergawes dat die aanvallers – gewapen met handgranate, gewere, pistole en ammunisie –

Lees verder: ‘SA kan ook terreurteiken word’

Brand na gru-ongeluk op N12 eis nege

Nege mense het doodgebrand toe twee motors in vlamme uitgebars het ná ‘n botsing op die N12 in die Noordwes, het die polisie gesê. Kol. Sabata Mokgwabonehet gesê die ongeluk het tussen Christiana en Warrenton plaasgevind. ‘n Bakkie met vier insittendes was vanaf Christiana onderweg toe dit Saterdagoggend omstreeks 01:30 reg van voor teen ‘n minibus met

Lees verder: Brand na gru-ongeluk op N12 eis nege

Merkel vir ‘n derde termyn verkies

Kanselier Angela Merkel se konserwatiewe party het Duitsland se verkiesing gewen, net kort van ‘n volstrekte meerderheid. Haar konserwatiewe blok het ongeveer 41,5 % van die stemme getrek, maar haar liberale vennote het nie die parlement gehaal nie. Daar word vermoed sy is waarskynlik in ‘n koalisie met die Sosiale Demokrate ( SPD ), wat

Lees verder: Merkel vir ‘n derde termyn verkies

Ontbindende lyk in kattebak by Montecasino gevind

Die ontbindende lyk van ‘n man is in die kattebak van ‘n motor by Montecasino in Fourways, noord van Johannesburg, gevind, het die Gautengse polisie Maandag gesê. “Dit is Sondag omstreeks 13:00 deur veiligheidswagte op patrollie gevind. Hulle het begin ondersoek instel toe hulle van die reuk vanaf die voertuig bewus raak,” het luitenantkolonel Lungelo

Lees verder: Ontbindende lyk in kattebak by Montecasino gevind

Suid-Afrikaner sterf ná Al Kaida-groep weerwraak in Nairobi belowe

Buitelandse militêre magte ondersteun sedert 2011 Keniaanse troepe teen die al-Shabab-rebelle in Somalië. Al-Shabab is aan Al Kaida verbonde. ‘n Keniaanse militêre woordvoerder, majoor Emmanuel Chirchir, het twee jaar gelede gesê “een van die vennote”, moontlik die Verenigde State van Amerika of Frankryk, het lugaanvalle geloods wat die dood van ‘n aantal al-Shabab-militante veroorsaak het.

Lees verder: Suid-Afrikaner sterf ná Al Kaida-groep weerwraak in Nairobi belowe

Steel Durbanse metropolisie batterye en bande van hul eie voertuie af?

Die Durbanse metropolisie (die stad word nou eThekwini genoem) ondersoek blykbaar hoe batterye en nuwe bande van hul voertuie af “verdwyn”, berig die Witness-koerant. Die koerant haal ‘n woordvoerder, senior superintendent Eugene Msomi, aan waar hy sê dat ‘n aantal interne ondersoeke aan die gang is. Die berig bevat nog ‘n aanhaling deur ‘n senior

Lees verder: Steel Durbanse metropolisie batterye en bande van hul eie voertuie af?