Die minister van Polisie, Nathi Nhleko het onthul dat meer as eenduisend-eenhonderd polisielede tussen April en Junie vanjaar alleen, van wangedrag aangekla is, het RSG berig.
Dit is gemiddeld 350 polisielede per maand wat aangekla is. Die minister het die inligting in ‘n geskrewe reaksie op ‘n parlementêre vraag bekendgemaak.
Nhleko sê die polisiediens probeer om die tugverhore binne die voorgeskrewe twee maande af te handel.
Hy sê bykans 140 van die sake is nog nie afgehandel nie vanweê die komplekse aard daarvan en getuies wat nie beskikbaar is nie.
Dié onthulling is gemaak te midde van skerp reaksie op ‘n internet-video oor vermeende polisiewreedheid teen wit mans by die Douglasdale-polisiestasie in Johannesburg.
Die getuienis van hernude polisiebrutaliteit, is verfilm toe ‘n wit man, ene Anton, die swart polisiebeamptes gesmeek het om nie sy vriend Shane verdere kwaad aan te doen nie.
Shane is bewusteloos gelaat toe die swart polisiebeampte hom om die keel beetgekry het en verwurg het. Tonele van Shane se slap, klaarblyklik lewelose liggaam het kykers geskok.
Die voorval het verlede week plaasgevind in Fourways en volg kort na ‘n vroeëre voorval van ‘n woede-uitbarsting deur die SAPD in die Edenvale area.
Die video is byna 100 000 keer reeds op YouTube in die afgelope 24 uur gekyk.
Die bewerings word deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat ondersoek.

Ek wonder of hierdie dieselfde geval is as waaroor daar gister op die vryburger ‘n artikel oor was. in daardie geval is die blanke man nog onsedelik aangerand ook deur hom rektaal te ondersoek en hom af te neem met sy kroonjuwele in die wind.
Hierdie gedrag is ook ongelukkig nie net deur die polisie nie. Ek hoor gister van ‘n blanke dame wat met ‘n bevalling in Kalafong hospitaal opeindig. Daar word toe ‘n keiersnee gedoen maar die narkotiseur jaag aan sodat sy wakker word tydens die operasie – toe sy in skok ingaan en lag toe sê die dokter sy moet stilbly. Sy en die baba is toe vir twee dae gelaat sonder dat hulle skoongemaak is. Sy en die baba is gelukkig perdfris en gesond. Hierdie wys nou maar net weer hoeveel vir ons mense gevoel word.
In enige staatsinstelling kan ons nie verwag dat ons as blankes enige simpatie/empatie sal kry nie – hulle wil ons indoen. Die ander probleem is in nie-staatsinstellings – hoeveel nie-blanke dokters/spesialiste is deesdae by ons privaathospitale. Om mediese nalatigheid te bewys is bitter moeilik en hierdie mense kan letterlik deur net voete te sleep baie skade aan jou liggaam aanrig. Ons is liederlik aan hulle uitgelewer. In ons kultuur het ons na almal gekyk – hulle kultuur werk anders.
En wat doen die Mulder Broers van FV+ daaromtrent?
Wat doen Afriforum/Solidariteit daaromtrent.?
Wat de bliksem doen ons daaromtrent?
Bokkerol !!!