Lyk in kattebak geïdentifiseer

monteDie Gautengse polisie is op soek na ‘n aantal verdagtes nadat die ontbindende lyk van ‘n man in die kattebak van ‘n motor by die Montecasino-sentrum in Fourways, noord van Johannesburg, gevind is.

Volgens amptenare het sekuriteitswagte Sondag op die lyk afgekom nadat hulle ondersoek ingestel het na ‘n slegte reuk wat vanuit die motor gekom het.

Die motor was op die vierde verdieping van die sentrum geparkeer.

Polisiewoordvoerder Lungelo Dlamini het gesê die slagoffer is geïdentifiseer as ‘n inwoner van Jukskei-park.

“Die slagoffer is nog nie formeel deur sy familie uitgeken nie. Ons het vasgestel dat die motor waarin hy gevind is, aan hom behoort.” – EWN

4 thoughts on “Lyk in kattebak geïdentifiseer”

Maak 'n opvolg-bydrae