Polisiebrutaliteit skok wit Suid-Afrikaners opnuut

Die minister van Polisie, Nathi Nhleko het onthul dat meer as eenduisend-eenhonderd polisielede tussen April en Junie vanjaar alleen, van wangedrag aangekla is, het RSG berig.

Dit is gemiddeld 350 polisielede per maand wat aangekla is. Die minister het die inligting in ‘n geskrewe reaksie op ‘n parlementêre vraag bekendgemaak.

Nhleko sê die polisiediens probeer om die tugverhore binne die voorgeskrewe twee maande af te handel.

Hy sê bykans 140 van die sake is nog nie afgehandel nie vanweê die komplekse aard daarvan en getuies wat nie beskikbaar is nie.

Dié onthulling is gemaak te midde van skerp reaksie op ‘n internet-video oor vermeende polisiewreedheid teen wit mans by die Douglasdale-polisiestasie in Johannesburg.

Die getuienis van hernude polisiebrutaliteit, is verfilm toe ‘n wit man, ene Anton, die swart polisiebeamptes gesmeek het om nie sy vriend Shane verdere kwaad aan te doen nie.

Shane is bewusteloos gelaat toe die swart polisiebeampte hom om die keel beetgekry het en verwurg het. Tonele van Shane se slap, klaarblyklik lewelose liggaam het kykers geskok.

Die voorval het verlede week plaasgevind in Fourways en volg kort na ‘n vroeëre voorval van ‘n woede-uitbarsting deur die SAPD in die Edenvale area.

Die video is byna 100 000 keer reeds op YouTube in die afgelope 24 uur gekyk.

Die bewerings word deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat ondersoek.

Vermeende kaper in Fourways geskiet

Die bestuurder van ‘n voertuig wat na bewering gekaap is in Randburg, is in deur die polisie geskiet.

Die polisie het die bestuurder agternagesit, in Witkoppenweg en skote op die voertuig gevuur.

Die motor het toe in die heining van ‘n sakeperseel op die hoek van Main- en Witkoppenweg in ‘n heining vasgejaag.

Volgens polisiebeamptes op die toneel is die verdagte voertuig, ‘n silwer Honda Civic deur hulle opgemerk en agtervolg.

The bestuurder is tydens die skietery gewond en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Fourways Review se nuusredakteur, Daniella Potter was op die toneel en het gesê die verkeer in Witkoppenweg was ‘n tyd lank ontwrig, maar is weer normaal.

Lyk in kattebak geïdentifiseer

monteDie Gautengse polisie is op soek na ‘n aantal verdagtes nadat die ontbindende lyk van ‘n man in die kattebak van ‘n motor by die Montecasino-sentrum in Fourways, noord van Johannesburg, gevind is.

Volgens amptenare het sekuriteitswagte Sondag op die lyk afgekom nadat hulle ondersoek ingestel het na ‘n slegte reuk wat vanuit die motor gekom het.

Die motor was op die vierde verdieping van die sentrum geparkeer.

Polisiewoordvoerder Lungelo Dlamini het gesê die slagoffer is geïdentifiseer as ‘n inwoner van Jukskei-park.

“Die slagoffer is nog nie formeel deur sy familie uitgeken nie. Ons het vasgestel dat die motor waarin hy gevind is, aan hom behoort.” – EWN

Ontbindende lyk in kattebak by Montecasino gevind

Montecasino, noord van Johannesburg
Montecasino, noord van Johannesburg

Die ontbindende lyk van ‘n man is in die kattebak van ‘n motor by Montecasino in Fourways, noord van Johannesburg, gevind, het die Gautengse polisie Maandag gesê.

“Dit is Sondag omstreeks 13:00 deur veiligheidswagte op patrollie gevind. Hulle het begin ondersoek instel toe hulle van die reuk vanaf die voertuig bewus raak,” het luitenantkolonel Lungelo Dlamini gesê.

Die polisie is ingeroep en hulle het die motor se bak oopgemaak, waar die ontbindende lyk gevind is.

‘n Soektog na die motor se registrasienommer toon dat dit nie as gesteel aangemeld is nie.

Die eienaar van die motor sal ondervra word en geen inhegtenisname het teen 9:00 Maandagoggend plaasgevind nie. Die polisie ondersoek ‘n moordsaak.

‘n Nadoodse ondersoek sal die doodsoorsaak bepaal.

Kringtelevisiemateriaal van die casino sal tydens die ondersoek gebruik word, het Dlamini gesê. – Sapa